Page 1 of 1

Nuwe lid

Posted: Sun Aug 14, 2016 6:53 pm
by WicusdP
Naand menere

Ek stel graag myself bekend.

My naam is Wicus en is oorspronklik van Ceres. Ek hou myself besig met belasting....maar dit wil julle waarskynlik nie weet nie.

My liefde vir gewere, jag en veld loop dik. My vrou deel 'n groot deel hiervan.....weet nie of dit 'n voordeel of nadeel is nie. Dit maak wel die vra vir goedkeuring vir 'n nuwe geweer/scope effens makliker.

Ek is 'n gereelde leser/besoeker van jul forum. Hoop om positiewe bydraes te maak in die toekoms.

Groete,
Wicus

Re: Nuwe lid

Posted: Sun Aug 14, 2016 6:57 pm
by Heinz Petersen
Welkom Wicus. Ja, dit is n groot voordeel as jou vrou saam met jou die skietgoed deel.
Ons hoor graag van jou bydraes tot die skietgoed

Re: Nuwe lid

Posted: Sun Aug 14, 2016 8:00 pm
by Gian_dP
Welkom mater. Jy sal lekker kuier hier!

Re: Nuwe lid

Posted: Mon Aug 15, 2016 9:52 am
by Boesman10
Welkom op die forum Wicus.

Re: Nuwe lid

Posted: Tue Aug 23, 2016 12:32 pm
by Dirksin
Goeie Dag Almal
Ek is Deriek Cloete woonagtig te L'Agulhas die Suidste Punt van Afrika.
Ek is van kinderdae af lief vir jag en Gewere.
Ons besit n tuisnywerheid hier waar ek baie wildsvleis moet bewerk vir die besigheid.
Ek is ook baie betrokke by ons Skietklub hier in die Overberg.

Ek besit n: Savage 300 WSM
Brno 30-06
Brno Side by Side Haelgeweer
Brno LR . 22
Baretta O/U Haelgeweer
A.Uberti 357 Mag.
Gamo Windbuks.

Re: Nuwe lid

Posted: Tue Aug 23, 2016 12:36 pm
by PWV
Welkom Wicus en Dirk.
Terwyl Wicus ons belasting uitsort en Dirk kos maak, kan ons lekker om die kampvuur kuier!

Re: Nuwe lid

Posted: Tue Aug 23, 2016 12:39 pm
by ruaanb
welkom!