Page 1 of 1

Bobbejaan, hides en ander jagte

Posted: Thu Sep 22, 2016 5:05 pm
by Cobus(Cobb)
Na jare se beplan, uitdink, oefen en bemeester(dink ek), is ek en my kruisboog sotesê groot pelle.
Die nodige spreeu et al moes al omkom, maar ek wil baie baie graag 'n groot bobbejaan skiet.
Wanneer begin die sekelsterte weer aktief raak en sal hulle lekker inkom na 'n hide toe??

Is hier van julle manne met so setup oppi plaas, nie te vêr uit Gauteng uit nie?
Die Howa sal ook saamkom vir langer afstande, so dit sal nie net vir die hide outjie wees nie.

Cheers

Re: Bobbejaan, hides en ander jagte

Posted: Fri Sep 23, 2016 10:59 am
by BeesBreet
Ek gaan vir jou n paar kruisboog vids whatsapp

Re: Bobbejaan, hides en ander jagte

Posted: Fri Sep 23, 2016 11:08 am
by Hugo
Cobb

die tyd van die jaar is die bobbejane op boogplase redelik aktief by die hides agv die voer by die skuilings.

As jy jouself wil verseker van n bobbie boek n naweek by Bloempoort jag en hengel in die Groblersdal area.

Jy gaan sommer n ander bok of twee ook dalk raakloop, daars vreeslik baie bobbies in daai area.

http://bloempoortjagenhengel.co.za/inde ... s&hl=af_ZA