Page 1 of 1
Katalisator verwyder
Posted: Mon Sep 26, 2016 9:27 am
by HJA
Goeie more,
Ek het n Isuzu DTEC 3.0 diesel 185000 km en sy krag voel vir my min 1 en 2 de raat.
Iemand het toe die voorstel gemaak om die katalisator te verwyder.
Sal dit wys wees bang ek maak moeilikheid met die enjin.
Dankie
Henk
Re: Katalisator verwyder
Posted: Mon Sep 26, 2016 10:33 am
by Dawie Malan
Hallo Henk,
Baie mense verwyder die katalisator. Dit gee meer krag en verminder brandstofverbruik. Meeste katalisators is inelkgeval net effektief tot en met 200 000 km. Ek sou net eers met 'n Isuzu werktuigkundige praat. Eerstens mag hy 'n sensor op die katalisator hê wat gedeaktiveer moet word en tweedens moet jy dalk 'n klein demper in sy plek sit.
Dit sal jou enjin nie skade maak nie.
Dawie
Re: Katalisator verwyder
Posted: Mon Sep 26, 2016 10:38 am
by HJA
Hi Dawie,
Dankie, ek het al gekyk daar is nie n sensor op nie. Ek het nou met Isuzu se mense gepraat
en hy het dieselfde gevoel as jy gehad.
Lekker dag
Henk
Re: Katalisator verwyder
Posted: Mon Sep 26, 2016 10:40 am
by Philip_R
Ek sou eerste na die injectors kyk en dit dalk vervang voor jy meer as net die punte moet vervang.
En ja 'n katalisator gaan niks negatiefs maak as jy hom verwyder nie.
Sent from my iPad using Tapatalk
Re: Katalisator verwyder
Posted: Mon Sep 26, 2016 10:53 am
by HJA
Philip,
Dankie verduidelik asb dat die fout by injectors kan wees.
Groete
Henk
Katalisator verwyder
Posted: Mon Sep 26, 2016 11:12 am
by Philip_R
Die injector tips begin na 'n ruk weg brand, wat dan maak dat die injector nie meer 'n mooi mis spuit nie maar 'n paar groter druppels wat tussen die mis inspuit, die druppels brand dan nie mooi nie en so kry jy nie al die krag wat jy gewoontlik sou kry nie, want jy blaas onverbrande diesel by die exhaust uit. As jy dit nie aanspreek nie moet mens later die hele injector vervang en nie net die tip nie. As die injector heeltemal in sy kas in is kan dit die piston ook beskadig.
Dit kan gewoontlik gesien word deur jou brandstofverbruik te monitor, as jy nou meer brandstof gebruik as so 10k km van te vore voor jy die krag probleem begin waarneem het, kan jy maar na jou injectors kyk. My Ford sin is gedoen op 280k km nadat die brandstof verbruik geval het van 9.6km/l tot 8.8km/l. Die man wat myne gedoen het het hom voor en na die tyd op 'n dink gesit om die diesel pompie se timing te stel, hy het 14% meer krag gekry net van injectors wat vervang is, en is nou weer op spec soos toe hy nuut was. Hy is ook van mening dat mens elke 80k km injectors moet nagaan.
Sent from my iPad using Tapatalk
Re: Katalisator verwyder
Posted: Mon Sep 26, 2016 11:17 am
by HJA
Dankie Philip.
Re: Katalisator verwyder
Posted: Mon Sep 26, 2016 11:49 am
by Apie
Philip_R wrote:Die injector tips begin na 'n ruk weg brand, wat dan maak dat die injector nie meer 'n mooi mis spuit nie maar 'n paar groter druppels wat tussen die mis inspuit, die druppels brand dan nie mooi nie en so kry jy nie al die krag wat jy gewoontlik sou kry nie, want jy blaas onverbrande diesel by die exhaust uit. As jy dit nie aanspreek nie moet mens later die hele injector vervang en nie net die tip nie. As die injector heeltemal in sy kas in is kan dit die piston ook beskadig.
Dit kan gewoontlik gesien word deur jou brandstofverbruik te monitor, as jy nou meer brandstof gebruik as so 10k km van te vore voor jy die krag probleem begin waarneem het, kan jy maar na jou injectors kyk. My Ford sin is gedoen op 280k km nadat die brandstof verbruik geval het van 9.6km/l tot 8.8km/l. Die man wat myne gedoen het het hom voor en na die tyd op 'n dink gesit om die diesel pompie se timing te stel, hy het 14% meer krag gekry net van injectors wat vervang is, en is nou weer op spec soos toe hy nuut was. Hy is ook van mening dat mens elke 80k km injectors moet nagaan.
Sent from my iPad using Tapatalk
Hi Philip
Die DTeq is 'n common rail masjien, ek glo nie hy gebruik gewone injectors(die soort met tips nie)
HJA
Soos Philip sê, laat die injectors toets vir veiligheid.
Om die katalisator te verwyder kan geen skade doen nie.
Laat weet ons wat gebeur!
Re: Katalisator verwyder
Posted: Mon Sep 26, 2016 11:51 am
by HJA
Dankie Apie.
Re: Katalisator verwyder
Posted: Mon Sep 26, 2016 11:54 am
by Philip_R
Die commonrail werk teen bietjie hoër druk, wat beteken sy injector gaan n kleiner tolleransie hê, en enige skade op die injector, of iets wat dit dalk kan verstop gaan n groot impak hê. Dis ook hoekom commonrail enjins skoner diesel moet gebruik. Die vuil diesel verstop die injectors later met n swart teer sludge.
Sent from my iPhone using Tapatalk Pro
Re: Katalisator verwyder
Posted: Mon Sep 26, 2016 12:13 pm
by Jurgen Visser
Re: Katalisator verwyder
Posted: Mon Sep 26, 2016 1:41 pm
by savage(P Coetzer)
Ekt sopas my 3.0 d4d se katalisator uitgekap na 90 000km. Weet nie wat die brandstof verbruik gaan maak nie maar geen liggies kom aan die en die engine reageer defnitief vinniger.
Re: Katalisator verwyder
Posted: Mon Sep 26, 2016 2:17 pm
by Edu
Manne ek werk vir die 2de grootste uitlaatstelsel vervaardiger in die land.
Ek wil nie nou name noem nie want ek is bang ek adverteer perongeluk waar ek nie mag nie.
Ons het in 2008-2009 begin om "ready fit performance systems" te vervaardig vir baie voertuie met die grooter wiele soos bv die Isuzu, Navara, Triton, Hilux, Amarok, Fortuner, Ranger en dan natuurlik basies al die Land Cruisers wat mens kry, dit sluit Prado's en FJ Cruisers in.
Meeste van die sisteme maak ons uit 76mm diameter pyp of dan 63mm as dit 'n voertuig is wat geneig is om te lawaai.
Op al die voertuie vervang die uitlaatstelsel die katalisator. Dit verig wonders aan kraglewering.
Julle kan nie fout maak om katalisators uit te haal nie en self net 'n vry vloei boks (free flow) boks agter op die voertuig te sit nie. Dit is net voordelig vir die voertuig. Veral in die warm lande van suider afrika aangesien die EGT's ook afkom met 4-5 grade.
Maak net seker by julle handelaars oor die waarborge van die voertuie voordat julle dit doen. Ek weet van hulle is vol strooi.
Re: Katalisator verwyder
Posted: Mon Sep 26, 2016 4:19 pm
by Rudiejacobs
Philip_R wrote:Die injector tips begin na 'n ruk weg brand, wat dan maak dat die injector nie meer 'n mooi mis spuit nie maar 'n paar groter druppels wat tussen die mis inspuit, die druppels brand dan nie mooi nie en so kry jy nie al die krag wat jy gewoontlik sou kry nie, want jy blaas onverbrande diesel by die exhaust uit. As jy dit nie aanspreek nie moet mens later die hele injector vervang en nie net die tip nie. As die injector heeltemal in sy kas in is kan dit die piston ook beskadig.
Dit kan gewoontlik gesien word deur jou brandstofverbruik te monitor, as jy nou meer brandstof gebruik as so 10k km van te vore voor jy die krag probleem begin waarneem het, kan jy maar na jou injectors kyk. My Ford sin is gedoen op 280k km nadat die brandstof verbruik geval het van 9.6km/l tot 8.8km/l. Die man wat myne gedoen het het hom voor en na die tyd op 'n dink gesit om die diesel pompie se timing te stel, hy het 14% meer krag gekry net van injectors wat vervang is, en is nou weer op spec soos toe hy nuut was. Hy is ook van mening dat mens elke 80k km injectors moet nagaan.
Sent from my iPad using Tapatalk
Hier het jy nou die beste raad gekry!
Re: Katalisator verwyder
Posted: Mon Sep 26, 2016 4:33 pm
by blaser
edu
jy praat waar ek het so 76 mm van de graaf op my cruiser saam met n chip gedoen en 50 kw gewen
Re: Katalisator verwyder
Posted: Mon Sep 26, 2016 4:39 pm
by Edu
blaser wrote:edu
jy praat waar ek het so 76 mm van de graaf op my cruiser saam met n chip gedoen en 50 kw gewen
Daardie sisteme gaan hier deur my hande voor dit by deur uitgaan.

Re: Katalisator verwyder
Posted: Mon Sep 26, 2016 4:48 pm
by Chevvy SS
blaser wrote:edu
jy praat waar ek het so 76 mm van de graaf op my cruiser saam met n chip gedoen en 50 kw gewen
So jy het nou 51Kw blaser?
Re: Katalisator verwyder
Posted: Mon Sep 26, 2016 5:32 pm
by blaser
ss
ja net genoeg om n ss te trek
Re: Katalisator verwyder
Posted: Sat Oct 01, 2016 8:30 am
by iceman1982
Edu, ek dink al n gereime tyd om die katalisator uit my 4.2 D/C cruiser uit te haal. Hoeveel harder is hy met die 76mm pyp. Dit is n jagbakkie, so wil nie klink soos n hotrod in die veld nie. Sal jy miskien liewer na die 63mm gaan vir hierdie rede, of maak die 76mm pyp nie n groot verskil op die Cruiser nie?
Re: Katalisator verwyder
Posted: Sat Oct 01, 2016 9:27 am
by blaser
n diesel turbo se meeste lawaai word duur die turbo gedemp did tyd mors om n 63mm pyp op te sit