Page 1 of 1

Groot verskille in ladings?

Posted: Tue Aug 30, 2016 12:11 pm
by Chevvy SS
201608301309.pdf
Onderstaande ladings verskil baie in hoeveelheid kruit en spoed vir min gewigsverskille. Ek is nogal teleurgesteld in die totale performance van die 260.

Re: Groot verskille in ladings?

Posted: Tue Aug 30, 2016 12:17 pm
by Capt. Yoda
n 140gr koel teen 2568fps

http://static.commentcamarche.net/es.ccm.net/pictures/Ud6krzOUaQiVrbx4IWkuzUrMD8vWr4qbG1wMtmWKQ94r7Doi6fybXXnACJoLFtKR-lol.png

Re: Groot verskille in ladings?

Posted: Tue Aug 30, 2016 2:27 pm
by Chevvy SS
Dis wat ek ook sê, maar ek lag net nie want ek het een gekoop!

Re: Groot verskille in ladings?

Posted: Tue Aug 30, 2016 2:34 pm
by Capt. Yoda
Nee wat Chevvy toema jy kan maar nog bq kruit agter so 140gr klas koel gooi, 308 manne sal begin praat van hul platskieters as hul na daai bladsy kyk

Re: Groot verskille in ladings?

Posted: Tue Aug 30, 2016 3:28 pm
by JDKey
Ek sien die manne kry so 2770vps met 43gr en 2880vps met 45gr.
Darem nie te stadig ;) jy sal maar self moet toets...

Re: Groot verskille in ladings?

Posted: Tue Aug 30, 2016 3:42 pm
by Chevvy SS
Met watter koeëls JD?

Re: Groot verskille in ladings?

Posted: Tue Aug 30, 2016 5:20 pm
by Capt. Yoda
Meeste 140gr koele uit n 24" loop kan gemaklik 2800fps maak

Re: Groot verskille in ladings?

Posted: Tue Aug 30, 2016 7:27 pm
by JPS
Cappie hy kan maar dan kou hy die primer pickets, 260Rem met 24" loop skiet 140 of 142gn koeël baie mooi hier by 2720/2740fps.

Re: Groot verskille in ladings?

Posted: Sat Sep 10, 2016 4:56 pm
by Drenalinjunkie
JPS wrote:Cappie hy kan maar dan kou hy die primer pickets, 260Rem met 24" loop skiet 140 of 142gn koeël baie mooi hier by 2720/2740fps.
Hierdie is die magic number vir daai 140gr koeel uit n 24" loop.

Re: Groot verskille in ladings?

Posted: Sat Sep 10, 2016 6:45 pm
by Kalahari
Chevvy, onthou net jou geweer het 'n 20" loop, moenie moed opgee op daai roer nie.
Myne met 24" skiet baie lekker.

Draai net die scope se "ore" ;) dan kom mens vêr by.

Re: Groot verskille in ladings?

Posted: Sat Sep 10, 2016 7:12 pm
by Fanta300
Met Lot 81 S365 kry ek 2740v/s met 41gr in my 27.4" loop 260Rem met 140gr NCC.
Wat ek nie verstaan nie is dat ek my TPL verkort het van 69,5 tot 66,5 met twee stappe tussen in maar my spoed het dieselfde gebly terwyl QL voorspel dat my spoed oor 2800 moet wees.

Re: Groot verskille in ladings?

Posted: Sat Sep 10, 2016 8:51 pm
by tripodmvr
Fanta, ek sit al lank reeds en tob oor daardie berekenings van QL. As jy mooi dink oor wat gebeur in die kamer wanneer die skoot afgaan, dan is die werlike ontbrandingskamer dit wanneer die koeël die gat toedruk. Dit is egter moeilik bepaalbaar en daarom werk die dopvolume mooi vir bereken doeleindes. Soos met baie dinge in die herlaai arena hang dinge grootliks af van die uniekheid van elke geweer.

Re: Groot verskille in ladings?

Posted: Sat Sep 10, 2016 9:14 pm
by Fanta300
Marius, dit is ook hoe ek dit vir myself verklaar het want dit klink vir my ook logies. Ek het gehoop ek kan met 'n korter TPL ook op die node kom met beter dopvuling maar in die praktyk kan ek nou die TPL korter maak en meer kruit gooi vir beter dopvulling. Sal dan weer spoed meet en QL herkallibreer tot dit sin maak.

Dankie