Page 1 of 1

Nodes vir 30-06

Posted: Wed Aug 10, 2016 9:20 am
by deserthuntr
Goeiemore manne

Kan julle my asb help met nodes vir die volgende?:
30-06, Sako FS 20" loop
Sierra GK 165gr SPBT
Winchester doppe H2O 69.8gr
CCI200 primers
S355
TPL=82.4mm

48gr 2372fps
49 2472
50 2540
51 2610
52 2691
53 2740 - tekens van druk begin wys.

Hoe bepaal mens die ware lengte van 'n loop akkuraat vir QL? Baie dankie.

Ian

Re: Nodes vir 30-06

Posted: Wed Aug 10, 2016 9:39 am
by DawieKotze
deserthuntr wrote:
Hoe bepaal mens die ware lengte van 'n loop akkuraat vir QL? Baie dankie.

Ian
Span die slot sodat die slagpen terug getrek is. Steek nou 'n laaistok voor by die loop in tot teen die slotgesig. Maak 'n merkie op die laaistok by die kroon en meet.

Re: Nodes vir 30-06

Posted: Thu Aug 11, 2016 3:12 pm
by deserthuntr
Baie dankie Dawie. Kan enige iemand my dalk help met die nodes assegrootblief. Is bietjie raadop.

Re: Nodes vir 30-06

Posted: Thu Aug 11, 2016 3:19 pm
by ruaanb
Jy sal eers werklike looplengte moet gee.

Re: Nodes vir 30-06

Posted: Sat Aug 13, 2016 8:08 pm
by deserthuntr
Jammer dit het so lank geneem, was bietjie weg van die huis af. Die loop is 511mm lank.

Re: Nodes vir 30-06

Posted: Sat Aug 13, 2016 9:44 pm
by tripodmvr
Lading van 53gr is prakties op die node by 2742vps. Druk is 59K psi - maks druk is 60K psi.

Die laer node is by 2630vps en 50,5gr behoort jou daar te kry.

Re: Nodes vir 30-06

Posted: Sat Aug 13, 2016 10:07 pm
by deserthuntr
Baie baie dankie oom Driepoot, waardeer dit baie.

Lekker aand en groetnis.

Re: Nodes vir 30-06

Posted: Sun Aug 14, 2016 11:25 am
by deserthuntr
Oom bedoel nie dalk 51.5gr nie?

Re: Nodes vir 30-06

Posted: Sun Aug 14, 2016 12:37 pm
by tripodmvr
Jammer, moet lees 51,4gr. Die brandtempo het baie begin toeneem soos die druk verhoog het.