Page 1 of 1
Loop dikte, waar trek jy die streep?
Posted: Tue Sep 13, 2016 8:32 pm
by Apie
Naand manne!
Hoe dik is nou dik genoeg?
My standaard dikte loop RSA skyfskiet geweer skiet n barshou.
Ek sal seker binne die volgende 2 jaar moet begin kyk na n nuwe loop teen die tempo wat ek nou skiet.
So toe begin ek wonder, op watse stadium/dikte is dit genoeg?
Light Palma
Medium
Heavy ens ens.
Ek hoor graag..
Sent from my D5803 using Tapatalk
Re: Loop dikte, waar trek jy die streep?
Posted: Tue Sep 13, 2016 8:45 pm
by Arnold
Apie, dit hang maar af van hoeveel gewig jy kan of bereid is om te hanteer met jou toepassing.
So dik as wat dit sin maak vir jou. Dikte het natuurlik sy voordele

Re: Loop dikte, waar trek jy die streep?
Posted: Tue Sep 13, 2016 8:56 pm
by Apie
Arnold wrote:Apie, dit hang maar af van hoeveel gewig jy kan of bereid is om te hanteer met jou toepassing.
So dik as wat dit sin maak vir jou. Dikte het natuurlik sy voordele

Ek stem. Ek glo altyd te veel van n goeie ding is nooit genoeg nie.
Maar...
Kom ons praat van n 6.5, 308 tipe kaliber waar terugskop jou nie gaan vermoor nie.
Wat is die sin om rerig swaar te gaan.
Is daar 'n duimreel wat bepaal dat na n sekere dikte jy net gewig bysit en geen meer effek op akkuraatheid het nie?
Sent from my D5803 using Tapatalk
Re: Loop dikte, waar trek jy die streep?
Posted: Wed Sep 14, 2016 5:48 am
by goodstuff
...so by 4kg....

Re: Loop dikte, waar trek jy die streep?
Posted: Wed Sep 14, 2016 6:35 am
by 22-250 Sniper
Die skut het beperkings loop moet nie hê nie
Sent from my SM-G930F using Tapatalk
Re: Loop dikte, waar trek jy die streep?
Posted: Wed Sep 14, 2016 7:31 am
by Capt. Yoda
Hiers my volgende 6mm loop, 22 of 24" lank maar so duk soos Gerhardu se arems
http://www.in.all.biz/img/in/catalog/668430.jpeg
Die een voordeel (behalwe nou vir gewig/recoil) wat ek aan dink met so waterpyp loop is dat hy langer vat om warem te word, hy neem ook langer om af te koel maar ek dink in n "vinnige" kaliber is dit n voordeel as jy n loop het wat langer vat om warem te word of n groter oppervlak het om die hitte oor uit te spry. As jy kyk na manne wat van n tafel af skiet en nie oor gewig gepla is nie sal mens sien 100% van hulle gebruik heavy "iets" profiel lope so daar moet tog iets in die akuraatheid/konstantheid van n duk loop wees maar ek dink ook baie van dit het te doen met gewig/balaans op die geweer wat op n rest en sakkie moet terug gly en dan ook recoil wat so min moontlik moet wees en natuurlik n loop wat 10 x 6mm koels teen 3000+fps in 20-30 sekondes deur hom kan stoot sonder om so warem te word dat die skut nie die tyken kan sien nie of dat die POI beweeg, Fclas en FTR manne gaan ook maar vir dukker lope al skiet hulle nie altyd so vinnig soos n BR skut nie.
Ons het al taamlik hier bespreek hoe nodes en al daai goed beinvloed word deur jou loop profiel en Wouter het so ruk terug verduidelik van die voordeel van n duk loop as dit kom by kroon vervorming en ossilasie in n mindere mate. Met die gewere en lope wat ek al me gewerk het is die kort duk lope die makliker lope om konstant akuraat te skiet, n duk stywe (korter) loop sal wees wat ek gaan maar julle 308 manne kan mos nie regtig kort gaan nie anders val daai 155gr soos Jantjies se up and unders somer hier voor
Re: Loop dikte, waar trek jy die streep?
Posted: Wed Sep 14, 2016 7:47 am
by ruaanb
dik Kaptein dik
Re: Loop dikte, waar trek jy die streep?
Posted: Wed Sep 14, 2016 7:56 am
by Supacow
Long and thin
will never win
but short and thick
will do the trick

Re: Loop dikte, waar trek jy die streep?
Posted: Wed Sep 14, 2016 7:58 am
by Capt. Yoda
ruaanb wrote:dik Kaptein dik
O
Re: Loop dikte, waar trek jy die streep?
Posted: Wed Sep 14, 2016 11:50 am
by THOMAST
Maak net seker jou aksie het genoeg skroefdraad wat lang genoeg is om daai lang swaar loop ordentlik te kan vashou
Re: Loop dikte, waar trek jy die streep?
Posted: Wed Sep 14, 2016 1:06 pm
by spekieries
Redeneer ek verkeerd as ek sê 'n loop word warm van die groewe se kant af. M.a.w. 'n dik loop voel koeler want dit vat langer om die hitte na buite te gelei maar aan die binnekant waar dit saak maak is hy net so warm soos 'n dunner loop want die groewe is onderhewig aan die dieselfde temperatuur.
Ek het 'n .308 met 'n 26 duim loop wat 22 mm op die kroon is. Die loop is 'n "Straight taper". Die geweer skiet 'n koekhou en ek het hom gebou as 'n voorsit geweer, maar die 7 kg is swaar. Daardie tyd het Sarel van Sudami my op die skietbaan gewaarsku om nie te swaar te gaan nie. Ek is spuit ek het nie 'n ligter profiel gekies nie. Dit beperk definitief die geweer se aanwending.
Re: Loop dikte, waar trek jy die streep?
Posted: Wed Sep 14, 2016 1:45 pm
by Arnold
As mens in die winkel staan en 'n swaar profiel loop vashou voel hy nie swaar soos wat die geweer op die ou-einde is nie ...
Hoe minder recoil hoe beter maak nie saak van kaliber nie, hiermee help gewig.
Hitte verspreiding, daar is meer materiaal in 'n dik loop om die energie(hitte) te versprei so dit vat meer skote om die loop op dieselfde temperatuur te kry as 'n dunner loop.
Dikker lope vibreer met 'n kleiner amplitude en skiet dus gewoonlik makliker akuraat as jy nie op 'n node is nie. Swak ladings kan dus effens verbloem word.
Oor Thomas se komentaar kan ek net sê ja en ook vra wat is genoeg? Daar is honderde Rem700 aksies met waterpype op wat mooi skiet. My gevoel is dat hierdie 'n moeilike meetbare beperking is.
As jy na die boonste kyk en bv. na F-klas dan maak die mense die gewere swaar as moontlik binne die gewigsbeperking. Doen dus dieselfde vir jou, wat is jou geweer se gewigsbeperking.
Vir my is 'n 6kg geweer gemaklik op die baan om aan verskillende skiet dissiplienes deel te neem maar ek sou nie noodwendig heel dag met hom wil rondloop op soek na bokke nie.
Baie belangrik is dat jy saam met gewig ook na die geweer se balans kyk!!!
Re: Loop dikte, waar trek jy die streep?
Posted: Wed Sep 14, 2016 1:48 pm
by Arnold
Terloops, ek skiet 'n 6kg 260AI en agv 'n harde skopkussing is my skouer gevoelig na 'n dag se skiet. Dalk moet ek minder melk drink en meer whiskey

Re: Loop dikte, waar trek jy die streep?
Posted: Wed Sep 14, 2016 7:41 pm
by Apie
Arnold wrote:Terloops, ek skiet 'n 6kg 260AI en agv 'n harde skopkussing is my skouer gevoelig na 'n dag se skiet. Dalk moet ek minder melk drink en meer whiskey

Begin met n blaasvlam skeer....
Sent from my D5803 using Tapatalk
Re: Loop dikte, waar trek jy die streep?
Posted: Fri Sep 16, 2016 9:29 am
by Gerhardu
Capt. Oblivious wrote:Hiers my volgende 6mm loop, 22 of 24" lank maar so duk soos Gerhardu se arems
http://www.in.all.biz/img/in/catalog/668430.jpeg
Die een voordeel (behalwe nou vir gewig/recoil) wat ek aan dink met so waterpyp loop is dat hy langer vat om warem te word, hy neem ook langer om af te koel maar ek dink in n "vinnige" kaliber is dit n voordeel as jy n loop het wat langer vat om warem te word of n groter oppervlak het om die hitte oor uit te spry. As jy kyk na manne wat van n tafel af skiet en nie oor gewig gepla is nie sal mens sien 100% van hulle gebruik heavy "iets" profiel lope so daar moet tog iets in die akuraatheid/konstantheid van n duk loop wees maar ek dink ook baie van dit het te doen met gewig/balaans op die geweer wat op n rest en sakkie moet terug gly en dan ook recoil wat so min moontlik moet wees en natuurlik n loop wat 10 x 6mm koels teen 3000+fps in 20-30 sekondes deur hom kan stoot sonder om so warem te word dat die skut nie die tyken kan sien nie of dat die POI beweeg, Fclas en FTR manne gaan ook maar vir dukker lope al skiet hulle nie altyd so vinnig soos n BR skut nie.
Ons het al taamlik hier bespreek hoe nodes en al daai goed beinvloed word deur jou loop profiel en Wouter het so ruk terug verduidelik van die voordeel van n duk loop as dit kom by kroon vervorming en ossilasie in n mindere mate. Met die gewere en lope wat ek al me gewerk het is die kort duk lope die makliker lope om konstant akuraat te skiet, n duk stywe (korter) loop sal wees wat ek gaan maar julle 308 manne kan mos nie regtig kort gaan nie anders val daai 155gr soos Jantjies se up and unders somer hier voor
Watter Van die drie arems praat jy van.
Ek hou van n heavy Palma. So 22mm by kroon.Vir n LR roer kan jy nooit te dik gaan nie.En dis nie dat jy met hom in die Bosveld gaan loop en jag nie.
Sent from my SM-G925F using Tapatalk
Re: Loop dikte, waar trek jy die streep?
Posted: Fri Oct 28, 2016 8:54 pm
by Bushpig7
Dan Lilja van Lilja loope het n mooi weetenspaplike artikel hieroor geskryf.