Page 1 of 1

300 WSM ?

Posted: Thu Jul 28, 2016 9:54 am
by Sangoma (IAN)
Watse primer gebruik ek saam met S365 kruit?

CCI 200 of CCI 250?
Large of Magnum?

Beplan om 155-175gr koele te skiet.

Re: 300 WSM ?

Posted: Thu Jul 28, 2016 9:56 am
by Smitstertjies
Ian, ek laai n 300wsm met sukses met S365 en CCI250 (168 Barnes TTSX)

Re: 300 WSM ?

Posted: Thu Jul 28, 2016 10:01 am
by ruaanb
Ek het gelaai van 125gr tot 208gr met S365 en CCI250. Op 'n 24 duim loop is dit die beste kombinasie.

Re: 300 WSM ?

Posted: Thu Jul 28, 2016 10:16 am
by Capt. Yoda
MOT

Soos ek jou oor die telefoon ook gese het het jy nie nodig om n magnum primer te grbuik met 365 in daai dop nie, as jy vir een of ander rede weer een ogend wakker word en besluit jy wil nou 385 gebruik kan jy n magnum primer probeer veral met jou korter loop.

Niks stop jou om n magnum primer met 365 te gebruik nie maar ons probeer om so naby aan 100% filling rate met die kruit in n dop te kry, jy wil 155gr koele skiet en met die meeste nuwe lotte 365 wat klaar warem brand gaan die magnum primer soos federal se 215 jou burn rate nog bq op stoot wat gaan verhoed dat jy n lekker propvol dop kruit kry

Re: 300 WSM ?

Posted: Thu Jul 28, 2016 10:32 am
by Nico Harris
Ek skiet s365 met cci250. Agter 208gr amax.

Re: 300 WSM ?

Posted: Thu Jul 28, 2016 10:52 am
by Gideon S
Ek skiet S365 met Federal 215 agter 185gr Lapua Scenar. Dit werk vir my mooi en BRF is 0.4467

Re: 300 WSM ?

Posted: Thu Jul 28, 2016 11:55 am
by Witpietskiet
Ek het net CCI200 gebruik op myne

Re: 300 WSM ?

Posted: Thu Jul 28, 2016 12:23 pm
by Rasmus
Nico Harris wrote:Ek skiet s365 met cci250. Agter 208gr amax.
Net soos hy daar sê!

Re: 300 WSM ?

Posted: Thu Jul 28, 2016 7:29 pm
by Monster
Cci250 en s365 lot 80 met berger 175gr en 180gr swift scirroco vir jag. Laai 62.2gr en kry 3015f/s uit n 29duim loop en silencer

Re: 300 WSM ?

Posted: Thu Jul 28, 2016 7:46 pm
by Nico Harris
Seker 3015ft/s en nie m/s nie?

Re: 300 WSM ?

Posted: Thu Jul 28, 2016 8:22 pm
by Apie
Nico Harris wrote:Seker 3015ft/s en nie m/s nie?
Is moontlik.
Hy laat daai patrone eers in die son bak......

Sent from my D5803 using Tapatalk

Re: 300 WSM ?

Posted: Sun Aug 21, 2016 11:02 pm
by deonjvan
S365 and Winchester magnum primers

Re: 300 WSM ?

Posted: Mon Aug 22, 2016 7:25 am
by Chrisjan
Ian, ek stel voor jy toets altwee primers. Net genoeg primer is die beste. Jou primer is sterk genoeg om jou koeël in die groefdraad in te stoot sonder kruit. Pasop dat te warm primers nie jou ES op stoot nie

Groete
Chrisjan

Re: 300 WSM ?

Posted: Mon Aug 22, 2016 7:43 am
by Capt. Yoda
Ian hoe werk die lading en primer toe?

Re: 300 WSM ?

Posted: Mon Aug 22, 2016 1:19 pm
by Monster
Apie wrote:
Nico Harris wrote:Seker 3015ft/s en nie m/s nie?
Is moontlik.
Hy laat daai patrone eers in die son bak......

Sent from my D5803 using Tapatalk
Jammer kerels my fout het na f/s toe reg gemaak.