Page 1 of 1

Nuwe Scope van Hawke, Hawke Sidewinder ED 10-50x60

Posted: Fri Sep 16, 2016 3:34 pm
by Tertius Steyn
Jis almal, hoop dit gaan goed, ek blaai nou so vinnig deur die nuwe wildland tydskrif en kom toe op die meneer af van Hawke, wonder hoe gaan hy wees? Als lyk heel goed en of hy lekker kan werk. Wat dink julle?

http://www.hawkeoptics.co.uk/sidewinder ... 0-tmx.html

Re: Nuwe Scope van Hawke, Hawke Sidewinder ED 10-50x60

Posted: Fri Sep 16, 2016 4:06 pm
by ruaanb
Hy is al hier. prys is hier rondom R12k so 3 maande gelede.

Re: Nuwe Scope van Hawke, Hawke Sidewinder ED 10-50x60

Posted: Fri Sep 16, 2016 6:25 pm
by Fanta300
Lyk goed en die prys klink nie sleg nie

Re: Nuwe Scope van Hawke, Hawke Sidewinder ED 10-50x60

Posted: Fri Sep 16, 2016 6:31 pm
by joe rocket
Hom vandag beloer glas is mooi helder lyk goed, maar ai daardie turrets is nog steeds lomp. Sal ek R12 000 betaal? Nee koop eerder n Sightron, Zeiss conquest of Rudolph.

Re: Nuwe Scope van Hawke, Hawke Sidewinder ED 10-50x60

Posted: Fri Sep 16, 2016 7:34 pm
by Tertius Steyn
Dankie manne, ek kyk maar so rond vir n nuwe scope vir my
.243 terwyl ek wag vir die liksensie. Dis maar soms so n scope lyk of hy mooi en sterk is maar ja hulle se mos you get what you pay for. Sy prys is vir my baie mooi maar mens soek darm maar iets wat mens n tydjie sal hou tot die groot skip inkom

Re: Nuwe Scope van Hawke, Hawke Sidewinder ED 10-50x60

Posted: Fri Sep 16, 2016 7:44 pm
by Arnold
Die Hawke Frontier 2.5-15x50 is vir my net so mooi teleskoop maar as ek als in ag neem koop ek eerder dieselfde model Lynx

Re: Nuwe Scope van Hawke, Hawke Sidewinder ED 10-50x60

Posted: Fri Sep 16, 2016 9:24 pm
by ruaanb
Ek het n Hawke Endurance 6-24 x 50 op my 6mm musgrave. vir r5k het ek bitter baie scope gekry maar ek stem saam oor die turrets.

Re: Nuwe Scope van Hawke, Hawke Sidewinder ED 10-50x60

Posted: Fri Sep 16, 2016 9:42 pm
by ruaanb
Arnold wrote:Die Hawke Frontier 2.5-15x50 is vir my net so mooi teleskoop maar as ek als in ag neem koop ek eerder dieselfde model Lynx
Stem saam veral na ek met die lynx op die 222 begin skiet het. regtig baie goeie waarde vir geld.