Page 1 of 2

Jag, lekker lag en bietjie skiet, maar baie jag. Amok Bokke

Posted: Wed Aug 31, 2016 3:52 pm
by tau
Ek het alweer vergeet om die lekker jag met julle te deel. Ons jaarlikse vriende jag was weer in die Noorsveld en dit was diep lekker. Ons het al ons kamp toerusting en kos vir 5dae saamgeneem en in die veld gebly. Ons het nie baie plek in die sleepwa gehad nie, so van die staanspoor was ons nie soseer op getalle gefokus nie, maar eerder op tyd in die veld. Ons was glad nie teleurgesteld nie en kon letterlik 'n trok vrag Kudu's geskiet het, maar het nie. Daar was ongelukkig niks vlakvarke gesien nie. Ons het ook in die berge gaan jag vir eendag en dit was asemrowend mooi. Ons het toe reeds te veel vleis gehad vir die wa, maar was tog lus vir so varkie of 5. Ongelukkig het ons nie een gesien nie, maar wel van die mooiste klowe gestap en areas gesien.

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_0897_zpsmzcmkiqe.jpg
My 5 ster tent

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_0898_zpsgo03sosy.jpg

Ons eetkamer en kombuis, en dinkskrum area. Ja dit was koud in die oggende.

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_0899_zpsaxy7gzhc.jpg

Hier soek ek na my asem na 'n wrede klim. EK het werklik nog nooit so op 'n jag gehoop ek kry nie 'n dier om te skiet nie, daar was geen kans van herwin sonder 'n Helikopter of stukkend sny en dra nie.

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_0900_zpsgnh6aqfp.jpg
Vrek mooi area

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_0885_zpslnfaekiu.jpg
Ons het altyd 'n groen en pink kep. Groen is Lood Sweister vir die meeste skote op die jag, hy verwissel gewoonlik eienaar so oor die jag. Die pink een is vir die man wat te veel kla, jok, sy naam krater maak of net irriterend is.

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_0800_zpslumo5c0m.jpg

Die res van ons chalets.
http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_0901_zpsjdushazp.jpg

Ek het sopas van die koppies in die agtergrond deur die kloof geklouter. Die afstand is niks, maar om so stuk spekbos te wen is werk vir 'n bojaan nie vir my nie.

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_0902_zpsr0kvpqqq.jpg

Jag is lekker.

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_0810_zpsaugg5aen.jpg

Tipiese rivierloop areas in die Noorsveld wat makliker bekruip en minder raas.

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_0903_zpsp39k9zcs.jpg

Die ou het met ons duime as maatband se meet so 48" gemeet. Groot vir 'n Oos-Kaap bul. Ek het net hierna die 2 grootste bulle gesien wat ek al in my 5 jaar van Oos-Kaap jagte tee gekom het. Werklikwaar mooi diere en al skiet ek nie vir horings nie was ek beindruk, my bul was ongelukkig reeds in die koelkamer en so ook my jagmaat se twee bulle wat hy geskiet het.

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_0812_zpssrww7f6t.jpg

So lyk Noorveld vir die wat nie weet nie. Daai dorings skeer jou klere en raas, maar dit is lekker.

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_0872_zpswxrphzod.jpg
Een van my Pel se Kudu's. Ons het maar almal die grote geskiet. Almal het al groter bulle geskiet en weet die Oos-Kaap is nie RW plek nie. Tafel bulle is hier eerste prys. Hierdie bul het ons amper vir 3 ure bekruip, daar was selfs 'n 30 min slapie onder so Witgat woudtjie. Hy is op die einde op 30m geskiet minder as 1km van ons kamp nadat ons hom vir seker 2km gevolg het. EK het die skoot op film en die stalk, mar dit is nie dieselfde nie.

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_0848_zpsdm9d5sic.jpg

My bulletjie wat bietjie te ver geskiet is op 248m. Ek wou rerig onder 100m skiet, maar die Kudu's is wakker.

http://i1091.photobucket.com/albums/i399/Anvilracing/IMG_0908_zpsut36uapd.png

Die Amok Bokke 2016 -Brakrivier Beleg-

Re: Jag, lekker lag en bietjie skiet, maar baie jag. Amok Bo

Posted: Wed Aug 31, 2016 3:53 pm
by tau
StefL en Ockiededic was ook saam hulle kan hier kom leuns vertel as hulle wil ek sal hulle ondersteun.

Re: Jag, lekker lag en bietjie skiet, maar baie jag. Amok Bo

Posted: Wed Aug 31, 2016 4:01 pm
by henried
Heng, dit lyk en klink baie lekker.
Baie geluk met die bokke.

Re: Jag, lekker lag en bietjie skiet, maar baie jag. Amok Bo

Posted: Wed Aug 31, 2016 4:08 pm
by Sybrandz
'n Droomjag.

Re: Jag, lekker lag en bietjie skiet, maar baie jag. Amok Bo

Posted: Wed Aug 31, 2016 4:15 pm
by PWV
Lekker, Tau. So 'n jagtog saam met vriende is balsem vir die siel!!

Re: Jag, lekker lag en bietjie skiet, maar baie jag. Amok Bo

Posted: Wed Aug 31, 2016 4:16 pm
by Hano243
Man dit lyk mos nou na n lekker jag. Ek hou van die groen en pienk kep idiee, sal dit onthou ;)

Re: Jag, lekker lag en bietjie skiet, maar baie jag. Amok Bo

Posted: Wed Aug 31, 2016 4:18 pm
by JacquesT (Stompe)
Ag lekker man, daai is ook iets wat ek nog wil doen.

Re: Jag, lekker lag en bietjie skiet, maar baie jag. Amok Bo

Posted: Wed Aug 31, 2016 4:21 pm
by ruaanb
Lekker man lekker!

Re: Jag, lekker lag en bietjie skiet, maar baie jag. Amok Bo

Posted: Wed Aug 31, 2016 4:24 pm
by Boesman10
Waar het julle die diere geslag en hoe het julle die vleis koud gehou vir 5 dae in die veld?

Re: Jag, lekker lag en bietjie skiet, maar baie jag. Amok Bo

Posted: Wed Aug 31, 2016 4:26 pm
by Frederik
Pragtig, waar in die land is die Noorsveld presies?

Re: Jag, lekker lag en bietjie skiet, maar baie jag. Amok Bo

Posted: Wed Aug 31, 2016 4:39 pm
by Chevvy SS
Lekker tau!

Re: Jag, lekker lag en bietjie skiet, maar baie jag. Amok Bo

Posted: Wed Aug 31, 2016 4:50 pm
by tripodmvr
Frederik wrote:Pragtig, waar in die land is die Noorsveld presies?
Jansenville se wereld. Ook al daar gejag en die uitkyk oor die wereld vanaf die berge is iets om te belewe. Kan sien julle het die jagtog terdeë geniet.

Re: Jag, lekker lag en bietjie skiet, maar baie jag. Amok Bo

Posted: Wed Aug 31, 2016 5:36 pm
by tau
Boesman10 wrote:Waar het julle die diere geslag en hoe het julle die vleis koud gehou vir 5 dae in die veld?
Die boer het ons op dag een kom haal of sy dogter by ons bokke en gaan drop by koelkamer, daarna was ons op ons eie.
Ons het die boer se cruiser bakkie gehad in die kamp en het dan die bok gaan haal, terug geneem plaaswerf toe, self geslag en gehang en toe op die laaste aand het ons die bokke gaan uitmekaar sny. Dit was nogals lekker vir my.

Ek het vanjaar nou al op drie van my jagte so gemaak. Ek kon op familie grond in Namibie die werkers laat slag, maar ek geniet om so nou en dan dit self te doen.

Ons het 'n gas stort gehad wat ons sommer in die plaasdam gedruk het en dan in die opelug gestort het na so slag sessie.

Re: Jag, lekker lag en bietjie skiet, maar baie jag. Amok Bo

Posted: Wed Aug 31, 2016 5:37 pm
by tau
tripodmvr wrote:
Frederik wrote:Pragtig, waar in die land is die Noorsveld presies?
Jansenville se wereld. Ook al daar gejag en die uitkyk oor die wereld vanaf die berge is iets om te belewe. Kan sien julle het die jagtog terdeë geniet.
Ek het op dag 3 begin krampe in my wange kry van lag. Ons besef nie altyd hoe gelukkig ons in SA is met buitelug vryheid en jag nie.

Re: Jag, lekker lag en bietjie skiet, maar baie jag. Amok Bo

Posted: Wed Aug 31, 2016 8:26 pm
by dehacked
Mooi Tau. Die keppies is 'n blink plan.

Re: Jag, lekker lag en bietjie skiet, maar baie jag. Amok Bo

Posted: Thu Sep 01, 2016 8:19 am
by Carl
Dankie vir 'n mooi storie John. Ja dit lyk of julle manne dit nou baie geniet het. Ek stem met al ons politiek, crime en swak Bok rugby bly hierdie land se jagveld een van die bestes ter wêreld.

Watter drilling het jy gebruik?

Re: Jag, lekker lag en bietjie skiet, maar baie jag. Amok Bo

Posted: Thu Sep 01, 2016 12:26 pm
by Arnold van Wyk
Mooi Tau, wil net weet hoekom julle nie met daai groen Cruiser ry nie, hy is dan gebou vir dit.

Re: Jag, lekker lag en bietjie skiet, maar baie jag. Amok Bo

Posted: Thu Sep 01, 2016 2:49 pm
by tau
Carl wrote:Dankie vir 'n mooi storie John. Ja dit lyk of julle manne dit nou baie geniet het. Ek stem met al ons politiek, crime en swak Bok rugby bly hierdie land se jagveld een van die bestes ter wêreld.

Watter drilling het jy gebruik?
Luther Walther 7.9 x57 IR / 16 Br. Ongelukkig nie vark gekry om hom te gebruik nie.

Re: Jag, lekker lag en bietjie skiet, maar baie jag. Amok Bo

Posted: Thu Sep 01, 2016 2:50 pm
by tau
Arnold van Wyk wrote:Mooi Tau, wil net weet hoekom julle nie met daai groen Cruiser ry nie, hy is dan gebou vir dit.
EK het hom so twee dae gestuur om bokke te gaan laai, groot liefdes verhouding ontwikkel.

Re: Jag, lekker lag en bietjie skiet, maar baie jag. Amok Bo

Posted: Thu Sep 01, 2016 9:55 pm
by Bakkies303
By wie het julle gejag?

Re: Jag, lekker lag en bietjie skiet, maar baie jag. Amok Bo

Posted: Fri Sep 02, 2016 6:14 am
by Plaashaas
Baie nice. Geluk manne. Dankie vir die deel en fotos

Re: Jag, lekker lag en bietjie skiet, maar baie jag. Amok Bo

Posted: Fri Sep 02, 2016 7:27 am
by JTM
Dit lyk voorwaar na 'n lekker jag saam met lekker vriende.

Re: Jag, lekker lag en bietjie skiet, maar baie jag. Amok Bo

Posted: Fri Sep 02, 2016 8:36 am
by Monrique1
Mooi storie John en goeie tye.

Re: Jag, lekker lag en bietjie skiet, maar baie jag. Amok Bo

Posted: Fri Sep 02, 2016 4:49 pm
by partner
Baie dankie vir die mooi fotos en deel van julle jag.

Re: Jag, lekker lag en bietjie skiet, maar baie jag. Amok Bo

Posted: Fri Sep 02, 2016 7:50 pm
by alecjohnson
Ek het self daar gaan jag verlede jaar was bitterlik lekker, geen bok, maar baie lekker!

Jis ek mis daai plekkie!

baie dankie vir die deel!!!