Page 1 of 1

trail Cameras - Namibia

Posted: Thu Jul 14, 2011 4:44 pm
by martinf
Hi Almal

Dis eintlik 'n vraag aan die manne in Namibia maar sal enige terugvoer waardeer.

My vriend in Namibia stel belang om 'n "trail camera" aan te skaf nadat ek hom daarvan vertel het. Hy is net nie seker of daar enige winkels in Namibia is wat die produkte aanhou nie.
Gehoop iemand daarbo sal kaan raad gee sodat ek dit vir hom kan aanstuur.

Sal enige antwoorde waardeer.

Baie dankie by voorbaat

Re: trail Cameras - Namibia

Posted: Thu Jul 14, 2011 5:11 pm
by foxripper
Die Jagwinkel - 061-401392 ATT: Worsie
N$1950.00 - Hy het nog net 1 beskikbaar
"Moultrie Game Spy - 4MP"

Groete

Re: trail Cameras - Namibia

Posted: Thu Jul 14, 2011 6:22 pm
by Frikjordaan
Skakel met Loftie-Eaton Grunua
00264 63 262 068
groete
Frik

Re: trail Cameras - Namibia

Posted: Thu Jul 14, 2011 7:53 pm
by Hunter xxx
The Gun Shop

Vra ook vir Francois hy sal dit ook vir jou kry.

Re: trail Cameras - Namibia

Posted: Thu Jul 14, 2011 8:03 pm
by Kalahari
martinf

Ek het vir my een by Jagwinkel gekoop, selfde een wat foxripper genoem het. Nog net rondom huis getoets maar sal goed werk. moultri ir 35.
Het ook gesien by francois se werkplek, Ahrens gunshop.

Re: trail Cameras - Namibia

Posted: Sun Jul 17, 2011 4:52 pm
by Kalahari
Dag almal

Ek wil nie weer 'n nuwe topic begin nie, is al 'n paar oor trail kameras. Ek het in my vorige pos verkeerd gese, ek het die I35 gekoop en nie IR35 nie.
Nou het ek die boekie van hoek tot kant deurgelees, maar nerens sien ek iets van water en die elemente nie. Is die kameras waterdig, stofdig ens?

Kan man maar die duur stukkie toerusting so in die veld los, of moet ek dit met iets probeer toemaak (lees beskerm) teen die elemente?

Baie dankie, ek luister wat julle te se het.

Kalahari

Re: trail Cameras - Namibia

Posted: Mon Jul 18, 2011 8:52 am
by Hugo
Die goed is gebou om te hou, ekt 2 moultiresm en 2 spypoints, maak net seker jy maak hom behoorlik toe en maaknet seker hy staan nie in iets waar water gaan opdam nie, myne is al 3-4 jaar oud en hulle werk steeds, reen, son, koue, stof en wind maak hom nie veel nie, hy wasem effe op na groot reen maar dis weg in paar uur.

Re: trail Cameras - Namibia

Posted: Mon Jul 18, 2011 3:22 pm
by Kalahari
Hugo

Dankie man. Ek hoor wat jy se, is mos darem ook nog nie reen seisoen nie.
Gaan maar solank die eertse een gaan toets. Ek neem aan dat as jy se jy moet net seker maak om die kamera goed toe te maak, dan bedoel jy die knippe van die kamera se "deurtjie"?

Kalahari

Re: trail Cameras - Namibia

Posted: Mon Jul 18, 2011 3:28 pm
by Hugo
Korrek.

Re: trail Cameras - Namibia

Posted: Tue Jul 19, 2011 12:17 am
by Francois Marais
Johan

+1 op wat Hugo gese het...

Mooi loop
Francois