Page 1 of 1
Takbok vleis?
Posted: Thu Jul 21, 2011 9:36 am
by Benman
More manne
Ek wil graag takbok skiet die naweek, ek het met iemand gepraat en hul se dat die ramme se vleis nie aangenaam is die tyd van die jaar nie? Kan iemand vir my meer inligting gee asb.
Die man het gese dis omdat hulle nou in paar tyd is... Maar volgens die laaste paar artikels van die african outfitter is paartyd mos vroeg in die jaar?
Ek luister graag.
Groete
Benman
Re: Takbok vleis?
Posted: Thu Jul 21, 2011 11:34 am
by Lourens
Benman,
Ek is nie 'n kenner op takbok nie en wil self baie graag 'n mooi groote skiet, maar van wat ek gehoor het is hulle vleis uitstekend. Manne vergelyk hom maklik met die van 'n skaap. Blykbaar baie goeie eetvleis. Ek kan ongelukkig nie 'n ingeligte opinie gee oor die tyd van die jaar en die effek daarvan op die vleis nie.
Groete,
Lourens
Re: Takbok vleis?
Posted: Thu Jul 21, 2011 11:36 am
by pietjacobs
Ek weet die een ou wat saam met my werk sny sy takbokke op soos 'n skaap, soos Benman ook se.
Re: Takbok vleis?
Posted: Tue Jul 26, 2011 7:39 pm
by henried
Ek het die begin van die jagseisoen n tabok met die boog geskiet. Volgens my is dit soos skaap, nodal vet.
Dit braai lekker, ons het die boude ook in die pond gebak, baie lekker.
Re: Takbok vleis?
Posted: Tue Jul 26, 2011 10:22 pm
by Tiny
Benman..
Ons het so paar takbokke en ons skiet net nie hier by Maart/April nie.. Gewoonlik einde Aug en in September.. Hulle paar voor die winter en begin hulle horings hier in Sept afgooi.. Dis hoekom ons dan skiet, voor die horings afval, en dan stink hulle nie meer nie.. Ek wil nou net nie se jy kan maar skiet en dan stink die bok nie.. Maar persoonlik dink ek jy kan maar skiet.. Hy behoort nie meer te stink nie..
Groete
Tiny
Re: Takbok vleis?
Posted: Tue Jul 26, 2011 10:25 pm
by Tiny
o ja.. Sy vleis is tops ja.. Regtig die naaste aan skaap wat jy ooit sal kry..
Re: Takbok vleis?
Posted: Wed Jul 27, 2011 10:55 am
by JACQUES BOTHA
Ben
Tiny is reg , hier van julie af kan jy maar eet aan takbok..ram die ooie is altyd uitsoek kos. Jy sit die blad en booude presies soos skaapboud in die oond..As jy nou soos ek nie bang is vir die spekkies nie kan jy so 10 stukkies spek insteek in die boud..en gfee hom so halwe koppie gecvul met 50% worcestersous en 50%balsamic...
Lekker jag
N groot takbok ram kan soms meer skelm wees as n kudu bul...(vir my)
Jacques
Re: Takbok vleis?
Posted: Wed Jul 27, 2011 3:14 pm
by Tiny
Oom JB..
Stem saam met oom.. Daar is min dinge so skelm soos 'n takbokram.. 'n Koedoe kan maar kom leer by hom..
Groete
Re: Takbok vleis?
Posted: Sun Jul 31, 2011 6:20 pm
by ghoon
Middag Benman
Het jy toe jou takbok gekry.
Ek het Junie ram by OribiĀ met boog geskiet,het boude met spek gestop en op spit gesit.
Almal het vingers afgelek agterna.
Beste wildsvleis volgengs my vriendekring.