Page 1 of 1

HELP - 2005 Mitsubishi Pajero of 2006 Toyota Prado

Posted: Wed Sep 21, 2016 1:36 pm
by Gernie
Middag Manne

Ek soek asb bietjie advies en raad. Ek het opsie op die volgende 2 voertuie, so soek asb bietjie insette van die manne wat hulle ken. Neem in ag dat brandstof verbruik nie so groot invloed het nie, so watter een en hoekom?

2005 Mitsubishi Pajero 3200 Di-D GLS LWB Auto
147 000 Km
R 169 950


2006 Toyota Prado Vx 4.0 V6 A/t
165 000 Km
R 199 900

Dankie

Re: HELP - 2005 Mitsubishi Pajero of 2006 Toyota Prado

Posted: Wed Sep 21, 2016 2:54 pm
by DriesdlR
Prado al die pad.

Het n Prado gery en het nog steeds n Pajero.

Watter een kon en verkoop teen die regte prys?? Prado Het toe n ander Cruiser gekoop in sy plek
Hy ry net lekkerder en die betroubaarheid is daar nie argumente oor nie.

My seun ry nou maar die Pajero!!

Re: HELP - 2005 Mitsubishi Pajero of 2006 Toyota Prado

Posted: Wed Sep 21, 2016 4:09 pm
by joe rocket
Prado al die pad. Tweede handse waarde is beter as Pagero. Diesel parte is duur. Daai Prado is nog nie eers ingery nie.

Re: HELP - 2005 Mitsubishi Pajero of 2006 Toyota Prado

Posted: Wed Sep 21, 2016 5:04 pm
by PWV
Jy kan mos nou nie 'n windbuks met 'n Sako TRG vergelyk nie. Die Prado natuurlik!!!

Re: HELP - 2005 Mitsubishi Pajero of 2006 Toyota Prado

Posted: Wed Sep 21, 2016 5:17 pm
by Dirkonius
Prado. Punt.

Re: HELP - 2005 Mitsubishi Pajero of 2006 Toyota Prado

Posted: Wed Sep 21, 2016 5:44 pm
by joe rocket
PWV wrote:Jy kan mos nou nie 'n windbuks met 'n Sako TRG vergelyk nie. Die Prado natuurlik!!!
Bly oom het die lig gesien so op die wyse ouderdom, so oom sê Toyota is beter as Nissan. >:+

Re: HELP - 2005 Mitsubishi Pajero of 2006 Toyota Prado

Posted: Wed Sep 21, 2016 6:21 pm
by Rasmus
Synde dat brandstof verbruik nie n probleem is nie is die Prado n gawe motor. Die 3.2 DID motor in die Pajero is van die meer betroubare diesels wat gemaak is. Gaan lees maar op 4x4 community. Rerig n goeie motor met min probleme.

Re: HELP - 2005 Mitsubishi Pajero of 2006 Toyota Prado

Posted: Wed Sep 21, 2016 6:41 pm
by blaser
pajero baie duur om aan te werk

Re: HELP - 2005 Mitsubishi Pajero of 2006 Toyota Prado

Posted: Wed Sep 21, 2016 8:09 pm
by savage(P Coetzer)
Vriend van my se pajero se dieselpomp het gegroet. Kon n gebruikte een vir R47k kry maar ek hoor hy soek nog....

Re: HELP - 2005 Mitsubishi Pajero of 2006 Toyota Prado

Posted: Wed Sep 21, 2016 8:37 pm
by Apie
Prado.

Pajero baie meer rattles.
Die 3.2 is super betroubaar maar daai Prado 4 liter loop darem lekker.

Enigste enigste nadeel/irritasie van die Prado is dat die Auto ratkas baie aggresief terugrat/skakel wanneer jy met jou cruise control ry.

Sent from my D5803 using Tapatalk

Re: HELP - 2005 Mitsubishi Pajero of 2006 Toyota Prado

Posted: Wed Sep 21, 2016 8:59 pm
by PWV
joe rocket wrote:
PWV wrote:Jy kan mos nou nie 'n windbuks met 'n Sako TRG vergelyk nie. Die Prado natuurlik!!!
Bly oom het die lig gesien so op die wyse ouderdom, so oom sê Toyota is beter as Nissan. >:+
Joe Rocket, smaak my jy het disleksies geraak. Nêrens het iemand van 'n Nissan gepraat nie. >:D

Re: HELP - 2005 Mitsubishi Pajero of 2006 Toyota Prado

Posted: Wed Sep 21, 2016 10:22 pm
by joe rocket
Smaak my oom geheueverlies, maar ja dis Toyota se skuld, die arme X trail is lankal vergete. ++>: so Gernie koop nou die Prado selfs oom Pieter stem saam. >:D

Re: HELP - 2005 Mitsubishi Pajero of 2006 Toyota Prado

Posted: Wed Sep 21, 2016 11:03 pm
by Gernie
Ha ha, ek is oortuig. Dankie manne

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: HELP - 2005 Mitsubishi Pajero of 2006 Toyota Prado

Posted: Thu Sep 22, 2016 6:57 am
by Rudiejacobs
Dagse.

Wees maar versugtig vir die stereotipe, die pajero vergelyk enige dag op enige vlak met daai prado.
Persoonlik dink ek jou keuse is eerder tussen of jy n petrol of diesel engine soek.
Dit is wel so, dat n diesel maar duurder is om te onderhou!

Dit gese, daar is maar min te kies tussen die 2 en bly dit jou keuse! Ek glo jy sal gelukkig wees met enige een.

Geniet dit.

Rudie.

Re: HELP - 2005 Mitsubishi Pajero of 2006 Toyota Prado

Posted: Mon Sep 26, 2016 10:49 am
by vossie1
Apie wrote:Prado.

Pajero baie meer rattles.
Die 3.2 is super betroubaar maar daai Prado 4 liter loop darem lekker.

Enigste enigste nadeel/irritasie van die Prado is dat die Auto ratkas baie aggresief terugrat/skakel wanneer jy met jou cruise control ry.

Sent from my D5803 using Tapatalk
Ek stem Apie dit is die enigste ding wat ek kan fout vind,maar op die lang reguit pad werk hy perfek. Daai Auto box van die Prado is seepglad,ek geniet myne baaaaie en die 180l tenk help vir minder pitstops ;D