Page 1 of 2

Kolf Ontwerp - Done

Posted: Mon Sep 19, 2016 9:12 am
by LoopSoosStroop
Kolf.jpg
Vir my Howa LA.

Kan sover stel vir LOP en hoogte en hoek van recoil pad. Wangstuk stel ook op en af. Gebruik enige AR tipe greep. Plate weerskante om alles toe te maak moet ek nog ontwerp.

Pyp onder kolf ontwerp om op sakkie te ry, en het 'n 10 grade hoek. Wat ek nie kan uitpluis nie is hoe die kolwe wat reguit is onder en agter reg werk met 'n sakkie? Hoe mik mens dan op en af sonder om die tweepoot te stel?

Ontwerp om in stukke gelasersny te word, sal dan aanmekaar sweis, bout etc.

Gewig is op die oomblik nie 'n beperking nie, ek hou nie van terugskop nie... ;D

Re: Kolf Ontwerp - Positiewe Kritiek Asb?

Posted: Mon Sep 19, 2016 9:19 am
by Jean Marais
Waaraan gaan jou hand vashou by die sneller

Re: Kolf Ontwerp - Positiewe Kritiek Asb?

Posted: Mon Sep 19, 2016 9:20 am
by Rasmus
Lyk lekker daai.

Jy verstel jou hoogte met die sandsakkie. Deur hom onder die "pyp" vorentoe of agtertoe te skuif.

Re: Kolf Ontwerp - Positiewe Kritiek Asb?

Posted: Mon Sep 19, 2016 9:21 am
by LoopSoosStroop
Plan is ook om self vir hom 'n magasyn te ontwerp. Dit sal seker die moeilike deel wees.

Kry mens kommersieële magasyne vir magnum doppe? Soos 7 mm RM en 300 WM? Seker 'n plaas se geld.

Kolf Ontwerp - Positiewe Kritiek Asb?

Posted: Mon Sep 19, 2016 9:22 am
by BandK
Jean Marais wrote:Waaraan gaan jou hand vashou by die sneller
Ek dink dit sal die "gebruik enige AR tipe greep" wees

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Kolf Ontwerp - Positiewe Kritiek Asb?

Posted: Mon Sep 19, 2016 9:23 am
by LoopSoosStroop
Rasmus wrote:Jy verstel jou hoogte met die sandsakkie. Deur hom onder die "pyp" vorentoe of agtertoe te skuif.
Ja, dis die plan.

Wat ek nie verstaan nie is hoe mens dit doen met sommige kolwe wat reguit (parallel met loop) is onder?

Re: Kolf Ontwerp - Positiewe Kritiek Asb?

Posted: Mon Sep 19, 2016 9:24 am
by Eugene
LoopSoosStroop wrote: Pyp onder kolf ontwerp om op sakkie te ry, en het 'n 10 grade hoek. Wat ek nie kan uitpluis nie is hoe die kolwe wat reguit is onder en agter reg werk met 'n sakkie? Hoe mik mens dan op en af sonder om die tweepoot te stel?
Dit gaan afhang van wat jy beoog met die geweer en watter tipe bi-pod jy gaan gebruik. As jy 'n Harris tipe bi-pod gebruik, sal jou ontwerp met die 10 grade 100% werk. Die ouens wat se kolwe onder reguit is, gebruik F-klas tipe bi-pods, wat nie vasskop nie en "slee-tipe" pootjies het, sodat hulle free recoil kan gebruik en die geweer reguit terugkom. Hulle skiet heeldag op 'n teiken wat se hoogte nie verskil nie en gebruik 'n ekstra plankie onder die rear rest vir hoogte saam met die bi-pod se verstelling.

Anders gebruik mens 'n sagter gestopte sandsakkie en beheer jy die hoogte deur die sakkie stywer te druk met jou ander hand en verder te skuif soos wat jy beoog met jou kolf.

Re: Kolf Ontwerp - Positiewe Kritiek Asb?

Posted: Mon Sep 19, 2016 9:28 am
by LoopSoosStroop
Dankie Eugene. Ek gaan 'n Harris gebruik so hierdie setup het meeste sin gemaak vir my.

Re: Kolf Ontwerp - Positiewe Kritiek Asb?

Posted: Mon Sep 19, 2016 9:35 am
by BandK
LoopSoosStroop wrote:Plan is ook om self vir hom 'n magasyn te ontwerp. Dit sal seker die moeilike deel wees.

Kry mens kommersieële magasyne vir magnum doppe? Soos 7 mm RM en 300 WM? Seker 'n plaas se geld.
Maak/verkoop Magpul nie magasyne wat sal werk nie. Daar is 'n paar ouens in SA wat magpul produkte invoer

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Kolf Ontwerp - Positiewe Kritiek Asb?

Posted: Mon Sep 19, 2016 9:45 am
by LoopSoosStroop
Nee wat, dis moer duur.

http://www.brownells.com/magazines/rifl ... &ksubmit=y

Dan maak ek eerder ene. Sal die Howa follower gebruik, dalk net 'n nuwe spring kry.

Re: Kolf Ontwerp - Positiewe Kritiek Asb?

Posted: Mon Sep 19, 2016 10:27 am
by LoopSoosStroop
BandK wrote:Maak/verkoop Magpul nie magasyne wat sal werk nie. Daar is 'n paar ouens in SA wat magpul produkte invoer
Ek het te vinnig gepraat. Hierdie sal werk:

http://www.brownells.com/magazines/rifl ... 86809.aspx

Re: Kolf Ontwerp - Positiewe Kritiek Asb?

Posted: Mon Sep 19, 2016 9:15 pm
by wlm
Skroefdraad van die recoilpad sal n locknut moet kry

Re: Kolf Ontwerp - Positiewe Kritiek Asb?

Posted: Mon Sep 19, 2016 9:56 pm
by LongWolf
Hoekom laat cnc jy nie jou design nie?

Aircraft grade alo!

Re: Kolf Ontwerp - Positiewe Kritiek Asb?

Posted: Tue Sep 20, 2016 7:14 am
by Aceofspades
Ek dink die 7075 billet gaan so paar rand ekstra wees in vergelyking met die lasersny uit 'n plaat. Die milling self gaan ook duurder uitwerk as lasersny. Maar dit gaan lekker solied wees en moooose mooi lyk.
Kriek

Re: Kolf Ontwerp - Positiewe Kritiek Asb?

Posted: Tue Sep 20, 2016 8:08 am
by LoopSoosStroop
wlm wrote:Skroefdraad van die recoilpad Sal n lockout most kry
Yes, ek gaan 'n M10 grub screw in die een sy van die M20 moer sit om hom te lock.

Re: Kolf Ontwerp - Positiewe Kritiek Asb?

Posted: Tue Sep 20, 2016 8:11 am
by LoopSoosStroop
LongWolf wrote:Hoekom laat cnc jy nie jou design nie?

Aircraft grade alo!
Want dit is nie 'n vliegtuig nie? ++>:
Aceofspads wrote:Ek dink die 7075 billet gaan so paar rand ekstra wees in vergelyking met die lasersny uit 'n plaat. Die milling self gaan ook duurder uitwerk as lasersny. Maar dit gaan lekker solied wees en moooose mooi lyk.

Kriek
Jip, ek maak dit vir myself, en ek wil kostes so laag as moontlik hou. Op die oomblik skat ek gaan hy my so R700-800 kos.

CNC milling en Alu is moer duur, en ek het geen ervaring daarmee nie. Lasersny is ek wel baie vertroud mee.

Re: Kolf Ontwerp - Positiewe Kritiek Asb?

Posted: Tue Sep 20, 2016 9:43 am
by Monster
Met een bout wat die skouer stuk vas hou kan die stuk moontlik draai of los kom. Geruik miskien twee boute?

Re: Kolf Ontwerp - Positiewe Kritiek Asb?

Posted: Tue Sep 20, 2016 10:27 am
by LoopSoosStroop
Monster wrote:Met een bout wat die skouer stuk vas hou kan die stuk moontlik draai of los kom. Geruik miskien twee boute?
Dan sal ek hom nie meer kan roteer nie?

Die M20 moer is in die voorste deel van die kolf vasgeweis, so die skouer stuk draai in hom in met die M20 stud.

Re: Kolf Ontwerp - Positiewe Kritiek Asb?

Posted: Wed Sep 21, 2016 6:43 am
by LongWolf
LoopSoosStroop wrote:
LongWolf wrote:Hoekom laat cnc jy nie jou design nie?

Aircraft grade alo!
Want dit is nie 'n vliegtuig nie? ++>:
Aceofspads wrote:Ek dink die 7075 billet gaan so paar rand ekstra wees in vergelyking met die lasersny uit 'n plaat. Die milling self gaan ook duurder uitwerk as lasersny. Maar dit gaan lekker solied wees en moooose mooi lyk.

Kriek
Jip, ek maak dit vir myself, en ek wil kostes so laag as moontlik hou. Op die oomblik skat ek gaan hy my so R700-800 kos.

CNC milling en Alu is moer duur, en ek het geen ervaring daarmee nie. Lasersny is ek wel baie vertroud mee.

Ek hoor jou, en dit gaan maar altyd oor die sente in n man se sak, maar dit sal darm blikiesdam mooi wees.

Re: Kolf Ontwerp - Positiewe Kritiek Asb?

Posted: Tue Sep 27, 2016 10:29 pm
by LoopSoosStroop
Vordering:
Kolf1.jpg
Kolf2.jpg
Magasyn gaan nog 'n rukkie vat. Iemand nie 'n ou Lee Enfield magasyn wat rondlê nie? Benodig die spring.

Re: Kolf Ontwerp - Positiewe Kritiek Asb?

Posted: Thu Oct 20, 2016 7:45 am
by LoopSoosStroop
WP_20161019_21_47_52_Pro.jpg
WP_20161019_21_47_21_Pro.jpg
WP_20161019_21_47_43_Pro.jpg

Re: Kolf Ontwerp - Positiewe Kritiek Asb?

Posted: Thu Oct 20, 2016 7:47 am
by LoopSoosStroop
WP_20161019_21_45_05_Pro.jpg
WP_20161019_21_48_37_Pro.jpg
IMG-20161019-WA0001.jpg

Re: Kolf Ontwerp - Positiewe Kritiek Asb?

Posted: Thu Oct 20, 2016 7:53 am
by LoopSoosStroop
Sal hom vanaand pak, en dan die naweek gaan test drive.

Re: Kolf Ontwerp - Positiewe Kritiek Asb?

Posted: Thu Oct 20, 2016 7:56 am
by JacoW
Baie netjies, geluk man.

Altyd lekker om te sien as iemand n idee werklikheid maak.

Re: Kolf Ontwerp - Amper klaar

Posted: Thu Oct 20, 2016 8:01 am
by LoopSoosStroop
Weet iemand wat is die gewigs beperking vir F-klas?