Page 1 of 3

6mmXC

Posted: Tue Sep 27, 2016 9:43 pm
by VrystaatKrippe
Naand manne ek kyk na 105 Berger VLD vir langafstand skiet. Kan iemand vir my sê wat is julle ervaring en enige aanbeveling omtrent ander punte. Ek gaan tussen 300m en 1000m skiet.

Sent from my SM-N920C using Tapatalk

Re: 6mmXC

Posted: Wed Sep 28, 2016 7:14 am
by Capt. Yoda
As jou loop hom kan stabiliseer skiet van dag een af klaar die 105gr Hybrid, my 2de keuse sou die 108gr BT wees na die Hybrid en dan die VLD.

Re: 6mmXC

Posted: Wed Sep 28, 2016 7:37 am
by VrystaatKrippe
Hoekom? Het dit beter BC. ek het 26" Pac Nor 1 in 8 twist loop

Sent from my SM-N920C using Tapatalk

Re: 6mmXC

Posted: Wed Sep 28, 2016 8:38 am
by Capt. Yoda
Die 105gr Hybrid het n beter BC ja, die koel "tune" ook makliker en is oor die algemeen n beter koel om te skiet
Die 105gr Hybird IS DIE 6mm koel om te skiet, jou loop sal 100% werk met hom

Re: 6mmXC

Posted: Wed Sep 28, 2016 9:18 am
by savage(P Coetzer)
Ek stem. Die vld is vreeslik vol dinges as dit by jump kom.

Re: 6mmXC

Posted: Wed Sep 28, 2016 10:06 pm
by Willem Grobler
Kaptein, uit nuuskierigheid omdat ek n 6Slr oppad het, hoekom is d 105 Hybrid d beste? Soos VrystaatKrippe se 6xc ook 1:8 twist

Re: 6mmXC

Posted: Thu Sep 29, 2016 6:06 am
by VrystaatKrippe
Capt. Oblivious wrote:Die 105gr Hybrid het n beter BC ja, die koel "tune" ook makliker en is oor die algemeen n beter koel om te skiet
Die 105gr Hybird IS DIE 6mm koel om te skiet, jou loop sal 100% werk met hom
Baie dankie, waardeer die raad.

Sent from my SM-N920C using Tapatalk

Re: 6mmXC

Posted: Thu Sep 29, 2016 8:40 am
by Capt. Yoda
Willem Grobler wrote:Kaptein, uit nuuskierigheid omdat ek n 6Slr oppad het, hoekom is d 105 Hybrid d beste? Soos VrystaatKrippe se 6xc ook 1:8 twist

Willem, al 6mm koels wat by hom kan kom in die wind is die 115gr Dtac en 115gr VLD en jy gaan daai 105gr Hybrid aansienlik vinniger as daai 115skan skiet. Die hybrid ontwerp laai en skiet ongelooflik maklik...ek praat van so maklik die 308 manne sal dit nie eers kan glo nie. Enige lading basies enige TPL in n goeie geweer gaan jou somer nou n ordentlike groep gee en sy akuraate "venster" met al die Hybrids wat ek nog geskiet het is bitter groot. n Ander ding wat die Hybrid ontwerp ook lekker maak veral as jy spoed jag is dat oor die algemeen is hul bearing surface n bq korter as se maar n boat tail koel so jy gaan meer spoed uit daai Hybrid uit kry as n BT koel in die selfde gewig met die selfde lading. As jy uit en uit vir spoed gaan gaan jy die Hybrid vinniger kan skiet as n nie-Hybrid van dieselfde gewig.Die 105gr VLD is nie n slegte koel nie maar hy is nie n 105gr Hybrid nie en hy is baie meer gevoelig vir seating diepte van die lands af, kom ons se in jou SLR gaan die lands 0.1mm weg brand elke 300 of so skote, jy gaan basies jou TPL elke 300skote weer moet aanpas met die VLD om op dieselfde akuraatheid te bly wat nie nodig gaan wees met die Hybrid nie. As my SLR loop se twist vinnig genoeg was sou daar nie eers n ander koel gewees het wat ek na sou kyk nie, ongelukkig het myne nou n liefde vir die 87gr VLDs en dan gelukkig vir die 105gr BT ontwikkel so ek sal maar kyk hoe dit gaan met die VLD's. Dit wat ek al getoets het met die 87gr VLD's lyk dit darem nie of die SLR enige 243 streke het met n VLD en seating diepte nie.

So op die SLR, ek het gister bq doppe geform vir hom somer met 95gr Ballist Tips onder n hoeveelheid kruit wat ek somer so uit die hopper gegooi het, seker so tussen 39-40gr en oor die 20 skote was my ES 4fps ;) . Gaan hom Saterdag bq ver laat skiet en kyk wat hy maak

Re: 6mmXC

Posted: Thu Sep 29, 2016 9:53 am
by Capt. Yoda
EK is verveeld

6mm XC met n 26" loop in n 15mph wind van 3uur af op 600m en 1000m. Die spoed somer so vinnig in QL gekyk en dit lyk naby aan die nodes met n 26" loop.

105gr Hybrid teen 3156fps, G1 0.536, G7 0.275 G7 Form Factor 0.925

Drop op 600m-9.33moa
Wind op 600m-4.0moa
Spoed op 600m-2330fps
Energie op 600m-1265.8ft-lb

105gr VLD teen 3158fps, G1 0.517, G7 0.265 G7 Form Factor 0.960....kyk die verskil in G7 From Factor tussen die 2 105gr koels!

Drop op 600m-9.42moa
Wind op 600m- 4.1moa
Spoed op 600m-2304fps
Energie op 600m-1238.1ft-lb

115gr VLD teen 2900fps, G1 0.563, G7 0.289 G7 Form Factor 0.963

Drop op 600m-11.20moa
Wind op 600m-4.2moa
Spoed op 600m-2153fps
Energie op 600m-1184ft-lb

105gr Hybrid teen 3156fps, G1 0.536, G7 0.275 G7 Form Factor 0.925

Drop op 1000m-20.94moa
Wind op 1000m-7.3moa
Spoed op 1000m-1864fps
Energie op 1000m-810ft-lb

105gr VLD teen 3158fps, G1 0.517, G7 0.265 G7 Form Factor 0.960

Drop op 1000m-21.28moa
Wind op 1000m- 7.7moa
Spoed op 1000m-1826fps
Energie op 1000m-778ft-lb

115gr VLD teen 2900fps, G1 0.563, G7 0.289 G7 Form Factor 0.963

Drop op 1000m-24.81moa
Wind op 1000m-7.8moa
Spoed op 1000m-1730fps
Energie op 1000m-765ft-lb

Re: 6mmXC

Posted: Thu Sep 29, 2016 10:14 am
by swc-tr
Dankie Capt.
Kry die manne regtig 3150fps met 105gr pille uit 26" lope met ons kruit, en slagdop kamers bly styf?
Sal graag wil hoor wat sê ander 6XC gebruikers.

Re: 6mmXC

Posted: Thu Sep 29, 2016 10:22 am
by Capt. Yoda
GLo so ek weet van manne wat dit met n 26" 6BR doen en ek doen dit met n 22" SLR maar ek sal maar eder die doppe spaar...
Oom Herme skiet 105s ook teen so 3100 uit sy XC en hulle hammer, hy het gese hy het hulle in die begin bq oor 3150 geskiet as ek reg onthou

Re: 6mmXC

Posted: Thu Sep 29, 2016 10:33 am
by Kallie Fernhout
My ondervinding met xc na so 4000 skote as jy oor 3100 gaan dan hou jou doppe nie dit is met 28duim lope wat ek skiet

Re: 6mmXC

Posted: Thu Sep 29, 2016 10:34 am
by Kallie Fernhout
Bygese al die lope was 1-8 twist so skiet net 105gn

Re: 6mmXC

Posted: Thu Sep 29, 2016 10:35 am
by Capt. Yoda
Kallie hoe lank hou daai xc dop teen 3100?

Re: 6mmXC

Posted: Thu Sep 29, 2016 10:36 am
by swc-tr
Dankie Kallie, ek soek meer sulke eerste handse ondervinding as hoorsê. >:D

Re: 6mmXC

Posted: Thu Sep 29, 2016 10:42 am
by Kallie Fernhout
Eerste 100 doppe toe ek begin het met xc het 6 skote gehou toe val die primers uit. Daarna het ek hulle gehou so by 3040-3080 werk mooi en doppe hou, staan nou al met n stel op 14 skote. Volgens Ql is dit nie naby n node nie maar al die manne wat hul hier rond skiet, skiet maar teen daai spoed. Dink as jy n dop met small rifle primer kan firevorm soos 6x47L sal jy oor die 3100 kan stoot.

Re: 6mmXC

Posted: Thu Sep 29, 2016 10:44 am
by Capt. Yoda
Vrystaat is dit te laat om daai XC nog na n Dasher toe te verander :police: ?

Kallie is dit Norma doppe?

Re: 6mmXC

Posted: Thu Sep 29, 2016 10:45 am
by Swede
Capt. Oblivious wrote:Die 105gr Hybrid het n beter BC ja, die koel "tune" ook makliker en is oor die algemeen n beter koel om te skiet
Die 105gr Hybird IS DIE 6mm koel om te skiet, jou loop sal 100% werk met hom
Capt. is dit die geval met al hulle Hybrid koels of net spesifiek die 6mm, ek verwys na hulle 6.5mm

Re: 6mmXC

Posted: Thu Sep 29, 2016 10:46 am
by swc-tr
Kallie, watter fabrikaat doppe gebruik jy?

Re: 6mmXC

Posted: Thu Sep 29, 2016 10:52 am
by Capt. Yoda
Swede al die Hybirds wat ek al geskiet het en mense mee gehelp het van 6mm reg deur tot 338 tune en skiet so maklik en konstant.
Die 140gr 6.5mm en die 200 en 215gr 30 is belaglik hoe maklik hulle skiet, in my 300WM en 06 kan ek basies 1gr meer en/of minder kruit gooi en my TPL met 4mm verander en ek sal nog 5skote in n half duim op 100m kan skiet. Ben was by toe ek so "venster" toets met met 06 gedoen het waar ek op en af laai en verskillinde TPLs gebruik en ek dink 12 skote het nog in 15mm of so in gegaan op 100m. In my Pa se 308 skiet die 168gr Hybrid van 2480 tot 2680fps half duim of minder op 100m

Re: 6mmXC

Posted: Thu Sep 29, 2016 10:53 am
by Kallie Fernhout
Ek gebruik Norma doppe. Eerste loop was n walther en 2de een Krieger. Met die krieger is die spoed heelwat hoer gewees en moes 1.3gn sak om selfde spoed te kry met selfde doppe batch kruit en koels

Re: 6mmXC

Posted: Thu Sep 29, 2016 10:55 am
by Swede
Capt. Oblivious wrote:Swede al die Hybirds wat ek al geskiet het en mense mee gehelp het van 6mm reg deur tot 338 tune en skiet so maklik en konstant.
Die 140gr 6.5mm en die 200 en 215gr 30 is belaglik hoe maklik hulle skiet, in my 300WM en 06 kan ek basies 1gr meer en/of minder kruit gooi en my TPL met 4mm verander en ek sal nog 5skote in n half duim op 100m kan skiet. Ben was by toe ek so "venster" toets met met 06 gedoen het waar ek op en af laai en verskillinde TPLs gebruik en ek dink 12 skote het nog in 15mm of so in gegaan op 100m. In my Pa se 308 skiet die 168gr Hybrid van 2480 tot 2680fps half duim of minder op 100m
Dankie Capt. sal beslis hulle probeer!

Re: 6mmXC

Posted: Thu Sep 29, 2016 11:01 am
by swc-tr
Kallie Fernhout wrote:Ek gebruik Norma doppe. Eerste loop was n walther en 2de een Krieger. Met die krieger is die spoed heelwat hoer gewees en moes 1.3gn sak om selfde spoed te kry met selfde doppe batch kruit en koels
Dankie Kallie.
Ek het ook Norma doppe (nogal David Tubb se "once fired" doppe wat ek by hom gekoop het by Camp Perry in Amerika) en Krieger 1-8"T loop, wag nog vir geskikte aksie (Rem M700 LH of soortgelyke kloon, as iemand een het.)

Re: 6mmXC

Posted: Thu Sep 29, 2016 11:18 am
by SeeMoNsteR
Skiet 3150 met n 26" loop XC en jy sal baie gelukkig wees om 2 dalk 3 firings op n dop te sien Cappie.

Ek weet hoe dinge op QL lyk maar in die regte wereld is dit net nie so met daai dop en ons kruit nie. Hy spike ongelooflik vinnig pressure met 365 en die probleem is dat mens dit nie noodwendig kan waarneem met trompsnelheid nie. Dus skiet jy spoed wat volgens QL bv 56k psi is maar sien tekens van druk wat veel hoeer is.

Herme het juis afgekom, na 105 hybrids teen 3030fps met n 28" krieger loop omrede daar gereelde tekens van hoee druk (stickly bolt lift, ejector prints ens ens) is op 3140fps plus en doppe eenvoudig nie daarso hou nie.

As jy die xc veral wil skiet en in die proses n 105 teen oor 3030fps wil skiet maak dan seker jy het n 28" loop of langer
Vir daai spoed uit n korter loop glo ek sal jy na n sterker dop moet kyk soos bv die 6x47 Lapua of iets met meer HP soos die SLR

Groete

Re: 6mmXC

Posted: Thu Sep 29, 2016 11:19 am
by Ysterkat
Kallie

Hoeveel skote het jy op die eerste loop gekry met jou XC?