Page 1 of 2

Savage of Howa .22-250

Posted: Thu Jul 21, 2011 8:10 pm
by .::Alwyn-U::.
Ek gaan vir my 'n .22-250 kry binne kort, kan net nie besluit op watse fabrikaat ek wil h? nie. S&O het 'n savage weather warrior vir R11000 OF ek kan 'n Howa 1500 kry vir R5000 ...

Wat se julle manne? 

Groete

Re: Savage of Howa .22-250

Posted: Thu Jul 21, 2011 9:15 pm
by mosselv
Howa prys is reg en n nice geweer

Re: Savage of Howa .22-250

Posted: Thu Jul 21, 2011 9:26 pm
by Geno
Savage, ekself kyk na ene!

Re: Savage of Howa .22-250

Posted: Thu Jul 21, 2011 9:54 pm
by Lourens
Beide van hulle is uitstekende gunne. Ek kyk self om vir my n howa te koop in n ander kaliber. Prys is reg en dis blykbaar uitstekende waarde vir geld. Ander pel van my skiet n savage en dis ook n puik geweer, hy is baie gelukkig met hom.

Groete,
Lourens

Re: Savage of Howa .22-250

Posted: Thu Jul 21, 2011 10:22 pm
by .::Alwyn-U::.
Die manne by S&O se vir my die savage is meer akkuraat, enige feite wat dit bewys?

En 'n ander bron van my se dat die ou savages was nie so nice nie, want hulle loope was nie aangeskroef aan die aksie nie maar vas met 'n skroef OF SO IETS?? weet iemand iets hiervan




Om eerlik te wees hou ek baie van die savage, baie smart geweer daai! maar die prys is aan die duur kant vir my...

Re: Savage of Howa .22-250

Posted: Thu Jul 21, 2011 11:45 pm
by Ponkie
Alwyn

My 22-250 se aansoek is nou in werking. Ek het die Remington model 700 gekoop. Jy het mos my motivering gesien...
Ek het OOK na die Howa 1500 gekyk en dadelik was die prys reg. Daar is niks fout met die aksie nie, maar daai een met die rubber kolf en skamele 22'' dun lopie doen dit net nie vir my nie. Ek se weer, niks fout met die aksie, ek kon net vir R6500 meer vir my 'n Bullbarrel wat 26'' is en 'n beter aksie sowel as laminated kolf koop.

Dis my eie opinie, so ek sou se, vat die savage en jy is KLAAR gekoop.

Groetnis
Ponkie

Re: Savage of Howa .22-250

Posted: Fri Jul 22, 2011 6:29 am
by Rfourie
Ek het ook al daai vrae gevra, ek het toe destyds by Philly by Savage arms in Klerksdorp vir my n model 12 VLP gekoop. Kom ons vergelyk appels met appels dan vra jy weer dieselfde vraag:

Het die howa n alluminium bedding block in?
Nee, kom ons lat doen dit - R1500

Het die howa n accutrigger wat so laag kan stel?
Nee, kom on sit timney of rifle basix in - R2000

Het die howa is stainless loop en aksie?
Nee, kom on se dit is R1000 werd!

Het die howa eeen van die beste detachable magazines?
Nee, n accuracy of badger kos by S&O - R2500

Het die howa n limbsaver recoild pad met gel?
Nee, waarde R500

Totaal:R7500 dus jou howas se R6000 + R7500 is R13500.00

Waarborg Howa hulle gewere 1 duim groep op 200 yards
NEE, NEE, NEE
Waarde - PRICELESS

Miskien moet n ou twee gewere in dieselfde klas vergelyk!

Re: Savage of Howa .22-250

Posted: Fri Jul 22, 2011 7:44 am
by .::Alwyn-U::.
SMK

Ek hou van jou motivering!

@Ponkie jy ook. Ek moet se julle het my oortuig, ek sal maar begin rondkyk vir die savage..

Groete

Re: Savage of Howa .22-250

Posted: Fri Jul 22, 2011 7:44 am
by James Wilson
SMK, dis nou n praktiese antwoord.    maar dit maak my bang want ek het n 270w howa 2 maande terug vir my vrou gekoop

Re: Savage of Howa .22-250

Posted: Fri Jul 22, 2011 7:51 am
by blaser
ja goedkoop koop is duur koop jy kry waarvoor jy betaal
ek se nie die howa is sleg nie

Re: Savage of Howa .22-250

Posted: Fri Jul 22, 2011 8:15 am
by .::Alwyn-U::.
Ek het al vele kere gehoor dat die Howa is die beste waarde vir geld.. Vir daai prys gaan jy sukkel om iets beter te kry..

As jy die geweer vir jou vrou gekoop het, sal hy sy doel dien!

Groete

Re: Savage of Howa .22-250

Posted: Fri Jul 22, 2011 8:16 am
by .::Alwyn-U::.
Dis soos wat SMK gese het, kom ons vergelyk appels met appels.. Ek verstaan nou dat 'n Howa en Savage nie in die selfde klas is nie..

Re: Savage of Howa .22-250

Posted: Fri Jul 22, 2011 8:29 am
by Danie01
Alwyn en ander

Kry n mens nie die Howa varminter in hierdie kaliber met stainless steel dik loop en laminated varminter kolf nie? Ek wil ook begin soek vir n 222-50 em het gewonder od die varminter soos beskryf nie gemaak word nie? Weet die .243 word wel so gemaak en is om en by R11 000,00.

Het die betrokke savage n dik loop en stainless steel? Watter kolf het savage op?

Is die savange soveel meer akuraat as die howa?

Groete
Danie

Re: Savage of Howa .22-250

Posted: Fri Jul 22, 2011 9:05 am
by .::Alwyn-U::.
Danie ek sal antwoord wat ek kan, ek was guster daar by S&O..

Die savage het 'n sintetiese kolf, dun loop met stainless steel! oja en hy het 'n gel limbsaver wat lekker is!

Howas het wel 'n model varminter met 'n stainless loop, nie seker of hy dik loop is nie. maar dan is hy ook al meer as R1000 meer..

Ek stem saam met SMK, die savage het meer "ekstras" en dus sal ek liewer kyk na hom..  Koop eenmaal die regte ding!

Groete

Re: Savage of Howa .22-250

Posted: Fri Jul 22, 2011 12:33 pm
by Ponkie
Danie

Howa maak 'n 223/243 VTS met laminated en somtyds thumbnole kolf op. Dis 'n bullbarrel wat 26'' lank is, ongelukkig kan ek nie getuig of die aksie wel gepak is met alliminium bedding nie. Dit is wel binne hierdie modelle van Howa se bereik om 'n duim groep te skiet op 200m.

Met die som wat SMK gemaak het is die R13500 nogsteeds minder as wat ek op die ou einde vir my Remington by Drosdy wapens in Uitenhage betaal het. Die remington het dan alles in wat jy sou moes bysit as jy die "goedkoop" howa gekoop het. Hiermee maak ek nie howa se naam sleg nie, ek dink net nie jy moet Howa se "goedkoop" model vergelyk met 'n ander brand se duur model nie. Want Howa se Varmint Target Shooting modelle gee die groot name in die mark beslis kompetisie as mens weer begin kyk na waarde vir geld.
2 Maande terug toe ek geweer gekoop het was Howa se 243 VTS met laminated kolf en 26'' loop so R10500 en die Remington R13500 en die twee sal mekaar goed gas gee op die baan, so die ou wat 'n paar rand wou spaar vir 'n beter scope kon dan die Howa kies en sou nogsteeds tevrede by die deur uitgestap het.

Groetnis
Ponkie

Re: Savage of Howa .22-250

Posted: Fri Jul 22, 2011 1:06 pm
by .::Alwyn-U::.
Ponkie jys reg, ons kanie Howas vergelyk met remington nie, selfs savage.. Howas is gemaak om goedkoop te wees.

Mens moet ook maar vir jouself vrae, is dit vir jag of teiken skiet? want as jy jag sal amper enige nuwe geweer die ding mos doen! Dis nie meer 1920 waar die goed krom skiet nie, ek glo al die nuwe wapens op die mark kan 'n goeie groepering skiet en sal gepas wees vir jag.

So as jy net R6000 WIL spandeer dan doen jy dit, maar as jy meer geld het om te spandeer dan doen jy dit ook, want dit is maar goed om altyd die beste te kry wat jy kan bekostig... Ons almal weet goedkoop koop is duurkoop!

groete

Re: Savage of Howa .22-250

Posted: Fri Jul 22, 2011 1:56 pm
by BLOK
As ek die geld het om n Savage te vat dan sal dit hy bo die Howa wees, maar daar is niks verkeerd met Howa nie.

Blok

Re: Savage of Howa .22-250

Posted: Fri Jul 22, 2011 1:59 pm
by .::Alwyn-U::.
persies wat ek meen Blok! :)

Re: Savage of Howa .22-250

Posted: Fri Jul 22, 2011 5:38 pm
by Beretta
AlwynU
Ek dink hier het al paar manne dit genoem wat die grootste probleem met enige geweer cheap duur maak nie saak nie is die Mo&r agter die geweer.Sien nou laas week n paar manne by die skiet baan met n bekende lapel wapen op die bors ek skat die geweer met scope so R50-60000 maar target raak skiet is min.Die man met die badge op die baatjie reken toe ook as jy die scope teveel draai breek jy die springs(een van oom Koos se brands).Verder reken die ander man ook voor hy skiet check hy net met die bore scope of alles nog reg is of nie.Cheap of duur volgens my ek twyfel.
Groete
Beretta

Re: Savage of Howa .22-250

Posted: Fri Jul 22, 2011 5:43 pm
by .::Alwyn-U::.
ja dis waar wat jy se! dis die skut wat 99% van die werk doen..  Soos ek vroeer genoeg het, of dit nou R6000 se geweer is of R60K.. hulle al2 sal die job doen..

Maar mens moenie koop as jy nie voel die geweer is VIR JOU nie..  Dit klink snaaks maar as ek 'n geweer optel dan weet ek soms of hy vir my is of nie. mens moet gemaklik voel met jou roer!

Groete

Re: Savage of Howa .22-250

Posted: Fri Jul 22, 2011 5:51 pm
by Beretta
AlwynU
Ja my maat wat se hulle daar by die ph skool oor haelgewere.Se hulle ook hoe duurder hoe beter.Help asb
Groete
Beretta

Re: Savage of Howa .22-250

Posted: Fri Jul 22, 2011 7:00 pm
by spekieries
Net 'n vragie: Het 'n man 'n limbsaver op 'n 22-250 nodig? Klink soos iets wat op 'n .458 Lott tuishoort.

Re: Savage of Howa .22-250

Posted: Sat Jul 23, 2011 10:01 am
by .::Alwyn-U::.
spekieries wrote: Net 'n vragie: Het 'n man 'n limbsaver op 'n 22-250 nodig? Klink soos iets wat op 'n .458 Lott tuishoort.
Nee nooit het jy een nodig nie, maar hy kom met een uit.. standaard...  Ek meen ek gaan nie nee se as hy klaar op is nie ;D

Re: Savage of Howa .22-250

Posted: Sat Jul 23, 2011 3:02 pm
by Nico Harris
lekker lag ek nou ;D ek het nognie een gat groepe op die forum gesien geskiet deur n savage nie... daai stukkie cheap shit howa van my met sy sneller en sy ou papier lopie < swak bedding en al die ander slegte goedjies skiet darem maar lekker vir so ou stukkie rubbish ;D ;D

Image
0.05mm op 100m met 70gr blitzking teen 3400ft/s.

Groete

Nico

Re: Savage of Howa .22-250

Posted: Sat Jul 23, 2011 3:12 pm
by Beretta
Nico
Dit is n great groep ja nee my maat ek se mos dit is die mo%r agter die geweer.En sonder n limb saver weel done my maat
Groete
Beretta