Page 1 of 1

Gee asb raad vir sintetiese kolf

Posted: Thu Jul 14, 2011 5:01 pm
by Kokkie
Yes manne,ek het raad nodig rondom 'n sintetiese kolf.
Ek het 'n Tikka T3 Varminter,hy het 'n sintetiese kolf en ek wil graag weet of ek iets in sy kolf kan inspuit,
of insit om sy hol klank uit te kry,ek weet ook nie of die extra gewig iets aan die balansering gaan doen nie.

Re: Gee asb raad vir sintetiese kolf

Posted: Mon Jul 25, 2011 12:39 pm
by 3006
More Kokkie

Ek het by Blou Meul in Alberton n "kous" comb raising kit waarmee jy die wangstuk ook kan lig dmv. 5 verskillende lae spons wat saamkom gekoop. Dit het baie gehelp om daai hol klank weg te vat en sommer my wangstuk ook op die regte hoogte gebring. Dit kom in n camo en swart weergawe en kos ongeveer R250. Jy kan dit ook direk van Helber af bestel op die internet. Beartooth maak die produk.

Hoop dit help

Cobus

Re: Gee asb raad vir sintetiese kolf

Posted: Mon Jul 25, 2011 12:52 pm
by Hein M.
3006 wrote: More Kokkie

Ek het by Blou Meul in Alberton n "kous" comb raising kit waarmee jy die wangstuk ook kan lig dmv. 5 verskillende lae spons wat saamkom gekoop. Dit het baie gehelp om daai hol klank weg te vat en sommer my wangstuk ook op die regte hoogte gebring. Dit kom in n camo en swart weergawe en kos ongeveer R250. Jy kan dit ook direk van Helber af bestel op die internet. Beartooth maak die produk.

Hoop dit help

Cobus
3006

Werk daardie ding?  Ek stel ook belang om so-iets te koop. 

Is hy stewig?  Ek is bang dat hy dalk kan rondskuif...

Mooiloop!

Hein

Re: Gee asb raad vir sintetiese kolf

Posted: Mon Jul 25, 2011 1:03 pm
by 3006
Hallo Hein

Dit is "verskoon spelling" neropene rubber met jou camo of swart buite op. Daar is 5 verskillende dikte "pads" wat jy onder die kous kan indruk om die korrekte hoogte te kry vir jou wang. Ek was nog net een keer op die skietbaan sedert ek dit opgesit het maar is sover heel tevrede.

Groete
3006

Re: Gee asb raad vir sintetiese kolf

Posted: Thu Aug 25, 2011 3:31 pm
by BUSH1
kokkie ek het gewone silikon gebruik op my 243 houge kolf het die geweer bietkie gewig gegee maar alles to my voordeel en die bongggggg was ook dakelik weg , hoop dit help ,

ps probeer maar swart sillkon gebruik . ;D