Page 1 of 3
3006 kwes kopseeeeeer!!!
Posted: Fri Jul 22, 2011 11:46 am
by 3006
Goeie more aan al die slim manne.
Ek herlaai al vanaf 2000 vir my 308 (RSA Aksie/Musgrave loop) vir kompetisie en jag. Verlede jaar het ek n Remmie 700 sinteties in 3006 met 22" loop gekoop uitsluitlik vir jag. Ek het my normale lading ontwikkeling gedoen maar kry geen "joy" nie. Ek het al met Koos Barnard gepraat, Oom Kassie (qps) en selfs iemand met"Quickload hopelik" gevra vir hulp. Met 54g S365 Pmp doppe (h2o 69.6g) tpl 85.4 165g claw punte en patroon lengte van 83.8mm is my spoed 2550 v/s en die punt val van 100m na 200m 6,5 duim!!! wat nie aanvaarbaar is nie. Groepe wissel ook van 24mm na groot!! Ek het van Lot 061 ontslae geraak en n nuwe blik 063 gekry maar al soveel geld en tyd gemors dat ek nie meer kans sien om verder te sukkel nie. Die persoon met "die program " bly net hammer daarop dat ek S355 moet gebruik maar gee geen info op S365 nie en dis laasgenoemde wat ek nodig het.
Groot asb Help my indien daar iemand is wat kan.
Groete
Cobus
Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!
Posted: Fri Jul 22, 2011 12:00 pm
by 300Winmag
Het jy al ander koeels as Claw probeer?
Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!
Posted: Fri Jul 22, 2011 12:10 pm
by Koos Barnard
.30-06
Probeer gerus ander koe?ls en vermeerder of verminder die drukpunt voor by die kolf. My geweer het beter begin skiet toe ek hom ge-free float het. Die snelheid kon ek egter nie verbeter nie en het uiteindelik 'n ander loop laat opsit. Maar selfs met die nuwe loop skiet ek nou hoofsaaklik 150gr koe?ls en het al baie koedoes, gemsbok en blouwildebees geskiet. As jy 'n ordentlike koe?l gebruik het jy nie 'n 180 greiner nodig nie. Dis 'n mite dat die .30-06 sy beste werk net met 180gr koe?ls doen. Jy gaan waarskynlik nie meer snelheid kry nie maar probeer gerus ander doppe as PMP vir beter akkuraatheid. As jy hoofsaaklik bosveld skiet is 24mm groeperings OK en as jy weet waar jou geweer skiet is die val na 200m ook nie 'n probleem nie.
Groetnis
Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!
Posted: Fri Jul 22, 2011 12:10 pm
by Danie Lombard .243
Hallo Cobus
Aai mens, dit is darem nie lekker as mens se geweer nie wil groepeer nie. Ek het dieselfde probleem ondervind met 'n jag vereniging tak maat vriend van my, ook met 30-06 en Claw punte, hy wou die 150 gr (as ek die gewig reg kan onthou) punte laai vir sy 30-06. Ek het alles probeer, TPL langer, korter, meer kruit, minder kruit, S365, S335, S341, die kant toe, daai kant toe, self ander tiepes doppe en primers gebruik, ek was naderhand G vol geskiet. Het begin dink dit is 'n dit geweer. Na 'n lang dag gaan haal ek 180gr Sierra Game King punte uit my kas, laai hulle en met 2de groep wat ek skiet kry ek SUB MOA groepe.
Of die Claw punte nie akkuraat is nie weet ek nie, wat ek wel kan se, my maat se 30-06 hou niks van Claw nie. Wat ek wel weet is dat Claw 'n uitstekende jag punt is en baie mooi mushroom soos verlang word vir jag doel. Baie sterk punte.
Hoop tog jy kom reg.
Danie
Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!
Posted: Fri Jul 22, 2011 12:17 pm
by Beyers
Cobus
Ek is ook maar een van daai manne wat dom is so sukkel ek maar voort. Kry net ander koeels ( voordat Gerard my op die vingers tik). 'n Mens wil altyd snoep wees met die koeels, maar koop die beste wat jy kan bekostig. Dis mos vir jou jaggeweer, jy gaan dus nie 100de in 'n jaar skiet nie.
Beyers
Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!
Posted: Fri Jul 22, 2011 12:19 pm
by 3006
Dankie vir die terugvoer manne.
Ek sal maar ander punte soos Hornady of Sierra probeer vir eers. Koos kan jy dalk onthou wat se spoed jy min of meer gekry het net sodat ek kan vergelyk asb.
Cobus
Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!
Posted: Fri Jul 22, 2011 1:25 pm
by Jagtersdok
3006
Dis nou half teen my beginsels om te help met die kaliber, want almal weet hoe ek oor hom voel, maar aangesien jy jou polse al wil af kou sal ek jou help/

Ek terg net.
Eerste ding ek weet nie of die man met die Quickload dalk extra files het nie, maar ek het nie Claw Bullets op myne nie, tensy hy die dimensies gaan meet het en in gelees het. Ek persoonlik is nie gek oor die goed nie, het al te veel gehoor van manne wat nie die goed kon laat group nie. Nee wat jy hoef glad nie oor te gaan na S355 toe met die 165gr Koele nie, S365 werk baie mooi. Maar jou spoed 2550ft/sec is baie baie te laag.
Vat nou daai Claws en gee dit vir jou kinders om mee te speel of gee dit vir 'n pel met 308, daai goed kan jy klippe voer en hulle skiet nog akuraad.
Gaan Koop vir jou Nosler Accubond 165gr Koele
Jaag spoed van 2810ft/sec ( dit behoort hier by 57.3gr S365 te wees)
Onthou begin laer en werk veilig en stadig op
TPL 84mm
As jy die spoed behaal het begin rond speel met TPL 0.25mm inkrimente
En daar is jy gou gou sal jy Sub MOA groepe op 100m skiet
Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!
Posted: Fri Jul 22, 2011 2:47 pm
by Koos Barnard
.3006
Met die ou loop kon ek met geen koe?ls 2600vps haal nie. Terloops, in die nuwe loop skiet ek Nosler se 150gr Accubonds as ek jag en die 150gr Ballistic Tip vir oefen en kleinwild as ek nie worry oor vleisskade nie. Die Accubonds gee nie noodwendig vreeslik minder vleisskade nie maar hulle penetreer goed genoeg om 'n koedoebul om te keer. Soos die manne s?, jy kan egter nie verkeerd gaan met 165s nie en my aanbeveling is om by die Accubonds te hou, nie die Hornadys nie.
Nou moet ek eers Jagtersdok se been trek. Daar langs die vuur op Geelhout s? jy vir my elke tweede p*#hol het 'n .30-06. Maar kom jy in sekere dele van ons land sien jy ELKE p*#hol het 'n .243 of .270 (gaan kuier 'n bietjie in Duitswes en sekere dele van die Karoo dan sal jy sien wat ek bedoel)

. O ja, ek besit ook 'n .243 so ons is in dieselfde bootjie

Groetnis
Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!
Posted: Fri Jul 22, 2011 2:50 pm
by Jagtersdok
Ja ja oom Koos dis waar.
Die verskil is baie van die jappies met die 30 06 weet nie hoe om die goed eers te dryf nie, maar dit is die Alpha en Omega, maar jy ken my ek help maar altyd hehehe
Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!
Posted: Fri Jul 22, 2011 2:54 pm
by tripodmvr
My 30-06 Ruger No. 1A het ook 22 duim loop. Ek het nou onlangs 'n jong elandbul met 150gr Barnes X platgetrek. Die skiet ek teen 2775vps met 1 dm groepe op 100m. Ek sukkel ook om vinniger spoed te kry. PMP 180gr fabrieks ammunisie gee so 2620vps en groepeer nie wonderlik nie.
Ek het nou die laer spoed aanvaar en sal die' geweer met 150gr koe?ls laai vir jag in die bos.
Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!
Posted: Fri Jul 22, 2011 3:04 pm
by Jagtersdok
Die pyn is daai kort lopies wat julle menne het

Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!
Posted: Fri Jul 22, 2011 6:00 pm
by tripodmvr
Jagtersdok wrote:
Die pyn is daai kort lopies wat julle menne het
Maar hy jag nog steeds lekker in die bos!!!!!!!
Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!
Posted: Fri Jul 22, 2011 6:27 pm
by tafjak
Koos
O ja, ek besit ook 'n .243 so ons is in dieselfde bootjie
..........ek hoop dit is 'n groot bootjie(so tipe Titanic-size), want 'n klomp manne moet in hom pas as ek die 30-06'e, 270's en 243manne so om my bekyk. Behoort in elk geval die boot met die meeste manne in h?, die res kan in rubberducks ronddryf.
Mooiloop
Ps. Ek wonder hoeveel manne het ten minste 2 van die 3? Moet iets ysliks wees.
Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!
Posted: Fri Jul 22, 2011 7:27 pm
by 3006
Dankie aan almal.
Ja dit is seker my straf omdat altyd gesweer het ek sal nooit n "kwes koop nie" Ek sal maar vir my Noslers gaan koop en weer probeer met Lot 063. Die Claws wil ook nie so lekker op my .308 werk nie "vlieg soos n baksteen" maar ek moet erken hulle breek nie op nie.Jou lading van 57.3g is baie naby aan n ander Oom se voorstel.
Ja die ou 22" duim lopie is maar kort maar wat n fees om heeldag met n ligte geweer rond te loop. Tot so 2 jaar gelede het ek daai 308 met beesboud kolf en al rondgedra en glo my jy weet dit teen die aand se kant.
Weereens dankie en ek sal julle terugvoering gee.
Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!
Posted: Fri Jul 22, 2011 8:03 pm
by Beretta
3006
Iemand vertel my nou die dag hulle het gaan jag ek het ook al gesien daar was n verskydenhied gewere op die jag.3006,270,375, en 243 hy stap toe by die karkasse wat daar hang van die bokke en kan jy glo nie een bok het gekla nie.

so ek weet nie

Groete
Beretta
Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!
Posted: Fri Jul 22, 2011 8:46 pm
by Danie Lombard .243
AHOOI SHIP MATES SHIWWER ME TIMBERS AND RATTLE ME BONES ARRR!!!
Is daar nog plek op die skip vir nog 'n .243 PO***OL asb? Ek soek asb nie 'n cabin op die 30-06 vloer nie groot asb. Ek sal liewers op die dek wil wees saam die .243 en .270 PO***OLLE
Ou Jag dok Ek saatn reg agter jou t.o.v. jou siening oor die 30-06 Ek kry net nie vat plek aan die kettie, niks fout met die 30-06 nie, ek laaaaaaaik hom net nie. SOWWIE OUENS, moet nie vir my en Jag dok kiel haal nie groot asb.
O JA voor ekke vergeet, in TITANIC land skeit die rubber ducks.
Danie PO***OL .243

LOL! LMGA!!
Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!
Posted: Sat Jul 23, 2011 8:28 am
by 3006
Dag se
Ek hoor julle "doughnut manne" lol, oor die ou kwes. Soos ek al gese het ek was maar skepties oor die kwes en hy gee nog bietjie kopseer maar die 7 keer wat ek al gaan jag het met hom was daar nog nie een maal teruggepraat deur die ou platneuse in die mielies nie. Hy tel hulle net op, dop hulle om en dan is dit tjoepstil. Die probleem met groepe is dat ek eers Rolls Royce gery het (.308 RSA) en nou verwag ek dieselfde van my Beetle.
Gelukkig is daar n ou Samaritaan of 2 vir ouens wat sukkel met n kwes.
Cobus
Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!
Posted: Sat Jul 23, 2011 7:47 pm
by blaser
ek wonder watter kaliber se patrone verkoop die meeste in sa
Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!
Posted: Sun Jul 24, 2011 7:39 am
by 300Winmag
remington wrote:
ek wonder watter kaliber se patrone verkoop die meeste in sa
30-06 natuurlik!!!
Daar is nie juis meer 30-06 gewere nie - die ouens het net meer 3006 patrone
wat nodig.

Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!
Posted: Sun Jul 24, 2011 8:50 am
by blaser
nooit
Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!
Posted: Sun Jul 24, 2011 8:30 pm
by DWB
Julle klomp wat so spot met die nulkwesse ry seker almal landrovers en wil ook maar net jul frustrasies op ander uithaal

Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!
Posted: Sun Jul 24, 2011 11:24 pm
by ablm468
3006
Ek hert self slegte ondervinding gerhad met Claw, ek skiet al 20 jaar met 3006, het al die jare voor ek van beter geweet het met gewone 180gr pmp's honderde bokke dood geskiet, het daarna oorgeslaan na Pro amm met baie goeie resulytate. |Ek skiet ook met Noslers en Hornady se Interlocks. Almal goeie punte.
Ek gebruik s365 50.5gr gee my so 2650fps in my Bruno. Die geweer is soos my sielsgenaat my eerste geweer wat ek kon bekostig, skiet al 20 jaar met hom. Ek het goeie groepering met al die genoemde punte gekry behalwe met die claws, dis is waar jou moeilikheid is. ek weet hier is paar amnne op die forum wat hulle laaik, good for them, ek sal nie weer koop nie. Hulle is in my opinie ook te sag.
Bly by die goeie bekende name, daar is niks fout met jou ladings nie, met die geweer nog minder. Kies vir jou die punt wat werk en stick by hom ou maat, en oefen met hom. Dit is al hoe jy jou vertroue in die geweer weer gaan herstel, oefen oefen oefen.
Sterkte
Hoop jy kom reg.
Hansman
Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!
Posted: Sun Jul 24, 2011 11:50 pm
by fanie17
3006
Het jy al jou loop se twist gemeet.Miskien moet jy Rhinos wat langer is probeer,het nog altyd gekry dat n 3006 hulle mooi stabiliseer
Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!
Posted: Mon Jul 25, 2011 9:00 am
by 3006
More
My loop se twist is 1:10 dus 165g en swaarder behoort te werk. Ek kry net nie enige 165g Noslers tans te koop in JHB nie. Dalk moet ek maar Hornady se Interlocks probeer. Een ding wat ek besef is dat sonder n chrony gaan ek baie sukkel, so ek sal moet plan maak.
Groete
Re: 3006 kwes kopseeeeeer!!!
Posted: Mon Jul 25, 2011 12:01 pm
by Jagtersdok
Safari Outdoor het Nosler in vooraad