Page 1 of 1

CZ .270 wIN

Posted: Wed Jul 13, 2011 4:31 pm
by Flip Groenewald
CZ .270 wIN

hoe is die geweer

Ek kan nou so geweer me teleskoop  vir R6000 kry

sal nog bel vir watse scope hy het en watse kondisie die geweur is ens

Wil net julle opinie kry oor die geweer.

Groete

Flippie

Re: CZ .270 wIN

Posted: Wed Jul 13, 2011 7:48 pm
by DawieKotze
Niks fout met die kaliber vir algemene jag nie en CZ is goeie kopie. As die geweer se toestand (loop) mooi is en hy pas vir jou, kan jy maar koop. Ek weet nie van die pryse baie nie, maar die ander manne hier sal seker kan help

Re: CZ .270 wIN

Posted: Wed Jul 13, 2011 7:55 pm
by tripodmvr
Eerstens - ek is 'n 7x64 man, maar het al gesien wat 'n 270 kan doen. Volgens my is dit die' kaliber waar die groot honde begin blaf.

CZ is baie goeie geweer met lang geskiedenis (BRNO). Nuwe gewere is in die orde R10 000 plus en dit sonder teleskoop. Die prys klink dus glad nie sleg nie. Laat die loop naggan deur gesoute geweersmid.