Page 1 of 1

223 af stand?

Posted: Thu Jul 21, 2016 8:52 am
by willienel
Goeie dag sal graag wil hoor,hoe vêr het van julle manne Al met n 223 gevaar? En reedlike groep gekry

Re: 223 af stand?

Posted: Thu Jul 21, 2016 8:58 am
by Supacow
Nog nie groep gegooi. Beste poks tot dusver was 1st round hit op 500m op 8'' gong. 69cc

Re: 223 af stand?

Posted: Thu Jul 21, 2016 9:12 am
by henried
Hierdie is my seun se groep op 200m, op 300m is dit omtrend dubble.
Hy het so 'n week terug 'n blesbok op 260m op die blad geskiet, bok het so 40m geloop en toe geval. Die boer het darm toestemming gegee vir die skoot, hy was ook by toe hy die skoot gevat het...met sy 243... :confused:
Hy was verbaas met die uit koms.

Re: 223 af stand?

Posted: Thu Jul 21, 2016 9:19 am
by Arnold
Ek het al 'n Springbok met die 223 op 300m geskiet, bladskoot ... nadat ek sy bek afgeskiet het op 'n baie nader afstand :-[

As ek my nuwe 223 se ladings ontwikkel het sal ek probeer vir groepe op verder afstande. Op die langer skote anderkant 150m pla die wind nogals die ligte 55gr koeëls.

Re: 223 af stand?

Posted: Thu Jul 21, 2016 9:52 am
by tau
Nou nie .223 nie, maar my .222 skiet tot en met 200m wraggies bitter maklik netjies daarna val die wiele totaal en al af. Ek het al in windstil dae op 400m gespeel en die konstantheid is maar swak. Ek moes al soos Arnold op 340m 'n kwesbok skiet nadat ek op 210m in die wind die Springbok bietjie ver terug geskiet het. Daarna is ek maar skrikkerig vir die klein koeeltjies en wind. Hier by 150m - 200m op windstil dae is hulle no.1.

Re: 223 af stand?

Posted: Thu Jul 21, 2016 10:08 am
by tripodmvr
Die Amerikaners gebruik hierdie kaliber tot op 500 treë waarna sy doodmaakvermoë op hul grondrotte nie meer 100% effektief is nie.

Re: 223 af stand?

Posted: Thu Jul 21, 2016 10:24 am
by Frikkie Coetzee
Op n 512 m gong skiet myne mooi, maar vir vaal hel kry ek nie konstante resultate op anderkant 700m nie. ( daar is ongelukkig nie n 600m gong gewees nie.

Blesbok op 320m so 2 weke gelede.

EK skiet die 69gr Nosler CC

Re: 223 af stand?

Posted: Thu Jul 21, 2016 10:50 am
by tripodmvr
Frikkie Coetzee wrote:Op n 512 m gong skiet myne mooi, maar vir vaal hel kry ek nie konstante resultate op anderkant 700m nie. ( daar is ongelukkig nie n 600m gong gewees nie.

Blesbok op 320m so 2 weke gelede.

EK skiet die 69gr Nosler CC
Kyk op 'n ballistiese rekenaar watter spoed die koeël dan nog teen trek. Jy sal heelwaarskynlik vind dat hy nie meer supersonies is nie.

Re: 223 af stand?

Posted: Thu Jul 21, 2016 1:21 pm
by JPS
Ek weet DJ gooi sy 223 (dink dis AI) op 1000m na gonge.

Re: 223 af stand?

Posted: Thu Jul 21, 2016 3:46 pm
by swc-tr
Die .223Rem word toegelaat en gebruik deur F-TR Bisley skuts, hulle skiet tot op 900m.
Op die afstand is die kol grootte 10" en die v-kol 5" deursnee ring.

Re: 223 af stand?

Posted: Thu Jul 21, 2016 5:02 pm
by tripodmvr
swc-tr wrote:Die .223Rem word toegelaat en gebruik deur F-TR Bisley skuts, hulle skiet tot op 900m.
Op die afstand is die kol grootte 10" en die v-kol 5" deursnee ring.


Ek neem aan dit is lang lope, stywe groefdraai en 75/80gr koeëls wat gebruik word?

Re: 223 af stand?

Posted: Thu Jul 21, 2016 6:12 pm
by JPS
Net so oom Marius