Page 1 of 1

Gong grootte vir verskillende afstande

Posted: Sun Aug 28, 2016 10:20 pm
by tripodmvr
Watter grootte gonge word gebruik vir die verskillende afstande - 500m ? 1000m?

Re: Gong grootte vir verskillende afstande

Posted: Sun Aug 28, 2016 10:41 pm
by LoopSoosStroop
So 1.5 tot 2 MOA is seker ok?

Vat 30 mm en maal met 1.5 of 2 vir elke 100 m.

Bv. 1.5 MOA op 600 m = 1.5 x 30 x 6 = 270 mm.

(p.s. Ek weet 30 mm is net meer as 'n MOA op 100m, dit werk net lekker vinnig).

Re: Gong grootte vir verskillende afstande

Posted: Mon Aug 29, 2016 7:00 am
by tripodmvr
Die streep tussen uitdagend en frustrerend kan baie nou wees. Ek wil dus graag hoor van die manne wat die lang afstande gooi wat het prakties sover gewerk. Sigbaarheid en sukses is tog maar dit wat jou weer terug lok om volgende keer te probeer verbeter. Is dit egter te maklik dan kan jy netsowel iets op 100m probeer raakskiet met die .22.

Die MOA berekeninge is nie 'n probleem - ek het gisteraand sommer met 3 MOA gespeel. Ek het selfs na die Bisley teikengroottes gaan kyk.

2MOA klink nie sleg nie synde dit 'n 1 MOA geweer kans gee vir afwyking.

400 = 233mm
1300 = 756mm.

Die sandwalle agter die teikens behoort dan te help met die aanpassing op die teleskoop.

Re: Gong grootte vir verskillende afstande

Posted: Mon Aug 29, 2016 7:17 am
by Beyers C
Driepoot gaan kyk bietjie wat doen die manne en dames van Silhouette skiet.
100 m .22 enkelskoot pistool en .22 skoop en oopvisier langgeweer

Re: Gong grootte vir verskillende afstande

Posted: Mon Aug 29, 2016 7:19 am
by JPS
tripodmvr wrote:Die streep tussen uitdagend en frustrerend kan baie nou wees. Ek wil dus graag hoor van die manne wat die lang afstande gooi wat het prakties sover gewerk. Sigbaarheid en sukses is tog maar dit wat jou weer terug lok om volgende keer te probeer verbeter. Is dit egter te maklik dan kan jy netsowel iets op 100m probeer raakskiet met die .22.

Die MOA berekeninge is nie 'n probleem - ek het gisteraand sommer met 3 MOA gespeel. Ek het selfs na die Bisley teikengroottes gaan kyk.

2MOA klink nie sleg nie synde dit 'n 1 MOA geweer kans gee vir afwyking.

400 = 233mm
1300 = 756mm.

Die sandwalle agter die teikens behoort dan te help met die aanpassing op die teleskoop.
Oom Marius,

Wat vir my baie lekker gewerk het in die begin, is Jungle julian se gonge waar die insert uitgesny is met die backing square om hom. Ek het 'n 600 x 600 met die 200 insert van hom wat ek mee begin het n hulle werk baie lekker veral in die begin wanneer die wind stoot. Op 700m is hy heel uitdagendin die begin.
Julian het ook 450 met 100 of 150 insert wat ook lekker sa werk so effe nader.

Re: Gong grootte vir verskillende afstande

Posted: Mon Aug 29, 2016 7:55 am
by Eugene
Ek stem saam met Jan. Alhoewel 'n 4" gong sekerlik haalbaar is op 500m, gaan jy aanvanklik baie doppe maak as die wind effens waai of jou DOPE nog nie gequalify is nie. Ek het byvoorbeeld op 500m 'n 250mm gong en 'n 100m gong langs mekaar. Sodat jy eers kan seker maak op die groot gong, voor jy die kleintjie begin skiet. Ek sou sê kry 'n lekker groot gong, sommer dalk 500mm x 500mm en verf net 'n moa groote kol in die middel. Dan kan jy fyn mik, maar jy kan sien as jy nie presies reg is nie.

Re: Gong grootte vir verskillende afstande

Posted: Mon Aug 29, 2016 8:04 am
by tripodmvr
Dankie, vir die aanbevelings sover. Ek het baie jare laas gongs geskiet en jul idees help baie as 'n man nou iets nuuts moet aanpak.

Re: Gong grootte vir verskillende afstande

Posted: Mon Aug 29, 2016 9:22 am
by Gawie(13mm)
Marius, tot op 350 / 400 meter, werk ronde plate heel goed, maar verder sal ek sterk aanbeveel dat jy na vierkantige teikens kyk. Soos van die manne reeds genoem het en jy ook kan bevestig, lei dit tot erge frustrasie as jy telkemale die gong, net-net mis.

Re: Gong grootte vir verskillende afstande

Posted: Mon Aug 29, 2016 10:23 am
by Arnold
XSSSA se gonge is +- 2MOA

naby (500-650m)~ 300x300mm
middel (650-1000m)~ 500x500mm
vêr (anderkant 1km) ~ 700x700mm

Hierdie werk heel goed vir ons en maak jou nie heeltemal moedeloos nie. Hulle is ook met 'n doel vierkantig ...

Re: Gong grootte vir verskillende afstande

Posted: Wed Aug 31, 2016 7:58 pm
by swc-tr
Arnold wrote: Hulle is ook met 'n doel vierkantig ...
Wat sal die doel wees Arnold?

Re: Gong grootte vir verskillende afstande

Posted: Wed Aug 31, 2016 8:04 pm
by Arnold
Hulle is makliker om raak te skiet so dit maak mens nie so gou moedeloos nie :)

Re: Gong grootte vir verskillende afstande

Posted: Wed Aug 31, 2016 9:02 pm
by swc-tr
:laugh: 8)

Re: Gong grootte vir verskillende afstande

Posted: Thu Sep 01, 2016 8:12 am
by Capt. Yoda
Klink my ek moet my gonge almal vierkantig sny

Re: Gong grootte vir verskillende afstande

Posted: Thu Sep 01, 2016 8:15 am
by tripodmvr
Capt. Oblivious wrote:Klink my ek moet my gonge almal vierkantig sny
Jou eie kan dalk pynlik wees ++>:

Re: Gong grootte vir verskillende afstande

Posted: Thu Sep 01, 2016 8:15 am
by swc-tr
Capt. Oblivious wrote:Klink my ek moet my gonge almal vierkantig sny
Skiet jy hulle dan baie mis.................? >:D

Re: Gong grootte vir verskillende afstande

Posted: Thu Sep 01, 2016 8:16 am
by Capt. Yoda
swc-tr wrote:
Capt. Oblivious wrote:Klink my ek moet my gonge almal vierkantig sny
Skiet jy hulle dan baie mis.................? >:D

haha toe ek dit post toe dink ek ek gaan daai een kry ++>:

Re: Gong grootte vir verskillende afstande

Posted: Thu Apr 06, 2017 3:21 pm
by JPL
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170406/87bb64cfc0b5db4f426e62d3969978f1.jpg

Hierdie 500mm diameter gong word telkemale gemis...glo as hy vierkantig was was dit effe makliker. Hy maak mens noggals mismoedig...of maak dat jy al jou ammo uitskiet oor jy hom wil tref. 30mph wind help ook nie regtig vir die .308 nie. Hehe

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Gong grootte vir verskillende afstande

Posted: Thu Apr 06, 2017 6:50 pm
by Bushpig7
Doen net die som van die opevlaktes en iy sal verbaas wees.

Ronde na Vierkant =25% meer opevlakte

300 ronde gong na 400 ronde gong 75 % meer opevlakte

Hang n Vierkant soos n Diamant en skiet oor die Hoeke, maar het leker mikpunt.

Arnold se grootes werk baie lekker.

Groete
Bushpig 7

Re: Gong grootte vir verskillende afstande

Posted: Sun Nov 12, 2017 9:26 am
by ruaanb
herlewing. ...lol...watter tipe staal vir 700m + afstande werk lekker?

Sent from my SM-G900F using Tapatalk

Re: Gong grootte vir verskillende afstande

Posted: Sun Nov 12, 2017 1:08 pm
by Gian_dP
ruaanb wrote:herlewing. ...lol...watter tipe staal vir 700m + afstande werk lekker?

Sent from my SM-G900F using Tapatalk
Hoor by Arnold watter staal is die XSSSA plate. Dink dis vrn500. Groot gewere skiet nog steeds sagter staal stukkend op langer afstande.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Gong grootte vir verskillende afstande

Posted: Sun Nov 12, 2017 5:19 pm
by ruaanb
Dankie ek het intussen reggekom.

Sent from my SM-G900F using Tapatalk