Groot Marico jag
Posted: Sat Jul 16, 2011 6:00 pm
Goeie dag almal
Ek het die geleentheid gehad om vanaf Sondag die 10de tot Woensdag te gaan jag.
Ek en my vrou, my broer, 'n vriend van ons en sy verloofde. Om bietjie die prentjie in te kleur, Ek het in 2009 by eerste bok geskiet. My broer nog nooit, ons vriend nog nooit. Nie een van ons familie lede jag nie.
Ek wag nog vir my 300WM lisensie. Die boer was egter bereid om sy 308 en sy 9.3 x 57 vir ons te leen. Maandag oggend vroeg skietbaan toe. Ek skiet toe sommer eerste met die 9.3x57 op 50m. So 20mm hoog maar darm in die middel. Met die 308 perfekte kolskoot. My broer met die 9.3 ook so 20mm hoog en so 15mm na regs. Ons vriend met die 308 so duim hoog en regs. Ons reken toe vir bosveld skiet is ons seker darm nie te ver nie.
Gaan toe uit met die bakkie. Ons sien toe vlakvarke van 'n koppie af, so 800m van ons af. My vriend loop toe met die 308 en bekruip hulle tot so 60m. Hy skiet 'n kopskoot. Nie perfek nie, maar die vark waggel rond. Skiet hom toe vanaf so 30m weer kopskoot. Nie massiewe vark nie maar 'n lekker grote.
Die middag gaan stap ons. Ons stap so amper 3 ure. Toe ons so 500m vanaf waar die bakkie ons weer gaan oplaai kom, Sien my vrou die wildebees. Ek l? sommer oor die gids se skouer aan. Die wildebees staan agter 'n sekelbos en eet. Ek sien net haar kop. Toe sy dit weer optel toe skiet ek. Net agter die oor en so duim of wat laar. Sy spring weg en val 15 meter verder neer. Toe ons by haar kom is sy klaar dood.