Page 1 of 2

Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild

Posted: Wed Jul 27, 2016 9:05 am
by Dirkonius
Môre julle, ek het vanoggend die Strelok toepassing op my iPhone opgedateer en sien dit sluit nou vir die eerste maal van ons Afrika wild in as deel van 'Targets'. Hiermee net 'n voorbeeld van 'n Gemsie.

Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild

Posted: Wed Jul 27, 2016 10:23 am
by Klein Chris
Jip op Android ook

Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild

Posted: Wed Jul 27, 2016 10:34 am
by Trompie
Lekker!

Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild

Posted: Wed Jul 27, 2016 10:38 am
by DanieDegenaar
Dankie, nie eers agter gekom nie. Gee mens nogal 'n goeie ruglyn waar om te mik op verskillende afstande op diere.

Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild

Posted: Wed Jul 27, 2016 12:26 pm
by pietbak
Dankie vir die inligting. Glo die teikens sal help.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild

Posted: Wed Jul 27, 2016 12:41 pm
by Supacow
As ek 330m+ skiet gebruik ek ook die ruglyn ;)

Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild

Posted: Wed Jul 27, 2016 12:53 pm
by JohanvB
Waar op Strelok sien julle die ander diere...myne wys net die bobbejaan...het Strelok Pro

Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild

Posted: Wed Jul 27, 2016 1:04 pm
by Dirkonius
Supacow wrote:As ek 330m+ skiet gebruik ek ook die ruglyn ;)
Hoe lekker lag ek nou :laugh:

Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild

Posted: Wed Jul 27, 2016 1:08 pm
by Dirkonius
JohanvB wrote:Waar op Strelok sien julle die ander diere...myne wys net die bobbejaan...het Strelok Pro
Ek het ook Strelok Pro. Op die hoof skerm, click 'Reticle'. Kyk dan heel onder, op my weergawe is die derde icon van regs af 'n prentjie van 'n teiken. As jy hierop click kan jy dan van 'n lys van teikens af kies.

Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild

Posted: Wed Jul 27, 2016 1:11 pm
by JohanvB
Nope..as ek op Recticle click, my opsies is Search Recticle, Settings, e-mail en close

Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild

Posted: Wed Jul 27, 2016 1:23 pm
by ruaanb
In Android van Strelok Hoof skerm af click - Reticle -> Settings -> Target type en kies een wat jy wil gebruik.

Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild

Posted: Wed Jul 27, 2016 1:24 pm
by JohanvB
dankie...het dit

Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild

Posted: Wed Jul 27, 2016 4:05 pm
by Gawie(13mm)
Onthou om maar elke maand Strelok op tegradeer. Ivor is erg besig en daar is gereeld nuwe teleskope, teikens en ammo om van te kies.

Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild

Posted: Wed Jul 27, 2016 4:31 pm
by Fritz
Ek sit en wonder hoe hierdie my gaan baat. Dit sal my help met my .308 jaggeweer as ek noodgedwonge langer skote moet aanpak (270-350m). Hy het 'n 3-9x40 teleskoop op, duplex kruishaar en aan daardie turrets stel ek so min as moontlik.

Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild

Posted: Wed Jul 27, 2016 6:04 pm
by Gawie(13mm)
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Screenshot_20160727-180109.png
http://i1264.photobucket.com/albums/jj488/7mmgawie/Screenshot_20160727-180045.png

Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild

Posted: Wed Jul 27, 2016 6:13 pm
by Smitstertjies
Lekke Gawie, baie nice funksie daai!

So by the way, dink jy die bok staan nog as ons al die somme klaar gedoen het? >:+ >:+

Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild

Posted: Wed Jul 27, 2016 6:35 pm
by Gawie(13mm)
Smitstertjies wrote:Lekke Gawie, baie nice funksie daai!

So by the way, dink jy die bok staan nog as ons al die somme klaar gedoen het? >:+ >:+
Dit is verbasend hoe vinnig 'n man leer waar om te mik as jy dit gereeld oefen en bestudeer.
Vir 300m mik jy op die skof en vir 350 hou jy die dikker, onderste gedeelte van die kruishaar op die blad.
As hy nader as dit staan, maak jy lawaai dat hy kan aandraf. ;D
Uit my eie ondervinding het ek geleer dat hoe verder die bok staan, hoe meer tyd het jy. 'n Bok op 350m voel gewoonlik heel veilig en as jy goed gekamoefleer is of net eenvoudig stil sit, hang daai bok teen son-onder in die koelkamer.

Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild

Posted: Wed Jul 27, 2016 6:43 pm
by Smitstertjies
Nee spot net. Toe ons nou die dag bietjie ver gejag het (500m plus) het die bokke lekker laaank stil gestaan. Dit het ons baie tyd gegee om Strelok mooi te gebruik.

Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild

Posted: Wed Jul 27, 2016 6:56 pm
by Gawie(13mm)
Smitstertjies wrote:Nee spot net. Toe ons nou die dag bietjie ver gejag het (500m plus) het die bokke lekker laaank stil gestaan. Dit het ons baie tyd gegee om Strelok mooi te gebruik.
Ek gaan jou nog oornooi vir 'n bier eendag. ;D
Smaak my jy hou van gatskeer. ;D

Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild

Posted: Wed Jul 27, 2016 7:13 pm
by Tollie.Marx
Hallo nice om hiervan deel te wees. Lees lankal. Maar nou is ek volwaardig deel van die familie

Sent from my SM-J500F using Tapatalk

Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild

Posted: Wed Jul 27, 2016 7:32 pm
by dehacked
Nee man die ding wys dan net blad skote...

Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild

Posted: Wed Jul 27, 2016 8:12 pm
by VX70
Wat is die verskil tussen strelok pro en + ?

Sent from my GT-I9190 using Tapatalk

Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild

Posted: Thu Jul 28, 2016 7:51 am
by Capt. Yoda
dehacked wrote:Nee man die ding wys dan net blad skote...

lmga

Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild

Posted: Thu Jul 28, 2016 8:37 am
by andre007
Ek sien daai teikens is net op die "pro'' weergawe beskikbaar. Ek het huidiglik ''plus''. Ek kry eersdaag n ander foon, sal maar wag om ''pro'' af te laai want die applikasie kan mos nie van een foon na n ander geskuif word nie?

Re: Strelok - nou opgedateer vir sekere SA wild

Posted: Thu Jul 28, 2016 8:40 am
by joe rocket
As jy strelok pro betaal het kan jy enige tyd die toep aflaai gratis verniet jy betaal nie weer nie.