Page 1 of 1

Hallo manne

Posted: Sat Aug 27, 2016 9:18 pm
by Kleinbaas
Goeie naand manne.

Ek is Bertus van Alberton.
Baie bly om die forum te ontdek.
Ek is aan jag en skiet verslaaf, lyk my soos meeste van die lede ;) .

Ek het begin met n 308 norma magnum, a.k.a Naas-montgomory, skop jou enamel van jou tande af :laugh:

Omdat fabrieks ammunisie nie besikbaar was vir die kaliber nie moes ek begin herlaai.

Hier het oom Cassie my baie mooi gehelp.
Vandag is dit my "go-to-gun". Dankie oom.

Na die vreeslike gogga gebyt het, het ek natuurlik nog n paar roere aan geskaf!

My volgende roer was toe n .243win Howa 1500 .
Die roer se bene het ek al gerek tot op 1000m met bietjie sukses. 87gr Berger loop soos stroop!

Omdat ek n kort mannetjie is het ek toe vir my n .416 Ruger aan geskaf om op te maak vir my lengte ;D
Ek het die jaar met hom blouwildebees laat bakkie ry.

Ek sien baie uit om saam te gesels en te leer van manne wat kan!

Groete
Kleinbaas

Re: Hallo manne

Posted: Sat Aug 27, 2016 9:19 pm
by Plaashaas
Welkom kleinbaas

Jy gaan dit hier geniet!

Re: Hallo manne

Posted: Sat Aug 27, 2016 9:23 pm
by Citfield
Welkom Kleinbaas.

Regards/Groete,
Allen

Re: Hallo manne

Posted: Sat Aug 27, 2016 9:23 pm
by PWV
Kleinbaas wrote:Goeie naand manne.

Ek is Bertus van Alberton.
Baie bly om die forum te ontdek.
Ek is aan jag en skiet verslaaf, lyk my soos meeste van die lede ;) .

Groete
Kleinbaas
Welkom hier. Ja, met jou verslawing kan ons jou nie help nie. Nog van geen medikasie gehoor wat help nie. So, jy moet maar saam met baie van ons ly!!

Re: Hallo manne

Posted: Sun Aug 28, 2016 11:18 am
by tripodmvr
Welkom. Jy is net oor die bult van my af.

Jean Marais is ook 'n aanhanger van die 308NM.

Re: Hallo manne

Posted: Sun Aug 28, 2016 2:51 pm
by mossie
Baie welkom. Almal hier ly aan ballistiese trombose!!

Re: Hallo manne

Posted: Sun Aug 28, 2016 9:25 pm
by Jacquesb
Welkom Kleinbaas
Geniet doe forum.

Re: Hallo manne

Posted: Sun Aug 28, 2016 11:03 pm
by alecjohnson
Welkom Kleinbaas, ons verstaan gelukkig almal die probleempie wat ons het:laugh: :laugh: