Page 1 of 1

Bobbejaan jag

Posted: Sun Aug 21, 2016 5:54 pm
by Brennie
20160821_091756.jpg
366m geskiet met 6.5 creeemoor

I SHOOT BETTER, I SHOOT BERGER

Re: Bobbejaan jag

Posted: Sun Aug 21, 2016 8:46 pm
by win270
Goed gedoen, Brennie. Daai slagtande lyk erg gevaarlik.

Re: Bobbejaan jag

Posted: Mon Aug 22, 2016 7:22 am
by Frederik
Lelike paar tande daar.

Re: Bobbejaan jag

Posted: Mon Aug 22, 2016 5:14 pm
by partner
Dit is nou n diep skoot daai.
Groete Partner

Re: Bobbejaan jag

Posted: Mon Aug 22, 2016 5:49 pm
by Gawie(13mm)
Mooi man.
Vertel bietjie hoe jy die mater gejag het.

Re: Bobbejaan jag

Posted: Mon Aug 22, 2016 6:19 pm
by Heinz Petersen
Lyk vir my daai bobbejaan het aaptwak gevat dat sy tande so geel is.

Re: Bobbejaan jag

Posted: Mon Aug 22, 2016 7:37 pm
by Capt. Yoda
Lekker groot ou daai,netjies

Re: Bobbejaan jag

Posted: Thu Aug 25, 2016 10:45 pm
by Brennie
Jammer ek sien nou eers julle boodskappe manne. Dankie almal. Ek het laas naweek op n plaas met die naam van Klein pella gaan kuier net so 60km buite Pofadder hier in die Noord-Kaap. Die plaas is groot in die Dadel en tafel druiwe bedryf. Karsten boerdery vir die wat hulel ken. Die bobbejane en ape is n verpesting in die Dadel en Druiwe boorde. Ek het vroeg die oggend agter die gaste huis in n kloof die bobbejane gehoor en in hulle rigting gestap. Hulle is baie baie skelm soos ons almal weet..... ek het toe n le plek gekry my creedmoor met sy bipod staan gemaak en my ander helfte het vir my gerange met die Leica. 366m gedial en die kruis-haar op brandwag se bors laat vas suig en die sneller saggies gedruk. Hy weet nou nog nie wat hom getref het nie [SMILING FACE WITH OPEN MOUTH AND COLD SWEAT]

Groete
Brennie

I SHOOT BETTER, I SHOOT BERGER

Re: Bobbejaan jag

Posted: Fri Aug 26, 2016 8:54 am
by LoveHenties
Sal so graag 'n dag in 'n blind wil deurbring lanks so boord. Al skrik ek hulle net af, is dit al genoeg!

Re: Bobbejaan jag

Posted: Sat Dec 24, 2016 6:37 am
by Viking
Dra julle manne kennis van n verbod op bobbejaan jag in die Wes-kaap?

Onderstaande artikel - "Baboons have been a protected species in the Western Cape since 2000."

Baboon-proof' your home - City of Cape Town warns

http://www.news24.com/SouthAfrica/News/ ... s-20161223?

Re: Bobbejaan jag

Posted: Sat Dec 24, 2016 7:19 am
by win270
Absoluut belaglik om soveel voorsorg te tref by jou woonhuis net om bobbejane "met rus te laat". Maak die getalle minder, maar op verantwoordelike wyse.

Re: Bobbejaan jag

Posted: Sat Dec 24, 2016 7:53 am
by Giepie
Gelukkig is Pella in Noord-Kaap. ;D Mooi wêreld daardie, het al 'n nag by Klein Pella gekamp, baie lekker gewees.

Sal ook graag wil gaan help met bobbejane.

Re: Bobbejaan jag

Posted: Sat Dec 24, 2016 8:55 am
by DeonvTonder
Sover ek verstaan is hulle net beskermd in die stede. Volgens Cape Nature mag ons 2 per dag skiet in die Overberg. So indien hulle skade maak, dan maak ek ook skade terug

Re: Bobbejaan jag

Posted: Tue Dec 27, 2016 6:09 pm
by win270
Lees ook hier oor die skade wat bobbejane op veeplase aanrig:

http://www.netwerk24.com/Nuus/Algemeen/ ... i-20161227