Page 1 of 2
Nagskiet glas onder 10 000
Posted: Wed Sep 28, 2016 6:33 am
by dehacked
Ek begin dink om my redfield revenge 3-9-50 op te gradeer. Enige advies / voorstelle sal wardeer word.
Re: Nagskiet glas onder 10 000
Posted: Wed Sep 28, 2016 6:56 am
by tripodmvr
Ek is beindruk met my 6-24x50 Hawke met verligte kruishaar (groen of rooi). Saterdagaand eerste keer gebruik en vlekkie het gesneuwel.
Het hom met kollimator gestel en twee skote op 25m was ek in die kol. Slegs geringe hoogteverstelling op 100m en die scopie was ingestel. Gaan loer by futurama.co.za.
Re: Nagskiet glas onder 10 000
Posted: Wed Sep 28, 2016 7:29 am
by Sangoma (IAN)
Ek het die naweek jakke gan skiet. Die geweer het n Lynx 2.5-10x56 met verligte kolletjie in die middel op gehad. Vir die prys vs value glo ek is daar bitter min wat hom gan klop.
Ek sal ook daai Tasco Titan 3-12x52 op die "for sale section" aan beveel. Bitter goeie Japanese glas op daai outjie. Scope gebou soos n tank!
Aangesien jy nie n budget genoem het nie kan jy ook kyk na n Zeiss V8...of n Swarovski of n March....en natuurlik n Sightron
Re: Nagskiet glas onder 10 000
Posted: Wed Sep 28, 2016 7:42 am
by Plaashaas
Sangoma (IAN) wrote:
Aangesien jy nie n budget genoem het nie kan jy ook kyk na n Zeiss V8...of n Swarovski of n March....en natuurlik n Sightron
Onder 10000
Kan ek maar vir my n Sightron kom kies?
Re: Nagskiet glas onder 10 000
Posted: Wed Sep 28, 2016 9:19 am
by Boersonderroer
Meopta
Re: Nagskiet glas onder 10 000
Posted: Wed Sep 28, 2016 10:00 am
by Sangoma (IAN)
Plaashaas wrote:Sangoma (IAN) wrote:
Aangesien jy nie n budget genoem het nie kan jy ook kyk na n Zeiss V8...of n Swarovski of n March....en natuurlik n Sightron
Onder 10000
Kan ek maar vir my n Sightron kom kies?
Hehe, soos my gat gelees. ..
Re: Nagskiet glas onder 10 000
Posted: Wed Sep 28, 2016 10:25 am
by Vleisie
Wat dink julle manne van die Vortex Crossfire ii 4-16x50?
Re: Nagskiet glas onder 10 000
Posted: Wed Sep 28, 2016 1:11 pm
by Henrie_270
Ek skiet tans met n Lynx LX2 2,5-10x56 maar gebruik nie die verligte kolletjie nie. Is baie helder en identifikasie is glad nie n probleem. Kruishaar raak effens dik as jy verder as 300m skote vat maar verder dink ek daar is min teleskope in sy prysklas wat hom gaan klop.
Vir nog n bietjie spaar is die Meopta R1 3-12x56 ook n baie goeie koop.
Mooiloop
Re: Nagskiet glas onder 10 000
Posted: Wed Sep 28, 2016 1:42 pm
by Aceofspades
Daar is 'n persoon in Bloem wat 'n Sidewinder 8-32? wil verkoop. R5500 sover ek kan onthou. Mooi toestand. Het net camo tape oor die tube.
Kriek
Re: Nagskiet glas onder 10 000
Posted: Wed Sep 28, 2016 2:17 pm
by toelie
Henrie_270 wrote:Ek skiet tans met n Lynx LX2 2,5-10x56 maar gebruik nie die verligte kolletjie nie. Is baie helder en identifikasie is glad nie n probleem. Kruishaar raak effens dik as jy verder as 300m skote vat maar verder dink ek daar is min teleskope in sy prysklas wat hom gaan klop.
Vir nog n bietjie spaar is die Meopta R1 3-12x56 ook n baie goeie koop.
Mooiloop
Ek weet nie jong hy werk mooi, Ian was saam my die naweek en kan getuig van een jak wat ek oor die 300m geskiet het en n ander een ook seker op 280m met n kop skoot. Daai liggie sit ek aan op 1 en is baie dof dan en werk vir my lekker so.
Nog sover baie gelukkig met hom vir n nag teleskoop en glo nie ek sal hom sommer met iets anders vervang nie.
Groete
Re: Nagskiet glas onder 10 000
Posted: Wed Sep 28, 2016 7:34 pm
by Heinz Petersen
Ek sal nie sommer my 6-24x50 Hawke wat op die 22-250 is verruil vir iets anders nie. Hy is nog beter as die Leopold's in die nag.
Re: Nagskiet glas onder 10 000
Posted: Wed Sep 28, 2016 8:47 pm
by Ultralight
Dehacked ,
Ek het 'n 6-24 x 56 MTC Taipan wat stof vergader as jy sou belangstel...
Rooi/Groen illumination
//uploads.tapatalk-cdn.com/20160928/659ac2dd40c13db491878a1b857ab814.jpg
Re: Nagskiet glas onder 10 000
Posted: Thu Sep 29, 2016 6:36 am
by Dirkvh
Ek gebruik 'n Burris 6.5-20x50 Fulfield E1 op my .204 en hy loop soos 'n houtkatrol in die aand. Het onder andere twee weke terug twee springhase langs mekaar geskiet met kopskote op 267 tree in die aand. Baie, baie, BAIE goeie glas!
Re: Nagskiet glas onder 10 000
Posted: Thu Sep 29, 2016 6:49 am
by Gernie
Dirkvh wrote:Ek gebruik 'n Burris 6.5-20x50 Fulfield E1 op my .204 en hy loop soos 'n houtkatrol in die aand. Het onder andere twee weke terug twee springhase langs mekaar geskiet met kopskote op 267 tree in die aand. Baie, baie, BAIE goeie glas!
Stem, het een op 308 en my swaer op.sy 22-250. Baie goeie waarde vir geld.
Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Re: Nagskiet glas onder 10 000
Posted: Thu Sep 29, 2016 7:50 am
by Capt. Yoda
Daai Tasco van JPS
Re: Nagskiet glas onder 10 000
Posted: Thu Sep 29, 2016 8:09 am
by Plaashaas
Ultralight wrote:Dehacked ,
Ek het 'n 6-24 x 56 MTC Taipan wat stof vergader as jy sou belangstel...
Rooi/Groen illumination
//uploads.tapatalk-cdn.com/20160928/659ac2dd40c13db491878a1b857ab814.jpg
Ek het dieselfde scope op gehad voor die Vortex Viper. Dis n great scope. Kon nie glo dat sy tracking so goed was vir die prys nie.
Re: Nagskiet glas onder 10 000
Posted: Thu Sep 29, 2016 8:20 am
by Heinvdwalt
Ultralight wrote:Dehacked ,
Ek het 'n 6-24 x 56 MTC Taipan wat stof vergader as jy sou belangstel...
Rooi/Groen illumination
//uploads.tapatalk-cdn.com/20160928/659ac2dd40c13db491878a1b857ab814.jpg
Sorry as ek nou ander man se versoek/thread hijack. Vir interessantheid hoeveel soek jy vir die MTC Taipan scope?
Sent from my C6603 using Tapatalk
Re: Nagskiet glas onder 10 000
Posted: Thu Sep 29, 2016 8:28 am
by dehacked
Ultralight wrote:Dehacked ,
Ek het 'n 6-24 x 56 MTC Taipan wat stof vergader as jy sou belangstel...
Rooi/Groen illumination
//uploads.tapatalk-cdn.com/20160928/659ac2dd40c13db491878a1b857ab814.jpg
Dankie Ultralight maar ek gaan die MTC skip.
Re: Nagskiet glas onder 10 000
Posted: Thu Sep 29, 2016 8:30 am
by Geno
'n 2dehandse Zeiss/Swaro/S&B/Meopta is myle beter as 'n nuwe Hawke, Lynx etc.
Re: Nagskiet glas onder 10 000
Posted: Thu Sep 29, 2016 8:46 am
by DiscoBiscuit
'n 2dehandse Zeiss/Swaro/S&B/Meopta is myle beter as 'n nuwe Hawke, Lynx etc.
Nou gaan die pot roer

Ek gaan maak solank popcorn

Re: Nagskiet glas onder 10 000
Posted: Thu Sep 29, 2016 9:03 am
by Capt. Yoda
Ek is nie regtig n nag jak jagter nie maar ek sou ook kyk om die betse glas te koop wat ek kan kry
Re: Nagskiet glas onder 10 000
Posted: Thu Sep 29, 2016 11:22 am
by JohanvanZyl
Die pyn is dis net oom Koos wat tweedehandse scopes teen n goeie prys hier op die forum verkoop (weggee).

Almal soek 95% van dit wat hy 2 jaar terug betaal het, want in die afseisoen moet nuwe projekte gefinansier word. Tweedehandse scopes en gewere raak nou beleggings en nie bargains. Vir die geld hou ek van die Lynx soos bo genoem
Re: Nagskiet glas onder 10 000
Posted: Thu Sep 29, 2016 1:01 pm
by tripodmvr
Ons soek funksionaliteit van die teleskoop wat ons kies. Dit beteken die lense moet van so aard wees dat ons behoorlik kan sien. Voorts moet dit akkuraat verstel en ook moet die kruishaar nie van sy zero merk verskuif nie. Verder moet dit duursaam wees en nie sommer breek nie. Indien dit wel onklaar raak soek ek 'n omruil waarborg wat plaaslik nagekom word.
Ek kry al bogenoemde met diie teleskope wat ek in my besit het. Indien die koste van die apparaat ook nog billik is, is ek meer as tevrede. Die Burris, Lynx en Hawke teleskope is dit wat tot dusver aan my vereistes voldoen het. Ek sien dus geen rede om te soek na die duurder teleskope nie.
Re: Nagskiet glas onder 10 000
Posted: Thu Sep 29, 2016 8:20 pm
by Ultralight
HeinvdWalt, jy het mail. Groete, Ultralight.
Re: Nagskiet glas onder 10 000
Posted: Thu Sep 29, 2016 10:33 pm
by Danie01
Ek wil saam met oom Driepoot stem, ek het al met n leupold vx3, nightforce shv, en lynx lx 2 teleskope op my gewere in die nag gejag en kan getuig dat die lynx nie minder raakgeskiet of slegter gekyk het in die nag nie. Ja dalk van 300m en verder af maar ek het nognie nodig gehad om so ver te skiet in die nag nie, maar die beter glas van duurder teleskope sou dalk gehelp het om die diere op verder afstande te id. Waar my lynx teleskope wel afgeskeep het was dat dit nie so presies gestel het soos die ander twee nie, maar het steeds sy zero goed gehou.
Ja n tweedehandse "duur" teleskoop mag dalk beter wees, maar watse waarborg het jy en hoe weet jy dat dit mooi opgepas en reg gemount was? Seker maar die risiko wat n man moet vat.
Vir n R10k budget sal ek of n lynx of meopta koop vir nagskiet tensy ek n "duurder" maak tweedehandse teleskoop van n goeie kennis kan koop.
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk