Page 1 of 1

Loop koud maak.

Posted: Wed Aug 10, 2016 2:17 pm
by Bierseun
Ek wil graag weet wat maak julle om 'n loop koud te kry op die skietbaan veral as die tyd bietjie druk ?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Loop koud maak.

Posted: Wed Aug 10, 2016 2:31 pm
by Kolhasie
Bierseun wrote:Ek wil graag weet wat maak julle om 'n loop koud te kry op die skietbaan veral as die tyd bietjie druk ?


Sent from my iPhone using Tapatalk
sommer n nat lappie.

Groete KH

Re: Loop koud maak.

Posted: Wed Aug 10, 2016 3:35 pm
by Ritchie
Google bietjie BarrelCool

Re: Loop koud maak.

Posted: Wed Aug 10, 2016 3:39 pm
by Giepie
So afgetrede oom gesien met 'n Savage 338 Lapua. Wanneer hy by die skietbaan kom, haal hy sy koelhouer vol ys uit, sit 'n handdoek daarin, dan stel hy sy geweer op. Skiet een skoot, haal nat handdoek uit koelhouer uit en draai dit om die loop. Dan stap hy teiken toe, bestudeer dit vir 5 minute, kom terug, stel die teleskoop, haal die handdoek af en sit dit weer terug in die koelhouer, skiet een skoot, gaan weer deur die proses. Maar dan druk die tyd nie. :confused:

'n Nat lappie kan seker werk, ek hou netnie van die water op die loop nie.

Re: Loop koud maak.

Posted: Wed Aug 10, 2016 4:09 pm
by Edu
Ek het weer iewers gelees mens moet die ding natuurlik laat afkoel.
Blykbaar kan dit nadelig wees vir die staal as mens die loop vinnig koud maak?

Re: Loop koud maak.

Posted: Wed Aug 10, 2016 4:52 pm
by Jurgen Visser
Julle moet kyk , erens hier op die forum is 'n draad daaroor , klein fan eenheid wat van battery af werk , word daar by die slot ingedruk en koel die loop af met lug wat daardeur blaas , soek net , dit is hier op die forum bespreek al

Re: Loop koud maak.

Posted: Wed Aug 10, 2016 4:57 pm
by Bierseun
//uploads.tapatalk-cdn.com/20160810/2ba752bfbb307b4f2914338e559ba24a.jpg
Wat dink julle van die ? Silver kant kom aan 'n 12 v compressor, die soort war die 4x4 manne gebruik vir hulle bande op pomp. Die anderkant in die loop, 160 l per minuut dink ek sal die ding doen.


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Loop koud maak.

Posted: Wed Aug 10, 2016 5:48 pm
by Reggie Gerber
Sal daar nie water in die loop kom nie van die lug wat jy deurblaas?

Re: Loop koud maak.

Posted: Wed Aug 10, 2016 6:18 pm
by Bierseun
Ek sien op youtube daar is iemand wat water gebruik en dan net die loop droog maak. Ek glo die bietjie vogtigheid wat ek gaan kry sal weglaatbaar klein wees ek dink ek sal net n droeë lappie of twee daar deur trek en dan geen probleem hê nie ( hopelik )


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Loop koud maak.

Posted: Wed Aug 10, 2016 6:21 pm
by henning
Edu wrote:Ek het weer iewers gelees mens moet die ding natuurlik laat afkoel.
Blykbaar kan dit nadelig wees vir die staal as mens die loop vinnig koud maak?
Edu, die vinnig afkoel waarvan jy praat is net ter sprake as die loop sy krietiese temperatuur bereik en dit sommer baie warm.
Anders sal dit geen verkil maak aan die staal nie.
Doen jou self n guns en google oor messe maak en die temperature wat die verandering in staal laat plaasvind dan sal jy besef waaroor dit gaan.
En as jy nog steeds twyfel kry vir jou n infra rooi meter wat die temperatuur van die staal kan meet, dan weet jy presies waar jy staan.

Groete
henning

Re: Loop koud maak.

Posted: Wed Aug 10, 2016 6:21 pm
by Bierseun
Ek weet nie of die compressor water sal produseer agv druk nie want hy het nie n reservoir nie so ek neem aan agv gewone lug vloei geen water al wat ek kan doen is toets ek gaan Saterdag die patent uit toets sal jou laat weet wat gebeur.


Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Loop koud maak.

Posted: Wed Aug 10, 2016 6:34 pm
by henning
Nog iets wat my byval is dat jy moet minder bekommerd wees oor die metalurgie van die staal maar eerder dat die lande van die loop vinniger weg brand teen hoer temperature.
Wil jou net daarop attent maak dat dit meer belangrik is om die kamer koud te maak as die loop.

Groete
Henning

Re: Loop koud maak.

Posted: Thu Aug 11, 2016 7:10 am
by Edu
Dankie Henning

Re: Loop koud maak.

Posted: Thu Aug 11, 2016 6:47 pm
by henning
Edu, nog iets wat jy dalk sal interesant vind is dat die manne is redelik gesteld oor ammunisie temperatuur want hoe warmer die ammunisie hoe vinniger gaan die koeel loop en dalk vir jou van jou node afdruk.
Nou die probleem is dat as jou loop warm geskiet is en jy laai n rondte, en los hom te lank in die kamer voor jy skiet dan gaan daardie rondte die temperatuur van die kamer aan neem en jy skiet n baie warm koeel.
Ek het n infra rooi meter waarmee ek ammunisie temperatuur meet en het al toetse gedoen en glo my dat die ammunisie se temperatuur verander baie vinnig omdat brass is n baie goeie geleier van hitte.
Uit hiedie waarneming kamer ek nie n rondte tensy ek voel ek is redelik naby aan skiet.

Groete
henning