Page 1 of 1

Wie Loop voor?

Posted: Wed Sep 14, 2016 8:26 pm
by Gernie
Dagse Manne

Ek sal graag wil weet of julle dalk ook die volgende ondervind tov stelle jakkalse wat inkom. My vermoede is dat die teef die reun laat voor loop, om ondersoek eerste in te stel en dan word hy meestal geskiet?

Stem asb vir die geslag wat naaste aan jou geskiet word, indien 'n stel saam sou inkom?

Re: Wie Loop voor?

Posted: Wed Sep 14, 2016 8:56 pm
by musgrave270
Al die stories wat ek al gehoor het sĂȘ die manne dit is die reun wat eerste kom maar ek het al meer tewe eerste geskiet.

Re: Wie Loop voor?

Posted: Wed Sep 14, 2016 10:01 pm
by BeesBreet
Gernie, Ek het daai storie al n paar keer gehoor, maar dink nie dit is waar nie. Ek praat nou uit my min ervaring uit teen oor van die meesters hier op die forum, sal graag wil hoor wat hul menings is.

Re: Wie Loop voor?

Posted: Thu Sep 15, 2016 8:59 am
by Gernie
Dink julle ouderdom sal ook verskil maak?

Re: Wie Loop voor?

Posted: Thu Sep 15, 2016 9:04 am
by Supacow
Dis een van twee opsies... of die hongerste een loop voor of die naaste een bly voor :D

Re: Wie Loop voor?

Posted: Thu Sep 15, 2016 9:13 am
by Jakman
Uit my min ondervinding soos beesbreedt se.. Skiet ek meer tewe, maar ek moet se die jakkalse hier het n meesters grad soos die manne hulle al geleer het.. so ek wonder ook wel of ouderdom en geleerdheid ook nie n rol speel nie sal graag wil hoor by die gesoute manne..