Page 1 of 2
Een geweer vir jag
Posted: Wed Jul 13, 2011 10:08 pm
by Petrie303
Een van my vriende wil vir hom 'n jag geweer koop waarmee hy meestal in die bos sal jag en selde in die flaktes.
Hy besit geen geweer nie en sal dus sy enigste jag geweer wees.
Ek stel voor om 'n 30-06 of 308 te kry. Watse ander kalibers goeie "al rounders" wees
Hy sal meestal fabrieks ameniesie gebrui, geen herlaai geriewe nie.
Groete
Re: Een geweer vir jag
Posted: Wed Jul 13, 2011 10:17 pm
by Cobus(Cobb)
Hier gaan ons alweer.........

(gewoonlik 'n lekker debat)
Ek stem vir 308...
Re: Een geweer vir jag
Posted: Wed Jul 13, 2011 10:29 pm
by fanie17
Ek stem vir 30-06,hy kan als doen wat n 308 doen maar nie anders om nie
Re: Een geweer vir jag
Posted: Thu Jul 14, 2011 3:00 am
by Theo E
fanie17 wrote:
Ek stem vir 30-06,hy kan als doen wat n 308 doen maar nie anders om nie
Stem Saam met fanie
Re: Een geweer vir jag
Posted: Thu Jul 14, 2011 4:27 am
by tripodmvr
Ek wil dit graag makliker maak. Voldoende geweer van springbok tot BlouWB = 270, 7x57, 7x64, 308, 30-06 en 300 Win Mag as ons ons tot gewilde kalibers met plaaslik vervaardigde ammunisie beperk. Weet net dat 270, 7x64 en 300 Win Mag se koele vinniger as die ander wikkel en platter skiet. Gaan kyk na al hul ballistiese eienskappe en vergelyk hulle in tabelvorm d.w.s selfde gewig koe?ls teen watter spoed.
Gaan kyk na gewere in die' kalibers en laat jou hart dan besluit waarvan jy hou met inagneming van jou begroting.
Re: Een geweer vir jag
Posted: Thu Jul 14, 2011 11:18 am
by Verkenner
More Manne
300MW al die pad Kan alles doen wat die kleiner kan doen, net soveel beter.

As jy self laai kan jy laai vir hasie of skullie spoed.
Boere gaan jou eerder laat eland skiet met die 300 as met 308..
As jy buffel ook jag 375...
Groete
Verkenner
Re: Een geweer vir jag
Posted: Thu Jul 14, 2011 11:23 am
by PRIVATE RYAN
30-06
Re: Een geweer vir jag
Posted: Thu Jul 14, 2011 11:29 am
by Francois Briedenhann
.243!!!!!!!!!!!
Re: Een geweer vir jag
Posted: Thu Jul 14, 2011 12:09 pm
by PRIVATE RYAN
Francois Briedenhann wrote:
.243!!!!!!!!!!!
Ek gaan nie saam as jy Blouwildebeeste
gaan jag nie.

Re: Een geweer vir jag
Posted: Thu Jul 14, 2011 12:28 pm
by Danie Lombard .243
Oppas vir 'n .243 in 'n man se hande wat daai kettie ken en verstaan.
'n Alles jag geweer wat regtig alles kan jag , klein tot groot bokkke, vinnige en stadige spoed, swaar sowel as ligte punte, dit 'n .30cal Magnum, iets soos .300WM .300H&H .308 Norma Mag, enige .30 kal wat 'n swaar punt kan stoot.
Re: Een geweer vir jag
Posted: Thu Jul 14, 2011 12:44 pm
by Spanner
PRIVATE RYAN wrote:
Francois Briedenhann wrote:
.243!!!!!!!!!!!
Ek gaan nie saam as jy Blouwildebeeste
gaan jag nie.
Ja nee kyk, Francois, jy moet fiks wees en gemaklike stapskoene dra, baie gemaklike skoene, want jy gaan daai plaas goed leer ken. Daai gekwesde BWB gaan jou op 'n "sight-seeing" uitstappie neem ... Ek is seker daar is manne wat kameelperde met sy 243 sal aanvat, maar ek sal nie my BWB met 243 probeer jag nie. Die kans dat dinge vir my gaan verkeerd loop is net te groot.
Re: Een geweer vir jag
Posted: Thu Jul 14, 2011 12:46 pm
by SmitH
3006
Re: Een geweer vir jag
Posted: Thu Jul 14, 2011 12:52 pm
by BLOK
My keuse sal 300H&H wees een van die mees veelsydigste kalibers wat daar is. Maar omdat fabieks amo nie so volop is nie en duur is sal ek as jy nie self herlaai nie eerder n 30-06 vat. Met 30-06 is daar n baie groot fabrieks reekse wat jy van kan kies en omdat dit n baie algemene kaliber is ook redelik goedkoop. Juis omdat jy meer in bosveld omstandighede skiet is hy beter nie dat hy nie geskik is vir ver skiet nie.
Omdat hy nie n ander geweer reeds besit nie en ek neem aan net beplan vir een kaliber sal ek ook nie kleiner gaan nie, daar is net daai dag wat jy die geleentheid kry om n groot eland te skiet en vir iemand wat nie baie skiet nie sal n 30-06 net meer gemoedsrus gee as van die kleiner kalibers.
Blok
Re: Een geweer vir jag
Posted: Thu Jul 14, 2011 2:39 pm
by Francois Briedenhann
Hahaha ja ek trek manet biekie been maar as jy jou skootplasing goed neem val hy
Re: Een geweer vir jag
Posted: Thu Jul 14, 2011 2:52 pm
by Geno
Francois Briedenhann wrote:
as jy jou skootplasing goed neem val hy
Soos vanoggend se bees met sy m#*$toe rugstringe?
Re: Een geweer vir jag
Posted: Thu Jul 14, 2011 3:19 pm
by Wouter Roets
Pedrie
Vir die vereistes wat jy gestel het is daar net een kaliber en dit is 30-06. As n mens na Magnums begin kyk dan kyk mens na spesialis kalibers vir die gevorderde jagter. Oor die algemeen is die reciol ook al te veel vir die gemiddelde man op straat. Indien die vriend van jou iets anders wil he is dit n ander saak maar oor die algemeen is daar n rede hoekom so baie Toyota ry!
Groetnis
Wouter
Re: Een geweer vir jag
Posted: Thu Jul 14, 2011 4:51 pm
by Francois Briedenhann
Hahaha daai bees het ek darm nie geskiet nie!!dis n vriend!
Re: Een geweer vir jag
Posted: Thu Jul 14, 2011 4:54 pm
by BLOUVALKIE
270 of gaan huis toe

Re: Een geweer vir jag
Posted: Thu Jul 14, 2011 5:11 pm
by Petrie303
Ek dink ok 'n 30-06 is ma die beste.... En vir sy doel sal petrone darem vrylik beskikbaar wees en nie te duur nie...
Gan kyk of ek hom die naweek by Safari and outdours kan kry om so paar gewere te wys....
Watse fabrikate is goed? Hy kan so R10 000 spandeer op die geweer, sien die Howas het nogal goeie pryse ma nog glad nie met een geskiet nie...
Re: Een geweer vir jag
Posted: Thu Jul 14, 2011 5:12 pm
by tripodmvr
Almal probeer hul eie kaliber promoveer - dan moet ek s? 7x64 bo.
Kyk weer na my skrywe op Bl 1. Mens koop ook maar met die oog en die hart, maar moet ook prakties wees en dit koop wat jou as nie-herlaaier nie baie probleme in die toekoms sal gee nie. Daarom die raad om die kalibers met mekaar te vergelyk en dan 'n sinvolle sowel as emosionele besluit te neem. Ek weet die magnums het meer terugslag en is gewoonlik swaarder met langer lope. Met 'n mooi opsomming kan hy weer die forum nader en verdere vrae en weer raad kry.
Re: Een geweer vir jag
Posted: Thu Jul 14, 2011 5:30 pm
by 300Winmag
Petrie303 wrote:
Een van my vriende wil vir hom 'n jag geweer koop waarmee hy meestal in die bos sal jag en selde in die flaktes.
.308 (En ek hou nie eers van hom nie maar hy sal die werk goed doen)
Re: Een geweer vir jag
Posted: Thu Jul 14, 2011 6:30 pm
by Problem Animal Control
Petrie
Jou vriend kan enige geweer kies solank dit net n .308 is!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Klaar gepraat van my kant af. As jy jou geweer ken en jou skootplasing is reg kan jy enige iets skiet. My seun verwys altyd na n dertig-nul-kwes,ek belowe ek het geen aandeel daarin nie.
Groette
PAC
NS: Ek wag nou maar vir die pakslae.
Re: Een geweer vir jag
Posted: Thu Jul 14, 2011 6:46 pm
by fanie17
Ek het een keer n blouwildebees met my 243 geskiet.Die skoot was so 150m en sy het dwars met haar linker kant na my toe gestaan en kyk.My eerste skoot was in haar linker oog,sy het af gegaan.Ek het nader gehardloop,toe ek so 30 meter van haar af was het sy weer opgestaan.My twede skoot was agter die oor terwyl sy in die ronte draai,sy het weer af gegaan.Toe ek by haar kom het sy weer op gestaan,my derde skoot was net onder die horings in die kop.Ek en die gids het gedink dit was n bul.Sy was kurk droog en het 138kr uit geslag sy het vet oor haar boude gehad soos n jong bees
Re: Een geweer vir jag
Posted: Thu Jul 14, 2011 7:15 pm
by Francois Briedenhann
Fanie dan kan jy nie skiet nie!!!ek grap net!hulle se daai goed smaak soo klink soos n buffel!!
Re: Een geweer vir jag
Posted: Thu Jul 14, 2011 7:19 pm
by Frikjordaan
'n Nuwe geweer eienaar beteken ook dat die persoon nie juis baie geskiet het nie.
Terugskop is 'n wesentlike faktor vir nuwe en ongeoefende skuts.
My mening is dat die bekende europese kalibers 'n reputasie het vir ligte terugskop, uitsonderlike penetrasie en dat die lank vir kaliber koe?lpunte baie goeie akkuraatheid lewer.
Daai ouens jag in die bos.
Die swaarste punte is aanbeveelbaar vir bosjag.
160 en 170 grein stompneus punte het reputasie vir uitsonderlike penetrasie en ligte terugskop om nie eers te praat van akkuraatheid.
Kyk na:
6.5 x 55 bekend as Sweedse Mauser
6.5 x 51 bekend as 260 Remington
7 x 64 bekend as 7mm Brenneke
Geniet die besluit, dink goeie planne uit om Ma te oortuig die baie geld vir geweer en teleskoop is goeie belegging
Groete
Frik