Page 1 of 1

Scope vir R6000, Burris fullfield?

Posted: Sun Jul 24, 2016 10:30 am
by Daniel55
Water scope is goed vir die 30-06, R6000 en onder.Ken iemand die Burris fullfield?

Re: Scope vir R6000, Burris fullfield?

Posted: Sun Jul 24, 2016 11:06 am
by joe rocket
Gaan jy vlakte of bosveld jag? As jy beide gaan doen kyk na 4 tot 16 vergroting. As jy bosveld jag kyk na 3 tot 9 vergroting. Burris is goeie scopes.

Re: Scope vir R6000, Burris fullfield?

Posted: Sun Jul 24, 2016 11:09 am
by Daniel55
Ek weet nie,Nikon monarch of burris fullfield.
Al twee, Bos en vlakte.

Re: Scope vir R6000, Burris fullfield?

Posted: Sun Jul 24, 2016 11:26 am
by ruaanb
Jy kan na die Hawke reeks ook kyk bitter goeie waarde vir geld en in jou prys klas.

Re: Scope vir R6000, Burris fullfield?

Posted: Sun Jul 24, 2016 2:20 pm
by Capt. Yoda

Re: Scope vir R6000, Burris fullfield?

Posted: Sun Jul 24, 2016 9:56 pm
by Wilhelm Schultz
Jy kan maar daai Burris koop. Het self een en ken hele klomp ouens wat hom het. Baie lekker scope en met 30-06 werk sy strepies baie goed.

Re: Scope vir R6000, Burris fullfield?

Posted: Sun Jul 24, 2016 10:18 pm
by Tiny Hunter
Ek het Leupold VX1 3-12x40 op my .30-06 werk ook baie lekker en hy is net bo jou prysklas.

Sent from Paarl With Love

Re: Scope vir R6000, Burris fullfield?

Posted: Mon Jul 25, 2016 6:54 am
by Klein Chris
Ek het die Nikon Monarch (BDC kruis haar) op die 30-06 - lekker jag scope - nie so lekker vir teiken skiet

As ek die tyd kan terug draai sal ek egter die Burris vat - kruis haar is meer doelig

Re: Scope vir R6000, Burris fullfield?

Posted: Mon Jul 25, 2016 6:59 am
by sako 30-06
Daniel55 wrote:Water scope is goed vir die 30-06, R6000 en onder.Ken iemand die Burris fullfield?
Tussen my en my broer het ons 5 Burris scopes, my een is al so 6 jaar oud en nog nooit n probleem gehad nie.

Dis regtig baie goeie waarde.

Koop die Burris Fullfield II 4.5-14x42, die Ballistic plex lyntjies is baie akkuraat.
Hou safari dop, hulle het so ruk terug die scope gehad vir R4800 as ek reg onthou.

Ek het vir my die Fullfield E1 6.5-20x50 ook gekoop, baie lekker scope.

Re: Scope vir R6000, Burris fullfield?

Posted: Mon Jul 25, 2016 7:43 am
by Hano243
Ek gebruik ook al jare Burris op van my gewere, ek het die Fullfield 2 en die E1 en albei is uitstekende teleskope.

Re: Scope vir R6000, Burris fullfield?

Posted: Mon Jul 25, 2016 7:04 pm
by Induna
Burris my maat! Jy kan nie verkeerd gaan nie en jy sal nie spyt wees nie. Albei die FF II EN E1 is uitstekend.. En die beste waarde vir geld, in my opinie.

Ek het jou n PM gestuur.

Lekker aand

Jacques

Re: Scope vir R6000, Burris fullfield?

Posted: Mon Jul 25, 2016 9:40 pm
by Piet Breedt
+1000 vir Burris FullField II 4.5 - 14 x 42 met die Balistic Plex kruishaar

Re: Scope vir R6000, Burris fullfield?

Posted: Tue Jul 26, 2016 11:27 am
by Daniel55
Dankie almal. Ek het ook hier kyk, Nikon Monarch 3 virv R4200.
http://www.gunsite.co.za/forums/showthr ... -16x42-BDC