Page 1 of 1
Vortex Crossfire II 6x24x50
Posted: Wed Jul 20, 2016 9:42 pm
by VX70
Hi julle
Ek is baie nuut met al die speelgoed en verstaan nog nie alles so lekker nie. Ek het vir my n 243 win gekoop wat ek wil gebruik vir verskiet (1000m). Die geweer het op die oomblik n Vortex Crossfire II dead hold kruishaar op met 6x24x50 vergroting. Die idee is om hom n "budget rifle" te hou maar hy moet kan werk vir daai verskiet disipline. Gaan daai scope werk of moet ek solank begin spaar vir beter ene?
Re: Vortex Crossfire II 6x24x50
Posted: Thu Jul 21, 2016 12:55 am
by Andre308
Jou scope sal eers werk. Met daardie doughnut satan sou ek eers n bietjie geld bele in nek turning toeristing as dit nognie op jou herlaai tafel le nie.
Re: Vortex Crossfire II 6x24x50
Posted: Thu Jul 21, 2016 7:10 am
by VX70
Verduidelik nek turning?? Ek het kla sy die-set en alles reg.. wag net vi liksens
Sent from my GT-I9190 using Tapatalk
Re: Vortex Crossfire II 6x24x50
Posted: Thu Jul 21, 2016 7:14 pm
by Cobus(Cobb)
Ekt selle scope, en annerdag...met bietjie effort 500m gonge gepiets..
klein gong(kopskoot) op 200m is geen probleem, skiet genoeg jakkalse in die nag ook met hom, en ook vir my gewerk met springbok voorsit...
BESTE na-diens en waarborg ook..
Vir my 'n lekker budget scope.
Re: Vortex Crossfire II 6x24x50
Posted: Thu Jul 21, 2016 8:36 pm
by Andre308
VX70 wrote:Verduidelik nek turning?? Ek het kla sy die-set en alles reg.. wag net vi liksens
Sent from my GT-I9190 using Tapatalk
n 243win is n knaap wat erg doughnuts vorm binne in sy dop, waar die skouer en die nek by mekaar kom. Dit is as gevolg van die skouer brass wat vloei tydens die afvuur van n skoot.
Hierdie doughnut raak n pyn wat jou skoonma na n engel laat klink. Die beste manier volgens my is om die nek se buitewand te skil (nek turn) totdat jy so n stukkie van die skouer ook n happie uit geneem het. Dit gee die doughnut dan plek binne in die dop om te vorm, sonder om jou vreeslik te pla.
Re: Vortex Crossfire II 6x24x50
Posted: Thu Jul 21, 2016 9:56 pm
by VX70
Dankie vir daai stukkie grieks lol
Sent from my GT-I9190 using Tapatalk
Re: Vortex Crossfire II 6x24x50
Posted: Thu Jul 21, 2016 10:19 pm
by Diesel Dog
Kyk wat die man in sy hand het ,verhoed laat so iets in die nek van jou 243 dop vorm deur die doppe se nekke te skil met die gereedskap in die laaste prent
https://s-media-cache-ak0.pinimg.com/564x/3c/19/95/3c19957b09f7f0ece0513faba1a42c7e.jpg
http://blog.westernpowders.com/wp-content/uploads/2015/06/donut72.jpg
http://blog.westernpowders.com/wp-content/uploads/2015/06/turncover72.jpg
DD
Re: Vortex Crossfire II 6x24x50
Posted: Fri Jul 22, 2016 2:40 pm
by VX70
Ekt nog altyd gese ek is n prentjie mens. Baie dankie DD
Sent from my GT-I9190 using Tapatalk
Re: Vortex Crossfire II 6x24x50
Posted: Fri Jul 22, 2016 3:41 pm
by Andre308
Thanks DD,
Ek sukkel so bietjie met die prentjie plaas op die forum.
Re: Vortex Crossfire II 6x24x50
Posted: Fri Jul 22, 2016 8:18 pm
by Balljoint
…