Page 1 of 1

Die custom van 'n milit?re geweer

Posted: Thu Jul 14, 2011 6:05 pm
by Hein M.
Hallo almal

My neef het 'n 7.62 Israeliese Mauser gekoop vir R3000.  Die geweer is oorspronklik.  Hy wil 'n teleskoop opsit om dit as 'n plaasgeweer te gebruik.

My neef is nie 'n man wat geld rondgooi nie ;), veral nie op vuurwapens nie.

Het enigiemand hier al so 'n milit?re geweer pasgemaak vir jagdoeleindes?  Moet hy liewer die geweer verkoop en 'n klaar jaggeweer koop?

Enige menings is baie welkom.

Groetnis!

Hein

Re: Die custom van 'n milit?re geweer

Posted: Thu Jul 14, 2011 6:53 pm
by fanie17
Ek het al baie van daai gewere onder hande gehad.Hy kan die bestaan de kolf aanpas en n recoil pad opset sonder n probleem,boor en tap vir n teleskoop en ook die (bolt) handvatsel buig om onder die teleskoop in te pas.Dan gaan hy een van die akuraatste gewere he.Daai 308 se lands is nader aan die kamer as n jaggeweer sin,spesiaal vir weermag patrone gemaak,sal nie glo hoe akuraat is hy met R1 amo nie

Re: Die custom van 'n milit?re geweer

Posted: Thu Jul 14, 2011 7:26 pm
by Frikjordaan
Stem saam met Fanie.

Daai is goeie waarde vir geld,  'n geweersmit wat sy storie ken " transform" hierdie in 'n baie lekker skiet geweer.

Met die baie 7.62 Magnis reloads wat nog beskikbaar is dit 'n wenner
Groete
Frik

Re: Die custom van 'n milit?re geweer

Posted: Thu Jul 14, 2011 8:17 pm
by Hein M.
Frik; Fanie

Dankie vir die terugvoer!  Julle gee ons nuwe hoop.  Hy sal die wapen na Erwee Basson op Vredendal neem om te kyk wat die moontlikhede is.

Mooiloop!

Hein

Re: Die custom van 'n milit?re geweer

Posted: Thu Jul 14, 2011 8:24 pm
by Hein M.
Ek wonder nou net:  Kan jy gewone 308Win patrone veilig en akkuraat in hom skiet?

Hein

Re: Die custom van 'n milit?re geweer

Posted: Thu Jul 14, 2011 8:30 pm
by Monrique (SJ)
Hein sit vir ons n foto of 2 op van die Israeli seblief.


Groetnis

Re: Die custom van 'n milit?re geweer

Posted: Thu Jul 14, 2011 8:37 pm
by tripodmvr
Hein M. wrote: Ek wonder nou net:  Kan jy gewone 308Win patrone veilig en akkuraat in hom skiet?

Hein
Artuurlik, hoekom smous hulle hom dan plaaslik. Die verskille tusen 308 Win en 7,62x51 word in enkele duisendstes gemeet en ons kan hulle tweelinge noem.

Re: Die custom van 'n milit?re geweer

Posted: Thu Jul 14, 2011 11:35 pm
by Hein M.
SJ

Lyk so

[img width=560 height=363]http://i936.photobucket.com/albums/ad20 ... 9801-1.jpg[/img]

Tripodmvr

Nog goeie nuus!

Dankie!

Hein

Re: Die custom van 'n milit?re geweer

Posted: Thu Jul 14, 2011 11:51 pm
by Monrique (SJ)
Hein

My Pa se .308 Mauser lyk baie soos daai ene op jou foto.  Sal bietjie n foto of 2 kom laai. Op sy aksie is hy ook gemerk 7.62. 

Sy ene het net nie meer vol hout soos daai ene, maar sy kolf se shape lyk baie dieselde.  Hy is al bietjie gesporterize.  Hy loop sommer mooi, kort net n ander sneller.

Die geweer se loop is ook gestep. 

Groetnis

Re: Die custom van 'n milit?re geweer

Posted: Thu Jul 14, 2011 11:57 pm
by fanie17
Hein M
Daai geweer is nog splinter nuut,die wat ek aan gewerk het was baie oud en het nog soos n droom geskiet

Re: Die custom van 'n milit?re geweer

Posted: Fri Jul 15, 2011 7:58 am
by .::Alwyn-U::.
Hy gaan 'n bitter lekker plaas geweer maak!

Re: Die custom van 'n milit?re geweer

Posted: Fri Jul 15, 2011 9:49 am
by PRIVATE RYAN
Ek sal hom net so hou, maar dit is
net ek.

Re: Die custom van 'n milit?re geweer

Posted: Fri Jul 15, 2011 9:55 am
by Hein M.
PRIVATE RYAN wrote: Ek sal hom net so hou, maar dit is
net ek.
Ek voel presies dieselfde.  As jy so 'n klasieke ou geweer "mismaak" met alle aanpassings, skryf jy sy oorspronklike karakter af...

As jou oe goed is en jy oefen, skiet jy 'n barskou oopversier met daardie geweer.

Jy kan nie glo hoe glad en presies werk daardie geweer se slotaksie nie.  Dit voel BAIE beter as my 243 se stywerge aksie.

Re: Die custom van 'n milit?re geweer

Posted: Sun Jul 17, 2011 9:47 am
by Andy
Hein,

Ek het myne laat ombou om varke mee te jag. Die grootste probleem as jy hom so hou is dat die kolf te kort is. My geweer skiet ssos 'n droom nadat ek hom laat doen het.

Groete


Andy