Page 1 of 1

Newbie

Posted: Mon Jul 25, 2016 6:23 pm
by PietWessie
Hallo manne

Wil myself graag voorstel. Eks Pieter vd Westhuizen.

Ekt groot geword op n plaas tussen Groblershoop en Griekwastad in die Noord Kaap. Gewere, wild, jag, veld en boerdery is in my are.

Gewere en skietkuns het my nog altyd geïnteresseer, maar ons skiet was maar op die boere manier. Ammunusie by die koöperasie gekoop en geweer agter die Cruiser se seat uitgehaal as daar geskiet moet word.

Ek is huidiglik op Upington gevestig en verbonde aan n Noord Kaapse Landbou Besigheid.

My seun is ongelooflik passievol oor jag en skiet. Sy perfeksionistiese aard noop hom om dinge wetenskaplik te benader en so het ons begin herlaai.

Ek lees al n geruime tyd die raad op die forum en het so reeds ongelooflik baie geleer. Ek weet ek gaan nóg baie leer.

Dankie vir die geleentheid om deel van n baie insiggewende groep te kan wees.

Groete

Sent from my SM-G920F using Tapatalk

Re: Newbie

Posted: Mon Jul 25, 2016 6:46 pm
by ruaanb
Welkom

Re: Newbie

Posted: Mon Jul 25, 2016 8:00 pm
by Citfield
Welkom.

Regards/Groete,
Allen

Re: Newbie

Posted: Tue Jul 26, 2016 7:47 am
by Jay Jay
Welkom Pieter

Re: Newbie

Posted: Tue Jul 26, 2016 8:11 am
by Parker
Welkom. Ek is seker julle kry bietjie ekstra koud in Upington vanoggend?

Re: Newbie

Posted: Tue Jul 26, 2016 9:17 am
by PietWessie
Dankie almal. Ja Parker dis vrek koud hier!

Re: Newbie

Posted: Tue Jul 26, 2016 9:31 am
by Boesman10
Dagse Piet en welkom

Re: Newbie

Posted: Tue Jul 26, 2016 9:47 am
by Karoo-jagter
Baie welkom Pieter

Sent from my SM-A500FU using Tapatalk

Re: Newbie

Posted: Tue Jul 26, 2016 10:04 am
by Komasu
Welkom Piet

Klink my dis regdeur die land vandag maar koud.