Page 1 of 1
Aimpoint Micro H-1
Posted: Mon Sep 26, 2016 5:58 pm
by Balljoint
Gebruik enige lede dalk so-iets?
Is daar 'n toets 'review' gedoen iewers? Het mnr Barnard dit dalk al 'deur sy passies gesit'?
Ek wil my ander scope op die R1 met so-iets vervang, dis waarom ek navraag doen.
Re: Aimpoint Micro H-1
Posted: Mon Sep 26, 2016 6:35 pm
by DWB
Ek het een op my 404 en is versot op hom
Re: Aimpoint Micro H-1
Posted: Mon Sep 26, 2016 9:08 pm
by Geno
DWB wrote:Ek het een op my 404 en is versot op hom
Nice bakkiejag scope

Re: Aimpoint Micro H-1
Posted: Tue Sep 27, 2016 2:42 am
by DWB
Die een keer wat ek teen my wil iets van die bakkie af moes cull nou word dit teen my gehou... Gelukkig het ek al heelwat meer van die voet af met hom geskiet...
Re: Aimpoint Micro H-1
Posted: Tue Sep 27, 2016 7:46 am
by Arnold
Het jy die 2 of 4 MOA een?
Re: Aimpoint Micro H-1
Posted: Tue Sep 27, 2016 8:02 am
by DWB
2 MOA,
Ek dink jy sal jouself tenadeel met die 4MOA
Op langer afstande kan jy die kolletjie dowwer stel en nogsteeds goed skiet.
Die 4MOA gaan net te veel toemaak.
Ek het al valplate op 200m geskiet vir die grap.
'n Zebra op 150m
Vlakvark op 120m
En dan nou die Kameelperd waaroor Geno my gas gee ook op 120m in die kop.
Re: Aimpoint Micro H-1
Posted: Tue Sep 27, 2016 9:13 am
by Arnold
Al probleem wat ek het is dat die kolletjie nie lekker focus sonder dat ek my bril opsit nie

My gedagte is om dit op die ar15 te gebruik maar dink ook die 4 MOA is bietjie te groot.
Re: Aimpoint Micro H-1
Posted: Tue Sep 27, 2016 10:27 am
by DWB
Die Aimpoint is nou nie juis 'n tool om mee groepies te skiet nie, maar ek het nou die dag hierdie een op 50m geskiet.
Dit verg bietjie gewoond raak en leer hoe werk die kol.
Ek het al 'n hele paarkeer snyers op 50m geskiet.
My oge is nie goed genoeg om vêrder te probeer nie.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/65759801/404/404%20-%20Barnes%20400gr%20Banded%20Solid.jpg
400gr Barnes Banded Solid teen net onder 2300fps.
Re: Aimpoint Micro H-1
Posted: Tue Sep 27, 2016 10:47 am
by Pappabeer
Het jy een van Kopskoot se hemde gebruik om daai teiken op te teken Deon?
Re: Aimpoint Micro H-1
Posted: Tue Sep 27, 2016 10:57 am
by Nico Harris
Gelukkig was daai rooibok by my sonder die aimpoint. Maar daai bly n bitter lekker bakkie geweer.
Re: Aimpoint Micro H-1
Posted: Tue Sep 27, 2016 11:01 am
by DWB
Nico Harris wrote:Gelukkig was daai rooibok by my sonder die aimpoint. Maar daai bly n bitter lekker bakkie geweer.
Bloody Agent!

Re: Aimpoint Micro H-1
Posted: Tue Sep 27, 2016 11:10 am
by Nico Harris
Re: Aimpoint Micro H-1
Posted: Tue Sep 27, 2016 11:12 am
by DWB
Pappabeer wrote:Het jy een van Kopskoot se hemde gebruik om daai teiken op te teken Deon?
Ek het probeer ja, maar die wetter wou nie stilstaan nie!
Re: Aimpoint Micro H-1
Posted: Tue Sep 27, 2016 11:14 am
by DWB
Nico Harris wrote:Gelukkig was daai rooibok by my sonder die aimpoint. Maar daai bly n bitter lekker bakkie geweer.
Dit was darem uit die vuis en 'n moerse goeie skoot!
Het nou nog 'n foto van daai hart wat se bokant weg geskiet is!
Re: Aimpoint Micro H-1
Posted: Tue Sep 27, 2016 11:14 am
by Koos Barnard
Ek gebruik gereeld Aimpoint se Micro H-1. Dit werk uitstekend vir kortafstandskiet. Ek het baie onlangs een op my Ruger Super Blackhawk in .44 Magnum gebruik om 'n rooibok op 60m te skiet. Die enigste probleem met die dot-sights is dat dit mos geen vergroting het nie en soms kan jy nie die dier baie goed sien as dit in diep skaduwee staan nie. Vir skote waar die bokke goed sigbaar is werk dit uitstekend tot op 100m (of selfs verder soos sommige mense aangedui het). Kies die een met die kleiner kolletjie, die groot kol (soos genoem) maak te veel van die teiken toe op afstande verder as 30m.
Mooi loop
Re: Aimpoint Micro H-1
Posted: Tue Sep 27, 2016 1:43 pm
by tau
DWB wrote:Die Aimpoint is nou nie juis 'n tool om mee groepies te skiet nie, maar ek het nou die dag hierdie een op 50m geskiet.
Dit verg bietjie gewoond raak en leer hoe werk die kol.
Ek het al 'n hele paarkeer snyers op 50m geskiet.
My oge is nie goed genoeg om vêrder te probeer nie.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/65759801/404/404%20-%20Barnes%20400gr%20Banded%20Solid.jpg
400gr Barnes Banded Solid teen net onder 2300fps.
black-sam!!!!!!! Dit is netjies geskiet.
EK sal so outjie geniet op my Ar15.
Re: Aimpoint Micro H-1
Posted: Tue Sep 27, 2016 10:44 pm
by JAGTERSREG-JRM
DWB wrote:Die Aimpoint is nou nie juis 'n tool om mee groepies te skiet nie, maar ek het nou die dag hierdie een op 50m geskiet.
Dit verg bietjie gewoond raak en leer hoe werk die kol.
Ek het al 'n hele paarkeer snyers op 50m geskiet.
My oge is nie goed genoeg om vêrder te probeer nie.
https://dl.dropboxusercontent.com/u/65759801/404/404%20-%20Barnes%20400gr%20Banded%20Solid.jpg
400gr Barnes Banded Solid teen net onder 2300fps.
Deon
Ek het dieselfde resultate met die Aimpoint op die 416 Ruger No 1. Lekker wildebeeste gejag en more oppad vir nog een
Re: Aimpoint Micro H-1
Posted: Wed Sep 28, 2016 5:33 am
by DWB
Geniet dit mater!
Re: Aimpoint Micro H-1
Posted: Wed Sep 28, 2016 7:09 am
by Plaashaas
Die RDS is vir skiet onder 100m. Ek sal nie die R1 so wil inhok nie. Watse scope het jy huidiglik op en hoekom wil jy hom vervang?
In ons club is omtrent enige semi-auto waaraan jy kan dink met n verkeidenheid van scopes, sights en RDS. Die manne met die scopes bly maar net n stap voor of dit nou 50m of 300m is.
Ek wou ook eers RDS gaan op my AR maar het toe 1-4x24 gedoen en al spyt wat ek het is dat ek nie 1-6 gedoen het nie.
Re: Aimpoint Micro H-1
Posted: Wed Sep 28, 2016 4:56 pm
by Balljoint
Die RDS is nie net vir onder 100m nie.
Baie mense sal van jou verskil.
Die 2 moa se kol is redelik klein.
Oorsee skiet die manne 500m en verder… Kyk maar joubinneband.
Ek het 'n 1-9 opgehad maar met die jakkals tabel werk dit net nie. Nie vir my nie.