Page 1 of 2

Inligting 338 kaliber

Posted: Fri Jul 22, 2011 12:02 am
by Kalahari
Naand almal

Nie dat ek nou sleg voel nie :-\, maar ek wou nie 'n nuwe topic begin nie, maar niemand het seker die possie van my raakgelees op ander topic nie.
Nou moes ek maar julle aandag op ander manier probeer trek ;).
Ek sal self ook nog met my gebrekkige kennis die net probeer raadpleeg, maar enige insette en van die manne wat weet van die kaliber sal waardeer word.

Baie dankie
Kalahari

Naand manne

Ek het laasweek 'n paar manne van Kathu se wereld hier by my gehad wat paar gemsbokke geskiet het. Die een roer wat hulle gebruik het was 338 win mag (ruger hawkeye s/s dink ek). Die kaliber fasineer my nou heelwat.

Ek sien Wouter praat van terminator opsit. Die man het my 22.250 gesien met kd op en gevra of hy ook kd op 338 kan sit, ek kon hom nie met sekerheid antwoord nie, is dit so en wat sal die gewenste wees kd of b/b? Die roer het wel b/b op en my ore suis nou nog . Feit is, die bokke is al paar maal hierdie winter gejag en was maar redelik wild en ver gewees, maar die 338 kon nog mooi tot op 350m bykom en die bok omdop met nekskoot met 200gr hornady punt (weet nie watter een nie).
Moeilik om te se wat die spoed en lading sou wees, vir my gelyk soos fabrieks ammo. Wat is die spoed ens wat mens kan kry met 200ge punt? Rede: daar is weer iewers 'n plek wat ek voel gaan begin jeuk en in die nabye toekoms gekrap sal moet word

Wat is die "range" van punt se gewigte, harris 30-06 praat ook van 160gr.

Nou voor ek te veel praat, ek wil asseblief hoor wat julle se en sou aanbeveel vir kalahari duinejag op gemsbokke op die lang afstande.
Dankie
Kalahari

Re: Inligting 338 kaliber

Posted: Fri Jul 22, 2011 2:32 am
by .220 Swift
Kalahari

Ek kan jou nie veel van die ballistiek van die .338 WM kan vertel nie. Ek het myne aangeskaf gebasseer op die aanbeveling van 'n kenner - en was nog nooit spyt nie. Om saam te vat: dis 'n kaliber vir groot wild oor ver afstande. Dis nie vir buffels en olifante nie. Gelukkig is die spesies nie op my to-do list nie, so daar's nie 'n gemis nie.

Myne is 'n Browning met 'n BOSS op - lg maak 'n helse bang, so ek gebruik maar van die elektroniese gehoorbeskermers. Maar die BOSS werk mooi vir akkuraatheid.

Met 250 grein punte teen weet nie watse spoed nie, het ek die jaar 'n eland op 250 meter met een skoot platgetrek.

Jy sal nie 'n fout maak nie  ;)

.220 Swift

[img width=560 height=373]http://i975.photobucket.com/albums/ae23 ... G_4503.jpg[/img]

Re: Inligting 338 kaliber

Posted: Fri Jul 22, 2011 9:17 am
by James Wilson
ek het destyds toe ek nog besluit het watse kaliber ek wil he vir my pasmaak geweer projek, die 338 sterk oorweeg.  dit is werklik n geweer wat nie sukkel nie. die geweer slaan hard oor ver afstande, sy ammo is baie geredelik beskikbaar en so ook herlaai komponente.  wat ek wel ook agtergekom het is dat as ek n 338 koop, kan ek maar netsowel n 375 koop en die nuwerwetse ligter(200 en 250grn) punte gebruik.  nou moet ek dadelik by se dat ek nog nooit met n 338 geskiet het nie, maar sy recoil is glo legendaries. destyds het ek met n paar geweersmits en handelaars gepraat, en ek onthou dat hulle almal melding gemaak het van die recoil. ek het nou al n paar keer met n 375 geskiet en ek moet se sy recoil is vir my heel aanvaarbaar. die 338 outperform n 300mag, maar nie genoeg nie(in my opinie). ek daarom destyd op die 300mag besluit. na al die navrae wat ekdestyds gedoen het moet ek se die 338 manne is baie lief vir hul gewere.  my opinie is dat n 338 nie vir jou gewone jagters is nie. dis n geweer met n doel en hy vra nie omverskoning daaroor nie.

Re: Inligting 338 kaliber

Posted: Fri Jul 22, 2011 12:16 pm
by Wouter Roets
Kalahari

Skuus ou maat dat jy so baie moeite moet doen om n antwoord te kry.

Die koeels vir die 338 begin basies by 160gr en eindig by 300gr. n 200gr kan met redelike gemak teen 3000ft/sek uit n 24 duim loop gelanseer word. Soos ek voorheen gese het dat die 338 WM baie oorgesien word agv die 375. Dit is jammer want dit is voorwaar n fantastiese kaliber. Meeste mense settelle op die 375 en gebruik hom dan op gebiede waar die 338 beter sou gewerk het. Indien nie geloop word met die geweer nie of as dit oop is daar waar jy loop werk n silenser uitstekend. Ek het n Terminator op my 338 en hy werk goed. Die geweer het ook n Pacmayer decelerator en kwikstaaf in. Hy het dit maar nodig en dit is nie om dowe neute gedoen nie. Hulle skop maar. Ek is nie mal oor mazzule breakers nie al is hulle baie effektief. Premuim koeels is ook aan die orde van die dag met hierdie kaliber.

Groetnis
Wouter

Re: Inligting 338 kaliber

Posted: Fri Jul 22, 2011 2:51 pm
by Kalahari
Middag manne

Baie dankie vir elkeen se stukkie inligting en raad. Ek waardeer.

220 -- ek wonder maar net oor daardie recoil van die 338, ek glo dat indien ek 1 sou aanskaf in die toekoms sal dit seker maar 'n silencer moet opkry. (My tanne is reeds aan die slegkant en kan dalk skade ly ;D. Buffels en olifante is gelukkig nie op my lysie nie, maar dalk die eland en so iets dergliks vorentoe in die toekoms.

Jagbehep -- ek het self ook nog nie met 338 geskiet nie, dalk moet ek eers 1 skiet en dan weer dink oor die saak :-\. Man jeuk mos maar eers redelike tyd tot jy iets gesien werk het en besluit dan of die krap die moeite werd geaan wees.

Wouter -- alles reg, ek werk baie hard aan my geduld :angel:, en die ou bietjie wag was nie moeite gewees om antwoord te kry nie. As jy sou kon vergelyk, die recoil van jou 338 met die kwikstaaf, decelerator en die terminator. Waarmee sal jy dit kan vergelyk? Enige kaliber sonder al die "goodies" om recoil te verminder, bv 30-06, 243, 223 of wat ookal soortgelyke recoil het.
Die 375 is bietjie oordadig vir my op die stadium, dalk as ek meer bosveld ens gejag het, maar hier by my en ander moontlike jagplekke BAIE OOP, die afstande raak al hoe verder elke jaar, so die koeelbaan sal ook so plat moontlik moet wees. Ek sal maar ook se dat ek skiet en jag nie, soos onder 'n ander post op die forum oor Kalahari-jag.

Baie dankie

Kalahari

Re: Inligting 338 kaliber

Posted: Fri Jul 22, 2011 3:51 pm
by Wouter Roets
Kalahari

Met al daai goed sal ek se in die orde van n 30-06 met 220 greiners. Dit is nie n kaliber vir beginners nie maar as jy eers gewoond is aan die terugskop dan is dit geen probleem.

Groetnis
Wout

Re: Inligting 338 kaliber

Posted: Fri Jul 22, 2011 4:00 pm
by Kalahari
Wouter

Baie dankie, ek sal nog die lus bietjie probeer beteul en meer navorsing doen en kyk of ek dalk iewers die roer geskiet kan kry.

Kalahari

Re: Inligting 338 kaliber

Posted: Fri Jul 22, 2011 4:21 pm
by .220 Swift
Die 338 se terugskop....op die skietbaan weet ek daarvan, in die jagveld nie.

Die Browning van my se enigste fieterjasie is die BOSS - wat deel is van die Browning standaard vir die kaliber. Dis 'n ligte geweer met 'n sintetiese kolf en 'n standaard recoil pad. Ek het niks gedoen om die recoil te minimaliseer nie en ja, ivm met my swift wat baie swaarder weeg en inherent geen noemenswaardige recoil het nie, is die .338 se skop 'n bietjie van 'n kultuurskok!

Veral met swaarder greiners.

Wat 'n baie groter issue vir my is, is die "bang". Daai BOSS het iets daarmee te doen. (Dit lyk soos 'n G5 wat skiet - dis net stof en blare wat spat!) Ek wil nie die BOSS afhaal nie, want dit maak 'n verskil aan die akkuraatheid. Ordentlike gehoorbeskermers moet eintlik deel van die pakket wees.

Ek weet nie of die post skoot tinitus vir alle .338's geld nie - dit doen wel vir myne.

Kry maar vir jou 'n mouthguard vir jou tanne  ;D

Re: Inligting 338 kaliber

Posted: Fri Jul 22, 2011 6:40 pm
by Kalahari
220

Dankie man, ek sal maar die tandarts gaan sien vir die pasmaak mondstuk ;)
Indien ek eendag die roer koop sal ek def maar die silencer ens baie sterk oorweeg.
En die roer sal maar redelik swaar moet wees.

Re: Inligting 338 kaliber

Posted: Fri Jul 22, 2011 7:51 pm
by Frikjordaan
Ons het ook 'n 338 Win
Winchester 70 aksie met 'n  Palma profiel Badger Match Grade 26" loop en knaldemper
Nie eindelik gebou vir saamdra nie maar van die bakkie  ....will smiley insit maar te rekenaar ongeletterd
gebruik 250 grein Hornady maar hulle breekop,  Destyds goedkoop gekoop R115 per 100.

Gebruik nou beter punte en 250 - 300 maak hy gemsbok plat

Het nie juis probleem met terugskop nie, geweer lekker swaar en knaldemper werk

Lekker kaliber vir v?rskiet, en indie berg wil jy h? die bok moet val waar hy staan want as hy hardloop is dit nag   

Groete Frik

Re: Inligting 338 kaliber

Posted: Fri Jul 22, 2011 8:44 pm
by Kalahari
Frik

Dankie vir jou inset, sien, daar se jy dit ook. Die geweer moet swaar wees en dan knaldemper op he. My vleis is bietjie aan die dun kant, so ek keer maar vir die skouer. Die dat ek al die vrae vra. ;).

As jy smiley wil he, laat staan maar net die "cursor" op die plek wat jy wil insit en regskliek dan met die muis op die smiley of wat ookal wil insit. Die smiley gaan nie op jou geskrewe gedeelte wys nie, maar as jy die post gaan lees na die tyd sal dit sien.

Kalahari

Re: Inligting 338 kaliber

Posted: Fri Jul 22, 2011 8:59 pm
by JOHANNIC
Kalahari
As jy van n bank af skiet sal jy dit glad nie geniet nie,ek het my 338 Ruger verkoop omdat ek later tot met my windbuks  geflinch het ;D ;D ;D
Die Ruger is hopeloos te lig(kolf) dit is lekker om koedoes mee te jag in klowe waar jy baie stap en in die hardloop moet skiet dan weet jy nie van die skop nie maar gaan sit nou stil teen n boom en skiet dan skop die jou weer bewusteloos ;D

Re: Inligting 338 kaliber

Posted: Sat Jul 23, 2011 12:02 am
by Kalahari
JOHANNIC

Nou hoe gaan man dan maak as jy herlaai en die ladings moet getoets word ???. Of skiet man net fabrieks ammo van die kaliber?
Die ruger wat ek gesien het het ek nie self hanteer nie, maar die kolfie het maar redelik dun en lig gelyk.
Ek skiet van bakkie af en is seker maar net so goed soos bankskiet, so ek def 'n plan moet he as ek daai roer wil hanteer.

Manne hoe ondervind julle die 338 se akkuraatheid oor die algemeen, ek weet sommige sal beter wees as ander, maar net 'n goeie gemiddeld sal ook doen.

Kalahari

Re: Inligting 338 kaliber

Posted: Sat Jul 23, 2011 12:10 am
by Penkop
As ek sommer so van die kantlyn 'n klip mag ingooi:

Wat van die 338 Lapua en 338 Remington Ultra Mag?

Win mag = 375 dop wat afgenek is
Lapua = 416 Rigby dop wat afgenek is
Rem Ultra = 404 Jeffery dop wat afgenek is

Wat is jul opinies oor die 2 laasgenoemdes?
Hierdie 3 kalibers maal seker vleis op naby afstande? Watse is geskik?
Win Mag is seker die goedkoopste om te skiet van die 3?

Groete

Re: Inligting 338 kaliber

Posted: Sat Jul 23, 2011 1:13 pm
by Arnold
Ek is besig om 'n alternatief te ondersoek en dit lyk goed.
Die .338-375 Ruger  ;D Dit is die 375 Ruger dop afgenek na 338. (338 Campfire)

Hierdie outjie behoort met 'n 26" loop 'n 300gr teen so 2500 fps te kan lanseer en 'n 250gr teen so 2730 fps.
Ek wag nou net vir Berger se nuwe 338 Hybrid koeels in 250 en 300gr  ;D

Re: Inligting 338 kaliber

Posted: Sat Jul 23, 2011 4:30 pm
by JOHANNIC
Kalahari
My 338 wou glad nie goed groep met fabrieks ammo,ek het n 100 van die Winchester Failsafe(met die blink)  ;D doppe gekoop(lyk nice ;D)maar skiet k@@@@k.
Ek het hulle gelaai met 200gr Hornady Interlocks en 250gr Sierras wat redelik maklik met n 6x vergroting onder n duim gegroep het.
Ek kon ook n Gong wat op 550m op ons Wynland baan is maklik raakskiet(as jy eers die regte mikpunt)gekry het ;) Die 338 is verseker akuraat ;)

Ek het n stuk spons uit my Stormcase gesny dis mos harde dik spons en op my skouer vasgemaak waneer ek ladings getoets het en dit werk so op n manier maar waneer jy so 5x 5skoot lading geskiet het van n bank af dan gaan huil jy eers so op jou eie daar om n hoek... ;D

Re: Inligting 338 kaliber

Posted: Sat Jul 23, 2011 4:54 pm
by .::Alwyn-U::.
Wouter Roets wrote: Die geweer het ook n Pacmayer decelerator en kwikstaaf in. Hy het dit maar nodig en dit is nie om dowe neute gedoen nie.
Wouter ou maat, wat is hierdie goed wat jy hier noem?  Ek is self 'n 375 man ;D ek het maar net 'n limbsaver op myne...

Net om by te se, ek stem saam as jy nie te veel voet werk doen nie dan kan 'n terminator mooi werk!

Groete

Re: Inligting 338 kaliber

Posted: Sat Jul 23, 2011 5:49 pm
by Beretta
Alwyn u
Die ander naam vir limb saver is n sissy pad

Re: Inligting 338 kaliber

Posted: Sat Jul 23, 2011 6:05 pm
by Christo
Beretta wrote: Alwyn u
Die ander naam vir limb saver is n sissy pad



Kan ek 'n tweeling een kry vir my 243, ek's al bang vir hom.  ;D ;D

Re: Inligting 338 kaliber

Posted: Sat Jul 23, 2011 6:24 pm
by .::Alwyn-U::.
Beretta / Christo

Julle al2 se gatte hoor! :angel:

Groete

Re: Inligting 338 kaliber

Posted: Sat Jul 23, 2011 6:26 pm
by JOHANNIC
;D ;D ;D

Re: Inligting 338 kaliber

Posted: Sat Jul 23, 2011 8:57 pm
by Kalahari
JOHANNIC

Dankie, so die roere kan akuraat wees. Man wil net nie onnodig pyn nie, dit moet darem die moeite werd wees, en as dit net een skoot is en die bok val is dit mos genoeg vir die dag ;) Ek reken ook maar om die 200gr te gebruik sou ek die roer aanskaf, maar dit is te vroeg om nou al so 'n besluit te neem.

Res van die manne: geen kommentaar  ;D

Kalahari

Re: Inligting 338 kaliber

Posted: Sat Jul 23, 2011 10:29 pm
by Christo
Kalahari wrote:
Res van die manne: geen kommentaar  ;D

Kalahari

Die gekry op Chuch Hawks se website. Hy s? dat als meer as 15 recoil energy en 10 recoilspoed te veel is. Kyk waar trek die 338's

Hier is die link ook.
http://www.chuckhawks.com/recoil_table.htm

The recoil energy and recoil velocity figures are taken from various sources including the recoil nomograph in the Handloader's Digest 8th Edition, various online recoil calculators, the Remington Shoot! program or calculated from the formula given in the Lyman Reloading Handbook, 43rd Edition.

For an expanded version of this table showing more calibers and loads including British, European, wildcat, obsolescent American and proprietary calibers, see the "Expanded Rifle Recoil Table" on the Tables, Charts and Lists Page.




Cartridge (Wb@MV) Rifle Weight Recoil energy Recoil velocity
.17 HMR (17 at 2550) 7.5 0.2 n/a
.17 Rem. (25 at 4000) 8.5 1.6 3.5
.204 Ruger (33 at 4225) 8.5 2.6 4.4
.218 Bee (45 at 2800) 8.5 1.3 3.1
.22 LR (40 at 1165) 4.0 0.2 n/a
.22 WMR (40 at 1910) 6.75 0.4 n/a
.22 Hornet (45 at 2800) 7.5 1.3 3.3
.22 PPC (52 at 3300) 8.5 3.0 4.8
.221 Fireball (50 at 3000) 8.5 1.8 3.7
.222 Rem. (50 at 3200) 7.5 3.0 5.1
.223 Rem. (45 at 3500) 8.5 2.6 4.5
.223 Rem. (55 at 3200) 8.0 3.2 5.1
.223 Rem. (62 at 3025) 7.0 3.9 6.0
.22-250 Rem. (55 at 3600) 8.5 4.7 6.0
.22-250 Rem. (60 at 3500) 12.5 3.1 4.0
.220 Swift (50 at 3900) 10.5 3.7 4.8
.220 Swift (55 at 3800) 8.5 5.3 6.4
.223 WSSM (55 at 3850) 7.5 6.4 7.4
6mm PPC (85 at 2800) 7.5 5.3 n/a
.243 Win. (75 at 3400) 8.5 7.2 7.4
.243 Win. (95 at 3100) 7.25 11.0 9.9
.243 Win. (100 at 2960) 7.5 8.8 8.7
6mm Rem. (100 at 3100) 8.0 10.0 9.0
.243 WSSM (100 at 3100) 7.5 10.1 9.3
.240 Wby. Mag. (100 at 3406) 8.0 17.9 n/a
.25-20 Win. (86 at 1460) 6.5 1.3 3.5
.25-35 Win. (117 at 2230) 6.5 7.0 8.3
.250 Savage (100 at 2900) 7.5 7.8 8.2
.257 Roberts (100 at 3000) 7.5 9.3 8.9
.257 Roberts (120 at 2800) 8.0 10.7 9.3
.25 WSSM (120 at 2990) 7.25 13.8 11.1
.25-06 Rem. (100 at 3230) 8.0 11.0 9.4
.25-06 Rem. (120 at 3000) 8.0 12.5 10.0
.257 Wby. Mag. (100 at 3602) 9.25 15.8 10.5
.257 Wby. Mag. (115 at 3433) 9.25 17.7 11.1
.257 Wby. Mag. (120 at 3300) 9.25 15.1 10.3
6.5mm Grendel (120 at 2600) 7.5 8.9 8.8
6.5x55 Swede (129 at 2700) 8.0 12.5 10.0
6.5x55 Swede (140 at 2650) 9.0 10.6 8.7
.260 Rem. (120 at 2860) 7.5 13.0 10.6
.260 Rem. (140 at 2750) 8.25 11.9 9.7
6.5mm-284 Norma (140 at 2920) 8.0 14.7 10.9
6.5mm Rem. Mag. (120 at 3100) 8.0 13.1 10.3
6.5mm Rem. Mag. (140 at 2900) 8.5 13.9 10.3
6.5x68 S (140 at 2990) 8.5 16.8 11.3
.264 Win. Mag. (140 at 3200) 8.5 19.2 12.1
6.8mm Rem. SPC (115 at 2625) 7.5 8.0 8.3
.270 Win. (130 at 3140) 8.0 16.5 n/a
.270 Win. (140 at 3000) 8.0 17.1 11.7
.270 Win. (150 at 2900) 8.0 17.0 11.7
.270 WSM (130 at 3275) 8.0 18.7 12.3
.270 WSM (150 at 3000) 8.0 18.9 12.3
.270 Wby. Mag. (130 at 3375) 9.0 21.0 12.3
.270 Wby. Mag. (150 at 3000) 9.25 17.8 11.1
7-30 Waters (120 at 2700) 7.0 10.0 9.6
7x57 Mauser (139 at 2700) 8.75 11.7 9.3
7x57 Mauser (145 at 2725) 8.5 13.0 9.9
7x57 Mauser (160 at 2600) 8.0 14.3 n/a
7x57 Mauser (175 at 2500) 8.0 15.5 11.2
7mm-08 Rem. (120 at 3000) 7.5 12.1 10.2
7mm-08 Rem. (140 at 2860) 8.0 12.6 10.1
.284 Win (150 at 2860) 7.5 17.4 n/a
7x64 (154 at 2850) 8.0 17.9 n/a
.280 Rem. (140 at 3000) 8.0 17.2 11.8
.280 Rem. (150 at 2900) 8.0 17.4 11.8
.280 Rem. (160 at 2800) 8.0 17.0 11.7
7mm Rem. SAUM (160 at 2931) 8.0 21.5 13.2
7mm WSM (140 at 3200) 8.0 20.7 12.9
7mm WSM (160 at 3000) 8.0 21.9 13.3
7mm Rem. Mag. (139 at 3100) 9.0 19.3 11.8
7mm Rem. Mag. (150 at 3100) 8.5 19.2 12.1
7mm Rem. Mag. (160 at 2950) 9.0 20.3 12.0
7mm Rem. Mag. (175 at 2870) 9.0 21.7 12.5
7mm Wby. Mag. (140 at 3300) 9.25 19.5 11.7
7mm Wby. Mag. (160 at 3200) 9.0 25.6 13.5
7mm STW (160 at 3185) 8.5 27.9 14.6
7mm Ultra Mag. (140 at 3425) 8.5 25.3 n/a
7mm Ultra Mag. (160 at 3200) 8.5 29.4 n/a
.30 Carbine (110 at 1990) 7.0 3.5 5.7
.30-30 Win. (150 at 2400) 7.5 10.6 9.5
.30-30 Win. (160 at 2400) 7.5 12.7 10.5
.30-30 Win. (170 at 2200) 7.5 11.0 9.7
.30-40 Krag (180 at 2430) 8.0 16.6 n/a
.300 Sav. (150 at 2630) 7.5 14.8 n/a
.307 Win. (150 at 2600) 7.5 13.7 10.9
.308 Marlin Express (160 at 2660) 8.0 13.4 10.4
.308 Win. (150 at 2800) 7.5 15.8 11.7
.308 Win. (165 at 2700) 7.5 18.1 12.5
.308 Win. (180 at 2610) 8.0 17.5 11.9
.30-06 Spfd. (150 at 2910) 8.0 17.6 11.9
.30-06 Spfd. (165 at 2900) 8.0 20.1 12.7
.30-06 Spfd. (180 at 2700) 8.0 20.3 12.8
.300 Rem. SAUM (180 at 2960) 8.25 23.5 13.6
.300 WSM (150 at 3300) 8.25 22.5 13.3
.300 WSM (180 at 2970) 7.25 27.1 15.5
.300 WSM (180 at 2970) 8.25 23.8 13.6
.300 Win. Mag. (150 at 3320) 8.5 23.5 13.3
.300 Win. Mag. (165 at 3110) 8.0 26.2 14.5
.300 Win. Mag. (180 at 2960) 8.5 25.9 14.0
.300 Wby. Mag. (150 at 3400) 9.25 24.6 13.1
.300 Wby. Mag. (180 at 3240) 9.0 31.6 15.0
.300 Ultra Mag. (180 at 3230) 8.5 32.8 15.8
.30-378 Wby. Mag. (180 at 3300) 9.75 42.6 16.8
7.62x39 Soviet (125 at 2350) 7.0 6.9 8.0
7.62x54R Russian (150 at 2800) 9.0 13.1 9.7
7.62x54R Russian (174 at 2600) 9.0 15.0 10.4
7.65x53 Mauser (180 at 2500) 8.0 15.4 n/a
.303 British (150 at 2700) 7.5 14.2 11.0
.303 British (180 at 2420) 8.0 15.4 11.1
7.7x58 Jap (150 at 2700) 9.0 11.9 9.2
.32-20 Win. (100 at 1984) 6.5 3.3 n/a
.32 Spec. (170 at 2250) 7.0 12.2 10.6
8x57JS Mauser (150 at 2900) 8.0 17.1 11.7
8x57 Mauser (170 at 2400) 8.0 13.6 10.4
8x57JS Mauser (195 at 2500) 8.0 18.5 12.2
.325 WSM (180 at 3060) 7.5 33.1 16.9
.325 WSM (220 at 2840) 7.5 37.5 17.9
8x68S (150 at 3300) 8.5 25.3 13.9
8x68S (200 at 2950) 9.0 29.1 14.4
8mm Rem. Mag. (200 at 2900) 8.5 32.9 15.8
.338-57 O'Connor (200 at 2400) 8.0 19.2 12.4
.338 Marlin Express (200 at 2400) 8.0 16.2 11.4
.338 Marlin Express (200 at 2600) 8.0 22.0 14.0
.338 Federal (200 at 2600) 7.0 22.2 14.3
.338 Federal (210 at 2630) 8.0 21.9 13.3
.338-06 A-Square (200 at 2800) 8.0 23.9 13.9
.338-06 A-Square (250 at 2500) 8.5 28.2 14.6
.338 Win. Mag. (200 at 2950) 8.5 32.8 15.8
.338 Win. Mag. (225 at 2780) 8.5 35.2 16.3
.338 Win. Mag. (250 at 2700) 9.0 33.1 15.4
.338 Ultra Mag (250 at 2860) 8.5 43.1 n/a
.338 Lapua Mag. (225 at 3000) 9.5 37.2 15.9
.338-378 Wby. Mag. (250 at 3040) 11.75 41.1 15.0
.340 Wby. Mag. (200 at 3100) 10.0 29.6 13.8
.340 Wby. Mag. (250 at 2941) 9.0 43.4 17.6
.348 Win. (200 at 2510) 8.0 23.7 n/a
.357 Mag. (158 at 1650) 7.0 4.7 6.6
.35 Rem. (200 at 2050) 7.5 13.5 10.8
.356 Win. (200 at 2400) 7.5 17.5 n/a
.358 Win. (200 at 2490) 8.0 20.9 13.0
.358 Win. (250 at 2260) 7.66 23.0 13.9
.35 Whelen (200 at 2675) 8.0 22.6 13.5
.35 Whelen (225 at 2525) 8.0 25.0 14.2
.35 Whelen (250 at 2400) 7.5 27.9 15.5
.350 Rem. Mag. (200 at 2700) 8.5 22.3 13.0
.350 Rem. Mag. (225 at 2550) 8.5 24.2 13.5
.350 Rem. Mag. (250 at 2500) 8.5 29.0 14.8
9.3x62 (270 at 2550) 8.5 33.3 n/a
9.3x62 (286 at 2360) 9.0 28.0 14.1
9.3x74R (286 at 2400) 8.25 34.3 16.6
.370 Sako Mag. (286 at 2550) 8.5 35.2 16.3
.375 Win. (220 at 2200) 7.5 17.1 12.1
.375 Ruger (270 at 2840) 9.0 41.3 17.2
.375 H&H Mag. (235 at 2700) 9.0 29.5 14.5
.375 H&H Mag. (270 at 2690) 9.0 36.1 16.1
.375 H&H Mag. (300 at 2530) 9.0 37.3 16.3
.375 Ultra Mag (300 at 2800) 8.75 53.2 n/a
.376 Steyr (270 at 2580) 8.0 39.0 n/a
.378 Wby. Mag. (300 at 2900) 10.25 71.1 n/a
.38-40 Win. (180 at 1100) 7.5 3.1 5.2
.38-55 Win. (220 at 1650) 7.5 10.1 9.3
.38-55 Win. (255 at 1415) 7.0 9.5 n/a
.404 Jeffery (400 at 2170) 10.25 41.0 16.1
.405 Win. (300 at 2200)  8.0 30.6 15.7
.416 Rem. Mag. (400 at 2400) 10.0 52.9 18.5
.416 Rigby (400 at 2400) 10.0 58.1 19.3
.416 Wby. Mag. (400 at 2700) 10.25 83.0 22.8
.44-40 Win. (200 at 1200) 7.0 3.4 n/a
.44 Rem. Mag. (240 at 1760) 7.5 11.2 9.8
.44 Rem. Mag. (275 at 1580) 7.5 11.4 9.9
.444 Marlin (240 at 2400) 7.5 23.3 14.2
.444 Marlin (265 at 2200) 8.5 22.1 12.9
.45 Colt (255 at 1100) 8.0 4.0 5.6
.45 Colt +P (250 at 1500) 6.5 11.1 10.5
.45-70 (300 at 1800) 7.0 23.9 14.8
.45-70 (350 at 1900) 7.0 37.9 18.7
.45-70 (405 at 1330) 7.5 18.7 12.7
.450 Marlin (350 at 2000) 7.0 37.2 18.5
.450 Marlin (350 at 2100) 8.5 33.6 16.0
.458 Win. Mag. (400 at 2050) 9.0 41.7 17.3
.458 Win. Mag. (500 at 2100) 9.0 62.3 21.1
.458 Lott (500 at 2300) 10.0 70.4 21.3
.460 Wby. Mag. (500 at 2600) 11.25 99.6 n/a
.470 N.E. (500 at 2150) 11.0 69.3 20.1
.480 Ruger (325 at 1450) 6.25 16.4 13.0
.500 N.E. (570 at 2150) 12.0 74.5 n/a
.50 BMG (647 at 2710) 30.0 70.0 12.3

Re: Inligting 338 kaliber

Posted: Sat Jul 23, 2011 10:43 pm
by Kalahari
Christo

Dankie vir daai stukkie interessantheid. Ek sal dan maar die 30- kwes met die 155gr ook maar by die huis moet los :'(.

MAAR................... dan gaan ek mos oneties jag as ek net my 22-250 met kd "mag" gebruik ???. Maar skiet sal ons skiet. 8)

Groete

Kalahari

Re: Inligting 338 kaliber

Posted: Sat Jul 23, 2011 10:50 pm
by Christo
Ek sien juis my gunsteling, 50 Barret gan 4 keer meer skop as wat goed is vir my stopsels. Ek sal hom 'n die jakkalsstoel moet vasbout met 'n gasschock absorber ingemount. Miskien nog remote afsit ook.  ;D

Soms, net soms moet ons maar bietjie pyn verdra.