Page 1 of 1
Lapua scenars
Posted: Sat Sep 10, 2016 4:24 pm
by Speelmansjagter
Wie jag of het al gejag met hierdie koeel?
Wat dink julle. Ek het so vermoede dat hy dalk bietjie hard kan wees.
Ek sal nou spesifiek uit my .338 Lapua skiet, maar kom ons praat sommer maar oor die algemeen.
Ek wil graag gebruik vir volgende redes;
Beskikbaarheid
Prys
Skiet baie mooi
Maar gaan seker nie help as hy nie effektief kan dood nie.
Ek luister graag.
Jaco
Re: Lapua scenars
Posted: Sat Sep 10, 2016 5:10 pm
by Heinz Petersen
Ek gebruik 155gr lapuas in my 308 en jag baie suksesvol daarmee. Dan het ek 167gr lapuas in my TOMBI wat vir my n 3" groepering gee op n 1000m. Ek is ook nou besig met lading ontwikkelings met die 6mm Dasher en kry 7mm-8mm groeperings op 100m.
Ek gaan die 105gr lapuas gebruik vir jag ook. As jou skootplasing reg is, is daar niks fout met dit nie.
Re: Lapua scenars
Posted: Sat Sep 10, 2016 5:59 pm
by LUAN
Hulle lyk vir my of hulle wande dukker/harder is as bv n nosler. Het nog nie die twee oopgesny om te vergelyk sal interesant wees.
Re: Lapua scenars
Posted: Sat Sep 10, 2016 6:42 pm
by Kalahari
Jaco, ek het 'n paar gemsbokke en springbokke die jaar geskiet met my 260 en 108gr LPS.
Almal was breinskote gewees, so ek kan eintlik nie sê van agter die blaaie nie.
Ek moes een gemsbok wat jagter gekwes het seker op so 250m QA skoot gee op die lies hoog in en het toe die rugmurg gevang, gelukkig nie veel skade gehad nie.
Ek dink skootplasing sal weereens eerste op die lys wees en jy behoort nie veel skade te hê as daar nie groot bene gevang word nie.
Vlakvarkboud op so 120m was egter "mince" gewees.
Johan
Re: Lapua scenars
Posted: Sat Sep 10, 2016 7:21 pm
by Speelmansjagter
Ja dankie.
My vriend skiet die 123gr in sy 6.5 x 47lapua.
Hy se hy kry nie skade nie, maar dat die koeel eerder reg deur hardloop sonder om genoeg skade te maak.
Ek het ongelukkig nie self die karkasse gesien nie.
Hy het koedoe en vlakkies gejag.
Re: Lapua scenars
Posted: Sat Sep 10, 2016 8:47 pm
by Trompie
My vrou het haar zebra die jaar met 136gr lapua scenar geskiet uit die Creedmoor en vleisskade was min maar ingewande was in vlarde. Ek was nogal aangenaam verras. Ekt rooibok kopskoot geskiet en letterlik kop van die lyf afgeskiet. Ek.dink die scenar werk baie goed vir jag. En in die 338 sal hy baie goed werk glo ek
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: Lapua scenars
Posted: Sat Sep 10, 2016 9:02 pm
by Diesel Dog
6.5 Lapua scenar wond op boerbok
http://www.ballisticstudies.com
http://www.ballisticstudies.com/site/ballisticstudies/images/Wound_database/IMG_7543%20comp.jpghttp://www.ballisticstudies.com/site/ballisticstudies/images/Wound_database/IMG_7548%20comp%20for%20web.jpg
Re: Lapua scenars
Posted: Sun Sep 11, 2016 8:46 am
by Trompie
Die 136gr se meplat is heelwat groter as die 139gr sin. Volgens die post maak dit verskil.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: Lapua scenars
Posted: Sun Sep 11, 2016 11:53 am
by Diesel Dog
Trompie wrote:Die 136gr se meplat is heelwat groter as die 139gr sin. Volgens die post maak dit verskil.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
As dit die L otm reeks is dan gaan hy meer opsit as gevolg van die metplat.
DD
Re: Lapua scenars
Posted: Sun Sep 11, 2016 7:35 pm
by Baasvark
Jagvriend van my het so 3 jaar terug 'n groot gemsbok bul in die nek geskiet met sy .308 en scenars.
Die bul het nie eers geval nie. Ek het bietjie later dieselfde bok (onwetend dat hy gekwes is) met my .375 laat val.
Wat vreemd was is dat sy skoot presies geplaas was - so 2/3 met die neck op presies op die nekwerwels. Daar was geen uitgangs wond nie.
Ons het maar aanvaar dat daardie spesifieke koeël maar 'n dud was....
Re: Lapua scenars
Posted: Mon Sep 12, 2016 6:36 am
by Sangoma (IAN)
Ek het al n paar soorte wild gejag met die 155gr Scenars. Nog nooit n probleem gehad nie. Van Rooibokke tot Blouwildebees. Toelie hier op die forum het sy Eland bul ook met n 155gr Scenar geskiet.
Daar moet seker ook genoem word dat al die skote kop skote was.
Re: Lapua scenars
Posted: Mon Sep 12, 2016 6:58 am
by Diesel Dog
Sangoma (IAN) wrote:Ek het al n paar soorte wild gejag met die 155gr Scenars. Nog nooit n probleem gehad nie. Van Rooibokke tot Blouwildebees. Toelie hier op die forum het sy Eland bul ook met n 155gr Scenar geskiet.
Daar moet seker ook genoem word dat al die skote kop skote was.
Dit will my voorkom daar is n korrelasie tussen die kaliber, spoed en penetrasie,wond kanaal verrigting met die tipe koeëls.
DD
Re: Lapua scenars
Posted: Mon Sep 12, 2016 1:49 pm
by Francoisv
Re: Lapua scenars
Posted: Mon Sep 12, 2016 2:45 pm
by LUAN
Re: Lapua scenars
Posted: Fri Sep 16, 2016 7:53 pm
by Murray
Jis. Ons oes so bietjie springbokke hier in die Victoria West omgewing. Het al so 800 bokke die jaar geskiet. Het een dag vir die snaaks gyt met my 30-06 ackley geskiet om doppe te form. Het met die 185gr scenars geskiet. Het baie bokke gekwes. As jy nie brein of been in die nek vang nie, hardloop hy asof 'n miskien hom gesteek het. Hulle het so 2600fps geloop. Het nog nie lyfskote geskiet nie.
My raad sal wees om nie naby aan 'n jagveld te kom met hulle nie.
Goed gaan
Re: Lapua scenars
Posted: Mon Sep 19, 2016 4:48 pm
by Trompie
Murray wrote:Jis. Ons oes so bietjie springbokke hier in die Victoria West omgewing. Het al so 800 bokke die jaar geskiet. Het een dag vir die snaaks gyt met my 30-06 ackley geskiet om doppe te form. Het met die 185gr scenars geskiet. Het baie bokke gekwes. As jy nie brein of been in die nek vang nie, hardloop hy asof 'n miskien hom gesteek het. Hulle het so 2600fps geloop. Het nog nie lyfskote geskiet nie.
My raad sal wees om nie naby aan 'n jagveld te kom met hulle nie.
Goed gaan
Skootplasing is maar vital met enige koeël. As jy nie gaan been tref in die nek nie gaan daai bok hardloop.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: Lapua scenars
Posted: Tue Sep 20, 2016 6:46 pm
by Murray
Jis trompie
As jy 'n bok met 'n v-max tref val hy soos 'n sak patats. Dit bewys maar net dat ons die regte projektiel vir die regte doel moet gebruik.
Re: Lapua scenars
Posted: Wed Sep 21, 2016 7:34 am
by Trompie
Murray wrote:Jis trompie
As jy 'n bok met 'n v-max tref val hy soos 'n sak patats. Dit bewys maar net dat ons die regte projektiel vir die regte doel moet gebruik.
Yes ek verstaan dit ook maar geen projektiel gaan opmaak vir swak skootplasing nie. Anders het almal met 1 koeel gejag en nie geworry waar hulle die skoot plaas nie.
Sent from my SM-G920F using Tapatalk