Page 1 of 1
Ruger M77 Hawkeye se akkuraatheid
Posted: Fri Jul 15, 2011 8:52 am
by DieLem
Goeie More
Kan iemand my asb help met inligting oor die Ruger M77 hawkeye se akkuraatheid.
Ek is nie vertroud met die geweer nie, maar het al gehoor dat party ouens s? hy is akkuraat en ander s? hy is nie akkuraat nie.
Ek kyk om die die 300 win mag te koop.
Enige inligting sal waardeer word.
Groete
Lem
Re: Ruger M77 Hawkeye se akkuraatheid
Posted: Fri Jul 15, 2011 9:12 am
by Lourens
More Lem,
Ek besit 2 Rugers. Een 'n gewone M77 MKII in .22-250 en die ander 'n M77 Hawkeye in 7mm Rem Mag. Die .22-250 is onsettend vol nonsens en ek het lank gevat om hom te kry skiet soos ek wil he hy moet. Hy is egter een van die vorige generasie rugers voor die Hawkeye uitgekom het en ek het van 'n paar ouens gehoor wat kla oor daai gewere, veral in die klein kalibers. Die 7mm Rem Mag (Hawkeye) is egter weer uit die boks uit super akkuraat en ek skiet 0.5'' groepe met premium fabrieksammunisie. Ek het hom onlangs eers gekry en nog nie tyd gehad om my eie ladings te ontwikkel vir hom nie. Ek sal die Hawkeye egter enige tyd aanbeveel. Dit is in my oe 'n puik geweer en goeie waarde vir geld. Ek is 'n groot Ruger aanhanger, hulle maak ordentlike gewere wat sterk is en terugstaan vir niks nie, hier en daar moet mens dalk bietjie aan hom werk om hom helemal te kry waar jy hom wil he, maar as jy hom eers reg het gaan hy vir jou en jou kinders en die se kinders nog jarre se goeie diens lewer.
Groete,
Rooijakkals