Page 1 of 1
30 0kwes
Posted: Sat Jul 23, 2011 8:18 am
by SmitH
More almal
Het n vragie vir julle , het nog altyd gewonder hoekom die mense na die 3006 verwys as die 30 0kwes .Ek het al n paar keer tedoen gehad met persone wat verwys na 30 0kwes en as ek vra hoekom se jy so dan kan hulle my nie antwoord nie , dit is tog nie die kaliber wat die kwes werk doen nie , maar die persoon wat die wapen gebruik
Re: 30 0kwes
Posted: Sat Jul 23, 2011 8:45 am
by tripodmvr
My verstaan van die storie is dat die meng van verskillende gewig koe?lpunte gemaak het dat die geweer bont geskiet het en tot kwes bokke gelei het. Dit het gekom van die ou geloof dat die' kaliber met alle gewigte goed kan skiet.
Re: 30 0kwes
Posted: Sat Jul 23, 2011 9:25 am
by Jagtersdok
Eintlik het dit maar net gekom tussen maters wat met mekaar gespot het en soos driepoot tereg noem die klomp verskillende koele het daartoe gelei. Die ou met die geweer het ges? sy geweer skiet alle rondtes fantasties goed, maar op die spesifieke jagtog was die eerste bok geld in die veld(gekwes). Maar dit kon met enige geweer gebeur het.
Vandaar het elke geweer maar 'n ou naampie tussen vriende gekry
270 -twee skewentig
375 -drie skewe vyf
22 250 -kruppel tweevyftig
222 -kruppel2
en so gaan dit maar aan
Re: 30 0kwes
Posted: Sat Jul 23, 2011 9:59 am
by Jaco Swart
Dokkie.
Snaaks dat die 243 en 300 WM nie byname kry nie

Re: 30 0kwes
Posted: Sat Jul 23, 2011 10:11 am
by .::Alwyn-U::.
ja want hulle het niks om mee te ruim nie!
Re: 30 0kwes
Posted: Sat Jul 23, 2011 10:12 am
by Jagtersdok
Ek het al gehoor dat iemand van my 243 praat as peeshooter en 300windgat
Re: 30 0kwes
Posted: Sat Jul 23, 2011 10:20 am
by Dawid
Moenie die Oubaas van almal weggooi nie..........Die ou vertroueling......303 - Amajubakettie of kleilat..
Oubaas se honne...Ai ek lief myne, hy`t al menige bokke tot sterwe gebring

Re: 30 0kwes
Posted: Sat Jul 23, 2011 12:06 pm
by .::Alwyn-U::.
Re: 30 0kwes
Posted: Sun Jul 24, 2011 8:46 am
by SmitH
Het al gehoor die manne praat van n knopkierie (303) en mincer ( 270)
Re: 30 0kwes
Posted: Mon Jul 25, 2011 10:23 am
by Louis Kriel
Dawid wrote:
Moenie die Oubaas van almal weggooi nie..........Die ou vertroueling......303 - Amajubakettie of kleilat..
Oubaas se honne...Ai ek lief myne, hy`t al menige bokke tot sterwe gebring
Het nou die dag gelees iemand noem hom 'n Zooom Kapoef. Kon nie anders as hom daai 174gr punt op 'n rustige jakkalsdraffie (2400 fps) na die 200 m wal te visualiseer nie.

Re: 30 0kwes
Posted: Wed Aug 03, 2011 9:05 pm
by fanie17
Ek dink een van die groot redes is dat daar werklik baie gekwes word met 30-06.Die rede daar voor is dat so baie manne 30-06 gewere het,as net gekyk word na die hoefeelheid patrone wat vir 30-06 verkoop word ,dink ek is dit soveel as die 5 kalibers na 30-06 saam.Dit maak ook dat n groot klomp van die manne regtig net 5 skote n jaar skiet,2 om die geweer in te skiet op die plaas,dit is die eerste 2 na verlede jaar se jag,dan die eerste skoot waarmee hy kwes en dan nog twee skote om die kwes bok dood te kry.Die geweer word dan gebere tot volgende jaar.n Pak patrone hou ook vir 4 jaar.Daar is geen manier dat die geweer nie n 30-0kwes genoem kan word nie.Ek het self twee en is mal oor hulle
Re: 30 0kwes
Posted: Thu Aug 04, 2011 10:48 am
by Dawid
Hoekom Fanie.....kwes joune net so lekker?

Re: 30 0kwes
Posted: Thu Aug 04, 2011 3:10 pm
by Freek
Bogger die 30-0kwes... het julle al van 'n 40 "short & weak" gehoor? Ek ken 'n paar manne wat met die goed aan hulle persoon loop
Om 'n lang storie kort te knip, die 30-06 word 'n 30-0kwes genoem deur die manne wat nie 'n 30-06 kan bekostig nie. As jy nog nie mooi verstaan nie sal ek dit vir jou so probeer verduidelik... d-i-e 30-06 i-s d-i-e 308 se BAAS. (PUNT)
Re: 30 0kwes
Posted: Thu Aug 04, 2011 3:11 pm
by Freek
... ek buk solank...
Re: 30 0kwes
Posted: Thu Aug 04, 2011 3:27 pm
by BLOK
Freek pasop vir so buk netnou maak jy n man gelukkig.
Fanie, as dit die geval is van die hoeveelheid 30-06'e wat daar is dan weet ek nie hoekom die 308 nie n slegte naam het nie want hulle is meer algemeen en vir hulle kry mens nog swak ou weermagpatrone ook wat dinge erger moes maak. Seker maar oorlat 308 skuts oor die algemeen beter skuts is.
Blok
Re: 30 0kwes
Posted: Thu Aug 04, 2011 3:42 pm
by Jeagermeister
303 = Ark Spies!
Re: 30 0kwes
Posted: Thu Aug 04, 2011 5:25 pm
by Freek
Blok, jy het 'n punt beet... nooit so daaroor gedink nie.

Ek probeer maar net die 308 skieters se battery so bietjie nat maak... dis mos al hoe mens 'n sensitiewe vel dikker kry.

Re: 30 0kwes
Posted: Thu Aug 04, 2011 9:39 pm
by fanie17
David
Kom kyk maar.
Blok kyk wat skryf Freek.
Al waar aan gemeet kan word oor hoeveel gewere of kalibers gebruik word is aan die hoeveelheid patrone gekoop word,dit is hier waar daar so baie 30-06 patrone gekoop word dat die afleiding gemaak kan word.Dit is werklike stats.
Re: 30 0kwes
Posted: Fri Aug 05, 2011 7:25 am
by Freek
Nee wat manne, niks fout met albei kalibers nie. Die ding kom maar eintlik tussen my en my swaer wat gereeld saam skiet, hy skiet 308 ek 30-06 so het die spottery en die oortrekkery begin - so op 'n ligte noot want ek vrees die dag as ek gespot word terwyl ek my 30-06 in my hande het...
Skiet maar meer en deels deesdae met die "onderdrukker" se kaliber (.303) en hy staan geensins terug vir die meer moderne kalibers in sy klas nie.
Re: 30 0kwes
Posted: Fri Aug 05, 2011 7:44 am
by James Wilson
Jaco S wrote:
Dokkie.
Snaaks dat die 243 en 300 WM nie byname kry nie
243= 24doughnout
300wim magnum= 300 braggnum
Blok praat van sy 300 Holland en Holland as sy 300 Hondsdol Hond
ek stem saam met dok, ek dink maar dis pelle wat mekaar terg.
Re: 30 0kwes
Posted: Fri Aug 05, 2011 7:51 am
by BLOK
Alles in goeie gees ja!!

Re: 30 0kwes
Posted: Fri Aug 05, 2011 12:30 pm
by Boesman
Een van my broeders kwes met syne baie gereeld. Moet se, hy kwes nogal lekker, veral op die kop. Sy hele deep freeze is vol steak en sy koelkamer vol biltong.

Is nogal lekker vir my om so af en toe saam met hom te gaan kwes...
Re: 30 0kwes
Posted: Fri Aug 05, 2011 2:42 pm
by James Wilson
"If all guns have i nickname, the what do you call a 505Gibbs?" :Amerikaanse jagter
PH:" you call it, SIR!!!"
Re: 30 0kwes
Posted: Sat Aug 06, 2011 10:51 am
by Dawid
Nee Fanie ek spot net saam die ander manne. Daars ouens wat sweer by die 30 06 en dem goed skiet daarmee maar dan is daar weer my broer en my seun se maat wat heerlik kwes en so doodseker maak ek bly stapfiks deurdat ek die gekwestes moet loop soek.
Re: 30 0kwes
Posted: Sat Aug 06, 2011 1:47 pm
by .::Alwyn-U::.
Dis die dinge wat jou jonk hou oom Dawid!
