Page 1 of 1

FHM se troue!

Posted: Tue Aug 16, 2016 8:59 pm
by ruaanb
By die groot en deftige troue kom die Predikant by díé gedeelte van die huweliksformulier waar gevra word of daar enige een is wat teen die huwelik gekant is, of dan vir ewige te swyg!
In die heel agterste ry van die kerk staan daar toe n' elegant geklede, aantreklike dame, met n' baba in die arms op en baan haar weg na vore! Meteens is die hele kerk grafstil, almal se oë vasgenaal op díé dame wat met n' klik-klak geluid van haar skoene in die gang afbeweeg! Die bruid gee die bruidegom n' klap wat deur die stil kerk weergalm! Die bruid se ma val flou met n' gil op haar lippe! Die stooijonker staar sy vriend met afgryse aan! Die bruid se pa kyk met haat in sy oë na sy dogter se aanstaande skoonfamilie!
Predikant, met n' baie droë keel: "W-w-wat is u b-beswaar, dame?"
Dame antwoord: "Ons kan niks hoor dáár agter nie!"
[FACE WITH TEARS OF JOY][FACE WITH TEARS OF JOY][FACE WITH TEARS OF JOY][FACE WITH TEARS OF JOY][FACE WITH TEARS OF JOY]

Re: FHM se troue!

Posted: Wed Aug 17, 2016 10:22 am
by FHM
Biksim jy het my aan die worrie gehad vir n paar sekondes met die een!!! :):
Goeie een ! ++>:

Re: FHM se troue!

Posted: Wed Aug 17, 2016 4:33 pm
by partner
Lekker een die. Baie geniet.