Page 1 of 1
burris eliminator
Posted: Mon Jul 25, 2016 4:27 pm
by Speelmansjagter
Ek wil graag weet hoekom die teleskoop nie meer gewild is onder die xtreme long range skieters nie. Lyk my die top manne is meer geneig om "gewone" FFP scopes te gebruik soos die scmidt en bender pm11 en night-force en so aan.
Wat is die limiete van die burris dan nou eintlik?
Ek sien gereeld hier en daar ouens wat hul burris verkoop?
Luister graag....
Re: burris eliminator
Posted: Mon Jul 25, 2016 4:32 pm
by henk.spioenkop
Dink nie hy kan baie verder as 700m effektief "range" nie.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: burris eliminator
Posted: Mon Jul 25, 2016 4:42 pm
by Speelmansjagter
Maak sin ja...
Re: burris eliminator
Posted: Mon Jul 25, 2016 5:17 pm
by ruaanb
Die probleem is eerder manne wat nie verstaan hoe die scope werk nie. Jy moet die basiese ballistiek verstaan om reg te kom met die scope. Dit gese word die tipe van scopes nie in kompetisies toegelaat nie en is die kruishaar heelwat dikker.
Re: burris eliminator
Posted: Mon Jul 25, 2016 5:18 pm
by ruaanb
As n jag teleskoop maak dit die lewe baie makliker as alles in sync is. Sal nie maklik myne verkoop nie.
Re: burris eliminator
Posted: Tue Jul 26, 2016 9:48 am
by Boesman10
Die Burris kan range tot op 1.2 km sover ek weet. Het nog nie self getoets nie. Die probleem vir die skiet verder as 700 meter is dat die kruishaar redelik dik is en dit kan die hele teiken bedek op 'n lang afstand.
In die skiet kompetisies se die mense baie dat jag toestande nageboots word maar dan mag jy nie met jag toerusting skiet nie en dit vind ek as 'n anomolie. In jag kompetisies mag jy dus nie met die rangefinder skiet in die Eliminator nie en dan verkies mense ander kruishare waarmee jy afstand skatting in die scope kan doen.
Vir 'n jag scope is dit wel een van die beste produkte in my opinie.
Re: burris eliminator
Posted: Tue Jul 26, 2016 11:13 am
by 30-06
Ek het al 1.1 km met myne ge-range.
Ek weet egter dat daar manne is wat sukkel om so ver te range, maar soos ek se range myne heel goed.
Soos enige iets het die scope ook sy beperkings, wat na my mening die volgende is.
Glare is 'n probleem as jy in die son in skiet.
Op 'n 16 vergroting is die eye relief baie sensitief.
Die voordeel is egter dat die scope die raaiwerk uithaal oor die drop van jou punt.