Page 1 of 1

30-06 ackley

Posted: Tue Jul 19, 2016 9:45 pm
by Murray
Jis manne
Het nou klompie doppe gefireform en wil weet hoeveel 365 kruit ek agter 'n 167gr punt kan gooi. Enige hulp sal waardeer word.

Murray

Re: 30-06 ackley

Posted: Wed Jul 20, 2016 6:03 am
by tripodmvr
As jy nog gewone doppe het wat gevuurvorm moet word, laai hulle normaal en skiet skyf of jag met hulle. Instede dat dit net 'n uitgawe en werk is, kan jy nou doppe vorm terwyl jy akkurate ladings skiet.

Vir die doppe wat klaar gevorm is kan jy met beginladings vir die 30-06 afskop en dan opwaarts laai soos gewoonlik. Vra hulp met QL as jy sukkel.

Re: 30-06 ackley

Posted: Wed Jul 20, 2016 8:17 pm
by Murray
Jis. Ek het 'n goeie akkurate lading waarmee ek jag huidiglik. Ek gooi nou 55gr 365 in 'n normale dop met 'n 185gr punt en loop 2600 fPs.
Waarmee kan ek begin met gevormde doppe om kruit te spaar met 167gr punte

Re: 30-06 ackley

Posted: Wed Jul 20, 2016 8:38 pm
by tripodmvr
55gr behoort dan heel veilig met die 167gr wees. Gebruik dit en kyk watter spoed en groep jy kan skiet.