Page 1 of 1
Nog 'n Paarlliet
Posted: Fri Sep 16, 2016 10:41 am
by Charl Burger
More almal ek is Charl Burger en woon in die Paarl. Ek lees al 'n tydjie die Forum en is verstom oor die kennis wat hier gedeel word. Ek is mal oor jag en geniet wildsvleis. Ek skiet met 'n Howa 270, Westley Richards side by side haelgeweer, .22 mos bergh en wag vir my lesensie vir 'n Howa 300 winmag dikloop. Dit is 'n voorreg om hier by julle aan te sluit.
Re: Nog 'n Paarlliet
Posted: Fri Sep 16, 2016 10:43 am
by Karoo-jagter
Baie welkom! Jy gaan dit geniet hier!
Sent from my SM-A500FU using Tapatalk
Re: Nog 'n Paarlliet
Posted: Fri Sep 16, 2016 10:47 am
by JuanVE
Baie welkom, glo jy geniet die forum reeds.
Re: Nog 'n Paarlliet
Posted: Fri Sep 16, 2016 10:49 am
by joe rocket
Welkom Charl lekker klomp gewere net jammer oor daai 270 verder lyk dit goed. Ek hoor jy soek jag plek by n klein dorpie daar in die Noord Weste

. Jy moet pasop vir oom Pieter hy is baie kwaai. Jy gaan n magdom kennis hier kry.
Re: Nog 'n Paarlliet
Posted: Fri Sep 16, 2016 12:11 pm
by win270
Welkom Charl. Geniet die .270 - hy is beter as wat vele wil erken!! ;-)
Re: Nog 'n Paarlliet
Posted: Fri Sep 16, 2016 12:15 pm
by Gawie(13mm)
Welkom Charl.
Ek sien jy hou daarvan om sommer jou wild klaar te "mince" terwyl jy skiet.

Vandaar die 270 en 300 WM?
Bly om nog 'n Paarliet hier op Jaracal te hĂȘ. Nou kan Joe Rocket ons ander manne 'n blaaskans gee.

Re: Nog 'n Paarlliet
Posted: Fri Sep 16, 2016 12:58 pm
by Viking
Welkom Charl so groei die Paarl bende!
Re: Nog 'n Paarlliet
Posted: Sat Sep 17, 2016 9:09 am
by Boesman10
Welkom buurman. Ons kan regtig nou 'n Paarl bende stig hier op die forum.
Re: Nog 'n Paarlliet
Posted: Sat Sep 17, 2016 1:38 pm
by PWV
Welkom, Charl. Hoop jy geniet dit hier saam met ons.
Ek het natuurlik met 'n windbuks leer skiet.

Re: Nog 'n Paarlliet
Posted: Sat Sep 17, 2016 6:34 pm
by Hein M.
Baie welkom. Ja, die Bolanders groei!
Groetnis!
Re: Nog 'n Paarlliet
Posted: Sun Sep 18, 2016 8:11 am
by Charl Burger
Baie dankie aan almal se verwelkoming. Ek hou vreeslik baie van die mincers, want dan is my vleis verwerking so iets wat goedkoper. Siende dat dit mos nou halfpad klaar vir hulle gedoen is.