Page 1 of 1

Groot 5 gejag of gegids?

Posted: Fri Jul 15, 2011 12:36 pm
by Hugo
Manne,

Wie hier het almal al die groot 5 gejag of gegids, of van ulle al gejag of van hulle al gegids?

Kom praat bietjie hier en wys ons die fotosman!

Re: Groot 5 gejag of gegids?

Posted: Fri Jul 15, 2011 12:39 pm
by Geno
Hier is my lysie:
Gejag: Buffel en Renoster
Gegids: Renoster, Buffel, Luiperd.
Saamgewees op 'n olifant ook..

Groete,
Eugene

Re: Groot 5 gejag of gegids?

Posted: Fri Jul 15, 2011 12:40 pm
by Hugo
Pics or it did not happen.

Re: Groot 5 gejag of gegids?

Posted: Fri Jul 15, 2011 12:49 pm
by Geno
Sit bietjie jou lysie en fotos op Hugo.

Re: Groot 5 gejag of gegids?

Posted: Fri Jul 15, 2011 12:51 pm
by Frikkiedbr
Sjoe Oom Geno, dit moet seker 'n belewenis wees om al daai mooi dier te kan skiet of the gids.
Ek kan maar net droom en hulle beskou in die diere tuin of wild plaas.

Groete
Frikkie

Re: Groot 5 gejag of gegids?

Posted: Fri Jul 15, 2011 12:54 pm
by Hugo
Geno wrote: Sit bietjie jou lysie en fotos op Hugo.
Nee ou, ek is nie 'n bragger nie.

Ek het nog nie eers op 'n plaas gejag met ellies of renosters nie,

Sorry, eks mar 'n beginner, hehehehehe

Nee ek speel, ek het nog nooit sulke tipe goed gedoen nie en sal seker noot die kans kry nie, so ek verkyk my maar aan ander manne se fotos.

Re: Groot 5 gejag of gegids?

Posted: Fri Jul 15, 2011 1:38 pm
by Dawid
Nognie die geld of die geleentheid gehad om die groot 5 te jag of te gids nie net 1987 help soek na n luiperd in die Soutpansberge.

O alla etter dis senutergend, veral as die honde begin mal raak......wel ons kon hom toe nie opspoor nie, die bloedspoor het verdwyn en die 2 honde het naderhand belangstelling verloor en sommer begin rondspeel.

Ek het die gewere vir dit, dus is dit steeds n droom

Re: Groot 5 gejag of gegids?

Posted: Fri Jul 15, 2011 1:44 pm
by .::Alwyn-U::.
Hoopelik binne kort kry ek geleentheid om Mozam toe te gaan vir Buffels

Re: Groot 5 gejag of gegids?

Posted: Fri Jul 15, 2011 1:55 pm
by Beretta
Geno
Dit gaan seker maar snaaks klink maar wat se sin is daar in om n Renoster te skiet.
Groete
Beretta

Re: Groot 5 gejag of gegids?

Posted: Fri Jul 15, 2011 3:48 pm
by Geno
Beretta wrote: Geno
Dit gaan seker maar snaaks klink maar wat se sin is daar in om n Renoster te skiet.
Groete
Beretta
Nee wat Beretta, dit klink nie snaaks nie.
Absoluut niks. Dis hoekom ek die fotos afgehaal het.

Re: Groot 5 gejag of gegids?

Posted: Fri Jul 15, 2011 3:51 pm
by Beretta
Geno
Dit is reg my maat ek aanvaar dit
Beretta

Re: Groot 5 gejag of gegids?

Posted: Fri Jul 15, 2011 9:20 pm
by .::Alwyn-U::.
Mens kan daai vraag vrae vir baie diere wat gejag word!