Page 1 of 1
Vye boom groei
Posted: Wed Aug 10, 2016 12:16 pm
by FCLoretz
Middag aan al die manne met die groen vingers!!
Ek het 'n Vye boom in die erf wat baie mooi groei en mooi vrugte dra. Ek het 'n aantal vriende en familie lede wat graag ook 'n boom soek. Maar vir die lewe van my kan ek nie stiggies lewendig hou nie.
Tans sny ek 'n stiggie af en dan los ek hom in water tot hy wortels skiet en weer blare vorm. Sodra ek die stiggie dan uitplant in 'n pot of in die grond in plant, dan vrek die stiggie redelik kort daarna.
Ek soek asb advies. Wat kan ek anders/beter doen?
Re: Vye boom groei
Posted: Wed Aug 10, 2016 12:22 pm
by Supacow
plant hom met die bak water

Re: Vye boom groei
Posted: Wed Aug 10, 2016 12:23 pm
by FCLoretz
Supacow wrote:plant hom met die bak water

Ek het al probeer om stadig grond by te voeg terwyl die stiggie in die water is. Maar dan vrek hy ook.
Re: Vye boom groei
Posted: Wed Aug 10, 2016 12:30 pm
by FHM
Frederick gaan loer bietjie hierso
http://www.gardeningknowhow.com/edible/ ... gation.htm
Klink of hulle weet wat hulle doen om die loote aan die groei te kry

Re: Vye boom groei
Posted: Wed Aug 10, 2016 12:35 pm
by FCLoretz
Dankie mater,
Die verskil hier is die mense plant direk in die grond om wortels te laat skiet en nie eers in water soos ek doen nie. Ek sal weer moet probeer volgende maand.
Re: Vye boom groei
Posted: Wed Aug 10, 2016 12:53 pm
by 3006
Frederik
Ons het gewoonlik n loot net so vars afgepluk in die grond gedruk en dan maar net nat gehou tot hy behoorlik gevat het.
Groete
Cobus
Re: Vye boom groei
Posted: Wed Aug 10, 2016 12:59 pm
by blaser
jy moet hormoon poeier kry
Re: Vye boom groei
Posted: Wed Aug 10, 2016 1:05 pm
by FHM
blaser wrote:jy moet hormoon poeier kry
...vir die vye loot?
Re: Vye boom groei
Posted: Wed Aug 10, 2016 1:08 pm
by THOMAST
FHM wrote:blaser wrote:jy moet hormoon poeier kry
...vir die vye loot?
Vir spinnekoppe

Re: Vye boom groei
Posted: Wed Aug 10, 2016 1:13 pm
by blaser
ja jy koop dit by n kwekery
Re: Vye boom groei
Posted: Wed Aug 10, 2016 1:17 pm
by Omnia
Druk hom net so in die grond , onthou net al die krag gaan nou wortel toe , jy soek 'n goeie NPK verhouding , iets soos 'n 5.3.4 Kunsmis . En lekker kompos
Re: Vye boom groei
Posted: Wed Aug 10, 2016 1:23 pm
by Supacow
Ek kry ook geen verskil met of sonder die poeier. Wilgertakke wat in water le se water stimuleer glo wortelgroei asook Disprin opgelos in water. Daar het jul dit. Sommer klaar die Disprin ingewerk vir die spinnekoppe
Re: Vye boom groei
Posted: Wed Aug 10, 2016 1:33 pm
by PWV
Re: Vye boom groei
Posted: Wed Aug 10, 2016 1:40 pm
by FCLoretz
Dankie oom PWV
Re: Vye boom groei
Posted: Wed Aug 10, 2016 7:55 pm
by henning
Se ook dat hormoon poeier werk elke keer.
Groete
henning
Re: Vye boom groei
Posted: Wed Aug 10, 2016 9:11 pm
by Johan Nel
Frederick,
Jy behoort reg te kom deur die Ficus steggie direk in grond te wortel soos menige ander manne al reeds gesĂȘ het. Vir 'n interessante iets anders kan jy ook 'n luginlĂȘer maak. Dit werk uitstekend vir all Ficussoorte en as jy vir iemand ver wil stuur sal jy dit selfs per pos kan stuur...
