Page 1 of 1

Hulp nodig met kaliber keuse.. ASB

Posted: Fri Jul 15, 2011 10:32 pm
by KalahariKlong
Naand maters,

Hier is die ding. Ek is opsoek na 'n lekker kaliber wat platskiet, min recoil, goedkoop om te herlaai. Dit sal meestal gebruik word om op die baan te "speel" en dan ook 'n roer waarmee ek my meisiekind kan leer skiet.

Die volgende het vir my na goeie opsies gelyk: 223 WSSM, 204 Ruger en dan natuurlik die 223 Rem. Ek kon nie inligting kry op 'n 223 AI nie, glo dit kan ook 'n lekker kaliber wees.

Soos julle kan sien hou ek maar van iets "anders" wat almal nie het nie.
Ek sal julle bydrae waardeer in die verband, dalk is daar soort gelyke kalibers wat ek gemis het.
Enige iemand wat kennis het van die kalibers gesels ook asb.

Groete
KK

Re: Hulp nodig met kaliber keuse.. ASB

Posted: Fri Jul 15, 2011 10:44 pm
by Hein M.
KK

Wat neuk jy met iets beter as 223 as jy weet dat die 243 beter is as die res? :D

Spaar jouself 'n klomp moeite man ;D

Hein

Re: Hulp nodig met kaliber keuse.. ASB

Posted: Fri Jul 15, 2011 10:50 pm
by Monrique (SJ)
KK


Ek dink jou goedkoopste opsie gaan dalk die .223Rem of AI wees.  Doppe is vrylik beskikbaar en die die set nog redelik goedkoop.
DOppe gaan heel moontlik die probleem wees met die WSSM of 204 Ruger.  

Voer Camdix dan nie die 204 in teen n goeie prys? Dalk kan hulle sommer vir jou n klomp doppe en koeels ook inbring, indien jy daai pad wil stap?
n Ander opsie is dalk die 220Swift, kyk op S&O se site of hulle dalk die roere verkoop en of hulle doppe het.


Groetnis

Re: Hulp nodig met kaliber keuse.. ASB

Posted: Fri Jul 15, 2011 10:57 pm
by KalahariKlong
Ai Hein, ai...  ;D
Ek het geweet ek gaan dit hoor. ..

Sj, ja my vriend. Die doppe behoort nie te groot probleem te wees nie.
Hulle bring die 204's nou in.
Volgens S&O se site is daar maar min roere by hulle. Nie eers 223's nie.

Ek heg die aan vir interesantheid.

223 WSSM with 55 grn Hornady V-Max bullets
Maximum Load: 46.8 grn H4350 @ 3886 fps
Maximum Load: 47.5 grn H4350 @ 3881 fps
Maximum Load: 41.8 grn BL-C(2) @ 3841 fps
Maximum Load: 40.5 grn Varget @ 3836 fps



204 Ruger with 50 grn Berger HPBT
Maximum Load: 25.7 grn H4895 @ 3352 fps
Maximum Load: 27.0 grn BL-C(2) @ 3334 fps
Maximum Load: 26.0 grn Varget @ 3287 fps
Maximum Load: 24.3 grn H335 @ 3268 fps

204 Ruger with 32 grn Hornady V-Max
Maximum Load: 30.7 grn BL-C(2) @ 4081 fps
Maximum Load: 28.0 grn Benchmark @ 4047 fps
Maximum Load: 28.3 grn H335 @ 4044 fps
Maximum Load: 27.5 grn H222 @ 4030 fps

Ek glo nie ons sal daar uitkom met ons beperkte kruit nie.

Re: Hulp nodig met kaliber keuse.. ASB

Posted: Fri Jul 15, 2011 11:07 pm
by Monrique (SJ)
KK

Sover ek kan onthou het FM n 204, miskien kan jy met hom gesels, en wou of het Hein, KSV, nie dalk intussen ene ryker geword nie.

Dis maar n moeilike besluit!! ;D ;D

Groetnis

Re: Hulp nodig met kaliber keuse.. ASB

Posted: Sat Jul 16, 2011 7:38 am
by Gerhard
Ek sou die 223 Rem gekies het.

Redelik goed koop om te herlaai en skiet mooi tot op 300m die wind kan bietjie pla maar dink dit gaan mooi werk vir wat jy wil doen.

Re: Hulp nodig met kaliber keuse.. ASB

Posted: Sat Jul 16, 2011 8:13 am
by blaser
kalahari
ek skiet die 204 en kom baie na aan daai spoed 32gr vmax met s321

Re: Hulp nodig met kaliber keuse.. ASB

Posted: Sat Jul 16, 2011 8:14 am
by Pumba30-06
More KK
Watter ander kalibers het jy?
As jy nie klaar n roer het wat jy kan af laai nie, kyk na die 243. Soos Hein se, hy is ma die beste.
Ek het 'n 243, maar nou die dag toe sien ek die Remington SPS Varmint vir R9500, en nou begin my kop allerande redes soek om so een te koop in 223.
Dit lyk na n vrek lekker roer met 26" semmi bull barrel en die prys is vir baie aantreklik!
Groete

Re: Hulp nodig met kaliber keuse.. ASB

Posted: Sat Jul 16, 2011 7:21 pm
by KalahariKlong
Dankie vir die terugvoer manne.
Ek het tans 'n 7x64 en stel nie belang in die 243 nie.
Ek is juis opsoek na 'n klein kaliber.
Ek vermy die 220 swift, 22250 agv van die feit dat hulle lope vreet.

@ Remington, vertel my bietjie van die 204 ruger.
Wat maak hy tot op 300m, wind, herlaaibaarheid van rontes en beskikbaarheid van komponenete.

Kan ieman vir my 'n vergelyking tref tussen die 204 en 223?

KK

Re: Hulp nodig met kaliber keuse.. ASB

Posted: Sat Jul 16, 2011 7:42 pm
by Gerhard
204 Ruger

Bullet weight/type                Velocity                          Energy
32 gr (2.1 g) BT                4,225 ft/s (1,288 m/s)        1,268 ft?lbf (1,719 J)
40 gr (2.6 g) BT                3,900 ft/s (1,200 m/s)        1,351 ft?lbf (1,832 J)
45 gr (2.9 g) SP                3,625 ft/s (1,105 m/s)        1,313 ft?lbf (1,780 J)

223 Rem

Bullet weight/type                        Velocity                        Energy
36 gr (2.3 g) JHP                        3,750 ft/s (1,140 m/s)      1,124 ft?lbf (1,524 J)
55 gr (3.6 g) Nosler ballistic tip      3,240 ft/s (990 m/s)        1,282 ft?lbf (1,738 J)
60 gr (3.9 g) Nosler partition        3,160 ft/s (960 m/s)        1,330 ft?lbf (1,800 J)
69 gr (4.5 g) BTHP                      2,950 ft/s (900 m/s)        1,333 ft?lbf (1,807 J)
77 gr (5.0 g) BTHP                      2,750 ft/s (840 m/s)        1,293 ft?lbf (1,753 J)

Re: Hulp nodig met kaliber keuse.. ASB

Posted: Sat Jul 16, 2011 8:37 pm
by blaser
kalahari
die 204 is lekker en gemaklik tot 300 meter ek het n semi auto en is daar geen terugskop nie en sien jy duur die scope waar jy skiet
ek het genoeg komponete vanaf vsa ingebring om my vir n lang ruk besig te hou maar is daar ook hier beskikbaar
ek weet in windhoek is al die goed beskikbaar ek hoor gs castom maak ook die punte en impala maak defnitief
die geweer is doodelik akuraat die 32gr punte is goed maar voel ek meer gemaklil met die 40 gr punte veral as jy jakals in lang gras skiet

Re: Hulp nodig met kaliber keuse.. ASB

Posted: Sat Jul 16, 2011 8:46 pm
by KalahariKlong
Baie dankie vir die antwoord remington. Die kaliber interreseer my baie veral omdat dit so 'n plat trajek het, min terugskop en die energy tabel geplaas deur Gerhard (dankie) lyk ook baie goed. Lyk my die roer kompeteer baie goed teen die 22 250 as ek so na die tabelle kyk?
Wie vervaardig die kaliber (Howa, Remington..), of sal dit beter wees om 'n pasmaak geweer te laat bou?

Groete
KK

Re: Hulp nodig met kaliber keuse.. ASB

Posted: Sat Jul 16, 2011 9:34 pm
by blaser
ek het n remington r15  maar die howa is ook baie goed en ruger maak ook n baie mooi geweer

Re: Hulp nodig met kaliber keuse.. ASB

Posted: Sat Jul 16, 2011 9:38 pm
by KalahariKlong
Dankie, ek gaan loer. Klink na 'n lekker geweer.

Re: Hulp nodig met kaliber keuse.. ASB

Posted: Sun Jul 17, 2011 8:07 am
by Piet Breedt
Ek ken nie die 204's nie, maar het self n .223 al van 1981 af, en .22 250. Die .223 het ek gebruik vir oes werk en het baie duisende bokke met hom geskiet. Sy loop het gehou vir ongeveer 12000 skote. Dit is n bitter lekker klein kaliber geweertjie. My jongste meisiekind het haar eerste bok met hom geskiet, en hom toe ge eien as haar geweer. Sy het nou al n klomp bokke en varke met hom geskiet. Hy laai ook baie maklik, en sy komponente is goedkoop en hy vra min kruit. Nee wat, vir hom is ek bitter lief.

Re: Hulp nodig met kaliber keuse.. ASB

Posted: Sun Jul 17, 2011 9:04 am
by HUNTER
Piet

Ek stem saam die 223 is in die klein kalibers vir my ook die wenner, alles is oral maklik beskikbaar en hy laai goedkoop en alhoewel hy ook maar windgevoelig is sal ek hom verseker verkies bo die 204.

Groete

Hunter

Re: Hulp nodig met kaliber keuse.. ASB

Posted: Sun Jul 17, 2011 11:23 am
by blaser
daar is weinig verskil in kostes om n 204 of 223 te herlaai

Re: Hulp nodig met kaliber keuse.. ASB

Posted: Thu Jul 21, 2011 5:32 pm
by KalahariKlong
Dankie vir die inligting. Ai , ek wens ons lesensie stelsel was bietjie anders. Kaliber keuse is vir my amper soos vrou vat..

Groete
KK

Re: Hulp nodig met kaliber keuse.. ASB

Posted: Thu Jul 21, 2011 6:04 pm
by Ponkie
Oom Piet

Terwyl ons met die onderwerp besig is...
Oom noem dat Oom 'n 22-250 ook het, maar die 223 baie meer werk gehad het as die 22-250. Kan Oom dalk vir interessantheid ons se hoekom?
My 2de wapen, 'n 22-250 Rem, model 700 se aansoek is nou in werking.

Glo ook die 223 is KK se beter opsie vir waarvoor Oom dit wil gebruik.

Groetnis
Ponkie

Re: Hulp nodig met kaliber keuse.. ASB

Posted: Thu Jul 21, 2011 8:48 pm
by Hein M.
Ponkie wrote: Oom Piet

Terwyl ons met die onderwerp besig is...
Oom noem dat Oom 'n 22-250 ook het, maar die 223 baie meer werk gehad het as die 22-250. Kan Oom dalk vir interessantheid ons se hoekom?
My 2de wapen, 'n 22-250 Rem, model 700 se aansoek is nou in werking.

Glo ook die 223 is KK se beter opsie vir waarvoor Oom dit wil gebruik.

Groetnis
Ponkie
Ponkie,

Ek weet jy vra vir Piet, maar die antwoord het dalk iets te doen met die 12 000 skote wat die 223 al gegooi het?  Dink die bonzai sal dalk so by 1500 kom?

Hein

Re: Hulp nodig met kaliber keuse.. ASB

Posted: Thu Jul 21, 2011 9:08 pm
by Wouter Roets
KK

Ek sie niemand het jou nog geanwoord oor die 223 Ackley nie. Nou aangesien ek niks weet van hulle nie sal ek maar n raaiskoot vat. ;) Hoe klink 3500ft/sek uit n 24 duim loop op n 55gr koeel en S321 kryt? Droom om te herlaai, sag op die loop, doppe vrylik beskikbaar, helse keuses as dit kom by koeels ens,ens,ens. EN dis iets anders!

Groetnis
Wout

Re: Hulp nodig met kaliber keuse.. ASB

Posted: Thu Jul 21, 2011 9:16 pm
by tripodmvr
Wouter Roets wrote: KK

Ek sie niemand het jou nog geanwoord oor die 223 Ackley nie. Nou aangesien ek niks weet van hulle nie sal ek maar n raaiskoot vat. ;) Hoe klink 3500ft/sek uit n 24 duim loop op n 55gr koeel en S321 kryt? Droom om te herlaai, sag op die loop, doppe vrylik beskikbaar, helse keuses as dit kom by koeels ens,ens,ens. EN dis iets anders!

Groetnis
Wout
Die 223 is 'n goed bewese kaliber en komponente is vrylik beskikbaar. As jy dan die ekstra wil h? maak hom dan 'n Ackley. Jy kan dan nog steeds fabrieks 223 ammo gebruik en dan later herlaai vir die super skote. Min van die ander kalibers bied daardie opsie.

Re: Hulp nodig met kaliber keuse.. ASB

Posted: Fri Jul 22, 2011 11:09 am
by KalahariKlong
Wouter en Tripod, baie dankie vir die inligting.
Ja ek sal verseker die 223 AI as ek op die 223 besluit.
Ek kan net nie help om te voel dat die 204 so min aftrek kry agv die feit dat dit 'n redelike nuwe en vir ons, 'n onbekende kaliber is nie. Weens alle praktiese redes is die 223 dus 'n beter roep, maar soos jy bemerk het Wouter wil ek graag iets anders h?.
Dankie vir julle terugvoer.

Groete
KK