Page 1 of 1

QL hulp groot asseblief met 2 roere , 6.5x47 Lapua en 22-250

Posted: Sun Aug 07, 2016 5:23 pm
by Henna308
Goeie naand almal

Ek wil asb die kundiges op QL bietjie raadpleeg. Ek het 'n 6.5x47 Lapua en 'n .22-250 waarvoor ek bietjie hulp wil vra. Die chony was in al die gevalle hier onder genoem 5m weg van die tromp af gewees.

Die 6.5x47 se data is soos volg:
Loop lengte is 25 duim
Twist = 1:8
Dop kapasiteit 48.48gr H2O
S355 Lot 11
CCI BR4 slagdop

Lading #1 123gr Nosler CC TPL = 68 mm, Lande =68.9mm
37.5gr
MV 1 = 2691 ft/s
ES = 49 ft/s
Lading #2 123 Nosler CC
38.75gr
MV 2 = 2806
ES = 29 ft/s

Lading #1 140gr Nosler CC TPL = 68.7mm, Lande = 69.06mm
36.5gr
MV 1 = 2615 ft/s
ES = 10 ft/s
Lading #2 140gr Nosler CC
38.25 gr
MV 2 = 2719 ft/s
ES = 16 ft/s

En vir die 22-250
Loop lengte = 24 duim
Twist = 1:8.7 gemeet
Dop kapasiteit = 45.14gr H2O
CCI 200 slagdop
S365 kombinasie van 3 vesrkillende lotte gemeng

Lading #1 60gr Hornady V-Max TPL = 60mm, Lande = 62.74mm
35.9gr
MV 1 = 3127 ft/s
ES 29 ft/s
Lading #2 60gr Hornady V-Max
37.4gr
MV 2 = 3384 ft/s
ES = 52 ft/s

Lading #1 69gr Nosler CC TPL = 61mm, Lande = 63.38mm
34.9 gr
MV 1 = 2956 ft/s
ES = 26 ft/s
Lading #2 69gr Nosler CC
36.7gr
MV 2 = 3176 ft/s
ES = 30 ft/s

Ek sal dit baie waardeer manne. Ek hoop die inligting is volledig genoeg dat julle dit kan gebruik.

Groete

Re: QL hulp groot asseblief met 2 roere , 6.5x47 Lapua en 22

Posted: Wed Aug 10, 2016 7:30 am
by Henna308
Niemand nie? Net een korreksie, die S355 is lot 10 en nie 11 nie.

Re: QL hulp groot asseblief met 2 roere , 6.5x47 Lapua en 22

Posted: Wed Aug 10, 2016 9:27 am
by Hansieslim
Wees maar effe geduldig Henna. Glo iemand sal jou binnekort bystaan.

Re: QL hulp groot asseblief met 2 roere , 6.5x47 Lapua en 22

Posted: Mon Aug 15, 2016 7:07 am
by Henna308
Manne het ek ietsie verkeerd gedoen of gesê dat die kundiges niks sê nie?

Re: QL hulp groot asseblief met 2 roere , 6.5x47 Lapua en 22

Posted: Mon Aug 15, 2016 11:57 am
by tripodmvr
Die kundiges se tyd is min. Sal vanaand se kant loer. Bump net weer jou plasing sodat ek dit weer raaksien of stuur PM.

Jy sou makliker hulp onder QL in die herlaai afdeling gekry het.

Re: QL hulp groot asseblief met 2 roere , 6.5x47 Lapua en 22

Posted: Mon Aug 15, 2016 12:08 pm
by Hansieslim
Bump?
Is dit n instruksie aan die forum om jou draad weer te plaas? Of tik mens net "bump". Ek is onbekend met die term/funksie. Verskoon maar asb. die moontlik onnosele vraag.

Re: QL hulp groot asseblief met 2 roere , 6.5x47 Lapua en 22

Posted: Mon Aug 15, 2016 1:14 pm
by tripodmvr
Hansieslim wrote:Bump?
Is dit n instruksie aan die forum om jou draad weer te plaas? Of tik mens net "bump". Ek is onbekend met die term/funksie. Verskoon maar asb. die moontlik onnosele vraag.
Is maar net 'n manier om weer jou boodskap te verfris en die ander te herinner dat jy reaksie soek. Jy kan seker "hallo, ek soek 'n antwoord" ook tik

Re: QL hulp groot asseblief met 2 roere , 6.5x47 Lapua en 22

Posted: Mon Aug 15, 2016 1:30 pm
by Hansieslim
Dankie Oom

Re: QL hulp groot asseblief met 2 roere , 6.5x47 Lapua en 22

Posted: Thu Aug 18, 2016 8:21 am
by Henna308
bump...

Re: QL hulp groot asseblief met 2 roere , 6.5x47 Lapua en 22

Posted: Thu Aug 18, 2016 8:41 pm
by tripodmvr
Nosler 123CC

Hoogste node by 2763vps op chrony met 38,1gr S355.

Re: QL hulp groot asseblief met 2 roere , 6.5x47 Lapua en 22

Posted: Thu Aug 18, 2016 8:45 pm
by tripodmvr
Nosler 140CC

2688vps op chrony met 37,7gr

Re: QL hulp groot asseblief met 2 roere , 6.5x47 Lapua en 22

Posted: Fri Aug 19, 2016 7:09 am
by Henna308
Baie dankie oom Tripod! Sal dit gaan probeer en kyk wat maak hy

Re: QL hulp groot asseblief met 2 roere , 6.5x47 Lapua en 22

Posted: Sat Aug 20, 2016 11:10 am
by tripodmvr
Jou 22-250

60 Vmax

37,5gr vir nodespoed van 3394vps op chrony 5m weg
39,3gr vir spoed van 3568vps - hierdie is 'n saamgepesrte lading, maar druk is by 54K psi en dus baie veilig - maks is 65K psi.

69 CC

3100vps met 35,9gr
3335vps met 38,5gr

Re: QL hulp groot asseblief met 2 roere , 6.5x47 Lapua en 22

Posted: Mon Aug 22, 2016 7:10 am
by Henna308
Baie dankie oom Tripod. As dit nie vir oom baie moeite gaan wees nie, kan oom dalk vir my sê wat is die drukke op daai 6.5x47 se ladings?

Ek waardeer oom se moeite vreeslik baie!