Page 1 of 1
Die varke loop skool
Posted: Wed Jul 20, 2011 8:54 pm
by mosselv
Ons het n plaas op Naboom waar ons baie die varke gaan skied maar nou al 2 keer gegaan en met nuks terug gekom.
Ek dink hulle loop skool
Ek het n hide op gesit by een van die water gatte waar hulle bedrywig was, en by die ander water gatte gesit en wag maar niks
Die naweek gaan ek teen die lyndraad sit en wag van 6 tot 10 so 100m van die gat in die draad ek hoop ek kry darm n paar
Re: Die varke loop skool
Posted: Wed Jul 20, 2011 11:10 pm
by James Wilson
hulle loop nie skool nie, hulle gee skool!!! ons sien net dat hulle al meer aanpas by die omstandighede! my spoorsnyer se hulle is skrifgeleerd!!
Re: Die varke loop skool
Posted: Thu Jul 21, 2011 3:08 am
by .::Alwyn-U::.
Moet nooit 'n dier onderskat! hulle is nogal slim soms
Re: Die varke loop skool
Posted: Thu Jul 21, 2011 3:52 am
by Dawid
HA.... Vark se kind lyk net dom. Daai ding is bitter slim
Re: Die varke loop skool
Posted: Thu Jul 21, 2011 7:43 am
by BLOK
Halftyd telling
Varke 1
Mossel 0
Lyk my hulle gameplan werk.
Blok
Re: Die varke loop skool
Posted: Thu Jul 21, 2011 8:49 am
by .::Alwyn-U::.
BLOK wrote:
Halftyd telling
Varke 1
Mossel 0
Lyk my hulle gameplan werk.
Blok

Re: Die varke loop skool
Posted: Thu Jul 21, 2011 9:31 am
by mosselv
HAHAHAHAHAHA
Hulle is slim maar die naweek gan ek hulle kry ek gaan teen daai lyndraad sit tot my pot vol is
Re: Die varke loop skool
Posted: Thu Jul 21, 2011 9:40 am
by Dawid
mosselv wrote:
HAHAHAHAHAHA
Hulle is slim maar die naweek gan ek hulle kry ek gaan teen daai lyndraad sit tot my pot vol is
Jy moet nou slimmer as hulle wees en so 30m van die draad sit want hulle kruip deur, hol n entjie en steek dan eers vas om die wereld te verken en sodra hulle vassteek laat loop met die skote..........DAN moet jy sien hol hol so spul varke......Hehe erger as die varke van die varke en rooikappetjie en die wolf......dis net airialtjies en stof
Re: Die varke loop skool
Posted: Thu Jul 21, 2011 9:50 am
by mosselv
ek gaan n kamp stoel vat en my tyd vat en wag hulle gaan nie rooikappie sien die naweek nie
Re: Die varke loop skool
Posted: Sat Jul 23, 2011 7:00 pm
by theedge
Hulle word geleer weetie deur wie. Het nou die week gesien het so paar gaan skiet en het vinnig gesien as hulle agterkom daar is gevaar (sonder dat op hulle geskiet is) verander hulle hule gewoontes.
Re: Die varke loop skool
Posted: Sun Jul 24, 2011 3:45 pm
by mosselv
Hulle wen ek verloor, maar ek kan se tyd was nie aan my kant nie
Re: Die varke loop skool
Posted: Sun Jul 24, 2011 3:48 pm
by Dawid
Haha Aggeneeeeee......ons het juis gehoop jy kom met goeie nuus terug.
Daai varke is nie op skool nie.....hulle is almal al gegradueerdes.

Re: Die varke loop skool
Posted: Sun Jul 24, 2011 4:58 pm
by mosselv
weet jy ek kan se as ek aleen gegaan het dink ek was die potte vol
maar ek het n pel saam gehad wat voels gaan skiet het en die tyd wat ek wou gaan wag was baie min, ons het hulle gekry as ons ry maar dan was dit baie ongemaklik en ek kon nie skote vat nie
Ek gaan weer gaan in die volgende maant dan gaan ek net gaan vir varke en dan gaan ek baie tyd vat om te wag
Re: Die varke loop skool
Posted: Sat Aug 20, 2011 10:23 am
by 375 fanatic
daar is niks so lekker soos gegradueerde salami of kaasworsies nie
