Page 1 of 1

Die Koöperasie - Humansdorp - VGK

Posted: Sat Jul 30, 2016 8:03 am
by Hansieslim
By Huntex 'n Howa .204 Ruger gekoop by die vriendelike mense van Humansdorp. Ek bly in Pietersburg. Die dag toe ek CFR bel en hulle sê my lisensie is goedgekeur, toe bel ek die Koöperasie en vra of hulle die .204 vir my kan stuur op die printout van ons DFO waarop daar staan my lisensie is "APPROVED". Groot was my vreugde toe ek 'n "JA" kry. Toe ek by DFO vra hulle moet die printout vir my "stamp" sê die onvriendelike mens vir my :"Remember this is not a licence".

Elke oproep na Die Koöperasie toe was lekker. Elke antwoord vriendelik. Elke dom vraag volledig geantwoord. Alle inligting verskaf volledig en professioneel. Het ek al gesê VRIENDELIK? Maggies. Dit was lekker. Alle inligting wat die koerierdienste sou benodig, is aan my gegee en ek bel toe vir Tania by RAM. Weereens dieselfde vriendelike, professionele, volledige diens. Selfs in Afrikaans.

Terwyl ek besig is om die verskeping te reel, bel 'n vriend van my (ook van Pietersburg) en sê hy is op soek na Lapua doppe vir sy .308. Ek gee hom dadelik Die Koöperasie se nommer. Cilliers het vir hom doppe en hy is baie tevrede met die prys en bestel toe somer 2x100 doppe. Wakker mense daar, want Cilliers besef toe my pakkie is oppad Pietersburg toe en my vriend is ook van hier (en hy weet my vriend het sy nommer by my gekry) en hy sê hy stuur sommer my vriend se doppe saam my geweer, doppe en dies. Geen addisionele kostes!!!

Slim, wakker, skerp, vriendelik, uitnemend!!! Dankie aan Cilliers en Cherryl by Die Koöperasie en Tania by RAM. Voorwaar 'n vreugdevolle ervaring om met julle besigheid te doen

Re: Die Koöperasie - Humansdorp - VGK

Posted: Sat Jul 30, 2016 8:19 am
by Citfield
Ek is bly om van sulke goeie diens te hoor. Dit is maar min.

Regards/Groete,
Allen

Die Koöperasie - Humansdorp - VGK

Posted: Sat Jul 30, 2016 8:27 am
by Springkudu
Ek het al self met Cherryl gepraat, baie behulpsaam, baie vriendelik, hoop om eendag 'n roer daar te kan koop!!! Dankie vir julle goeie pryse en diens


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Die Koöperasie - Humansdorp - VGK

Posted: Sat Jul 30, 2016 9:42 am
by 22-250 Sniper
Ek het self net goeie diens gekry by Die Koöp en nou nog beter diens sedert hulle ander takke het wat ook die basics aanhou
Hou so aan span julle stel werlik n goeie voorbeeld

Sent from my SM-G900H using Tapatalk

Re: Die Koöperasie - Humansdorp - VGK

Posted: Sat Jul 30, 2016 10:07 am
by Hansieslim
Sien uit daarna as daar ander takke van hulle (met dieselfde tipe diens en pryse natuurlik) sal oopmaak in ander dele van die land. Dit is my voorspelling en wens vir daardie wenspen. Waar is die ander takke wat jy van praat 22-250 Sniper?

Re: Die Koöperasie - Humansdorp - VGK

Posted: Sat Jul 30, 2016 10:14 am
by 22-250 Sniper
Uitenhage Somerset Oos Golden Valley en ek sien hulle het n tak nou op Fort Beaufort

Sent from my SM-G900H using Tapatalk

Re: Die Koöperasie - Humansdorp - VGK

Posted: Sat Jul 30, 2016 11:16 am
by Speelmansjagter
+1 vir die mense by die ko-op....
Dankie

Re: Die Koöperasie - Humansdorp - VGK

Posted: Tue Aug 02, 2016 9:12 am
by JPL
Hulle het ook n tak in Parow, Kaapstad. Ammunisie is by verre die goedkoopste by hulle.

Re: Die Koöperasie - Humansdorp - VGK

Posted: Tue Aug 02, 2016 9:53 am
by matewis
+1

Re: Die Koöperasie - Humansdorp - VGK

Posted: Tue Aug 02, 2016 10:02 am
by 243Songdaug
Die spannetjie by die Kooperasie is kookwater ek ondersteun hulle graag.

Re: Die Koöperasie - Humansdorp - VGK

Posted: Thu Aug 04, 2016 9:12 pm
by vossie1
+1000 het al met almal by ko-op gedeel en tania by ram. Lekker mense en ongelooflikke diens.

Re: Die Koöperasie - Humansdorp - VGK

Posted: Fri Aug 05, 2016 6:04 am
by marco
+2 My laaste 2 wapens is by hulle gekoop en ek sal niesommer weer elders koop nie.. Diens en pryse is bitter goed.. Net jammer RAM vra al 750.00vir die vervoer van die gewere...

Re: Die Koöperasie - Humansdorp - VGK

Posted: Fri Aug 05, 2016 7:45 am
by JuanVE
Dis wonderlik om van die goeie diens te hoor. Deesdae is dit mos standaard dat daar nie diens bestaan nie en jy jou G...T af moet sukkel om iets of diens iewers te kry. Baie geluk, julle sal ver kom met sulke diens!

Re: Die Koöperasie - Humansdorp - VGK

Posted: Fri Aug 05, 2016 9:09 am
by vriell
marco wrote:+2 My laaste 2 wapens is by hulle gekoop en ek sal niesommer weer elders koop nie.. Diens en pryse is bitter goed.. Net jammer RAM vra al 750.00vir die vervoer van die gewere...
Dit bly 'n bargain. ;D

Re: Die Koöperasie - Humansdorp - VGK

Posted: Fri Aug 05, 2016 11:10 am
by Koos Barnard
Ek het ook uit Pretoria by hulle koeëls bestel. Goeie pryse en uiters goeie diens. Ondersteun hulle gerus.
Mooi loop