Page 1 of 1
Ruben skiet sy eerste bok
Posted: Tue Jul 19, 2016 1:34 pm
by FrancoisW
Ons was bevoorreg om weer 'n gesins jag te kon in werk laas naweek.
Dit was by Oppliplaas net ander kant Boshoek. Hierdie was nou die 4de jaar wat ons daar gaan jag met die vrouens en kinders. Hierdie jaar was dit net 'n boog jag en die roere moes eers bietjie in die tasse bly.
Ruben het die vorige trip vroeer die jaar nie skote gevat nie omdat hy nie gemaklik was met skote wat bokke hom gegee het nie. Hy was eindlik nie van plan om die naweek te skiet en en vir my gese hy sal einde Aug op die volgende geweer jag weer probeer.
Ons het so 7:30 Vrydag oggend op die plaas gekom, af gepak en lekker ontbyt geeet. Na ontbyt het ons paar pyle geskiet om seker te maak almal skiet waar hy mik.
Ek was gelukkig om so 11:00 'n split goue wildebees bul te skiet. Hy het 28.5" gemeet. Ek het hom met die kruisboog geskiet.
1 (6).jpg
Terug by die kamp gekom en toe sien ek Ruben raak lus vir skiet. Hy my gevra of hy weer paar pyle kan skiet. Hy het baie mooi skote geskiet en ons besluit toe ons sal die middag gaan kyk vir 'n vark of rooibok.
Laat middag net voor 5 het 'n mooi trop kudus in gekom en kort op hul hakke 'n troppie rooibokke.
1 (8).jpg
Ek en Ruben het gefluister en die skoot opsies bespreek. Die ooi het mooi skoot geoffer en die pyl het gevlieg. Ek kon sien die was 'n mooi skoot en die ooi het 50m verder gele. Die mannetjie wou sommer by die venster uit van opgewondenheid.
Ek het dat hy die bloed spoor volg tot hy die bok kry. Was baie lekker ervaring om sy emosies te sien en veral toe hy se "dankie Jesus dat ek die bok kon skiet".
1 (1).jpg
Re: Ruben skiet sy eerste bok
Posted: Tue Jul 19, 2016 1:36 pm
by FrancoisW
Gelukkig was nie kamp nie te ver nie en Anneke kon kom deelin die vreugde
1 (2).jpg
Ruben wou self sy bok dra en ons het lekker gelag en bietjie hand by gesit.
1 (3).jpg
By die kamp het by bree bors gestaan terwyl almal sy bok en skoot kom kyk en handdrukke gee
1 (4).jpg
Re: Ruben skiet sy eerste bok
Posted: Tue Jul 19, 2016 1:38 pm
by FrancoisW
Die aand om die vuur het ons lekker oor die dag gesels en hy was toe net lus vir jag.
Later het hy sy lewer self gesny en homself bederf met 'n groot stuk. Het 'n mooi video geneem.
Hier is paar fotos van die video
1 (10).jpg
1 (11).jpg
1 (12).jpg
Re: Ruben skiet sy eerste bok
Posted: Tue Jul 19, 2016 1:39 pm
by THOMAST
Pragtig!
Dis daai tye in die veld met jou kind(ers) wat vir altyd by jou sal bly.
Baie geluk aan Ruben!
Re: Ruben skiet sy eerste bok
Posted: Tue Jul 19, 2016 1:40 pm
by FrancoisW
Re: Ruben skiet sy eerste bok
Posted: Tue Jul 19, 2016 1:40 pm
by F.L.A.S.H
Ag maar dis te mooi
Baie geluk dat jy dit saam jou seun kon deel
Re: Ruben skiet sy eerste bok
Posted: Tue Jul 19, 2016 1:42 pm
by Ebony30-06
Mooi bul Cois en geluk met Ruben.
Is jou bors al terug na normaal na die trotse oomblik?
Re: Ruben skiet sy eerste bok
Posted: Tue Jul 19, 2016 1:43 pm
by FrancoisW
Ek en hy het die volgende dag bietjie in 'n ander kamp gaan stap en bietjie die sag stap en wind lees geoefen. Lekker gestop en naartjies eet en water drink. Kon sien die man was lekker moeg. Hy het 'n lekker slapie onder die boom gevat voor ons terug is kamp toe.
1 (9).jpg
1 (7).jpg
1 (5).jpg
Was regtig 'n besonderse naweek wat vir ewig saam my sal gaan...
Re: Ruben skiet sy eerste bok
Posted: Tue Jul 19, 2016 1:45 pm
by FrancoisW
Ebony30-06 wrote:Mooi bul Cois en geluk met Ruben.
Is jou bors al terug na normaal na die trotse oomblik?
Haha dink dit gaan 'n rukkie vat
Re: Ruben skiet sy eerste bok
Posted: Tue Jul 19, 2016 1:51 pm
by JDKey
Geluk, jy gaan sukkel om n lekkerder jagtrip is die een te hê.
Re: Ruben skiet sy eerste bok
Posted: Tue Jul 19, 2016 1:55 pm
by Capt. Yoda
Bitter lekker!!! Kan nie wag vir my laaiti se eerste bok nie
Baie geluk
Re: Ruben skiet sy eerste bok
Posted: Tue Jul 19, 2016 1:58 pm
by tripodmvr
Ek sien Pa laat die kleinman swaardra aan die boude se kant

Re: Ruben skiet sy eerste bok
Posted: Tue Jul 19, 2016 2:27 pm
by ruaanb
Baie geluk aan die jongman! Brandhout vir die oudag!
Re: Ruben skiet sy eerste bok
Posted: Tue Jul 19, 2016 3:03 pm
by CarelG
Lekker Cois,
Se vir Ruben baie geluk...en mooi skoot! Daar is darem maar bitter min dinge wat daai trotse gevoel beat as jou laaitie sy eerste bok skiet.
Groete
Re: Ruben skiet sy eerste bok
Posted: Tue Jul 19, 2016 4:53 pm
by Ben Remington
Baie geluk aan Ruben....julle altwee sal die jag onthou en hy gaan nog baie daaroor praat ....selfs as hy eendag ñ grootman is.
Re: Ruben skiet sy eerste bok
Posted: Tue Jul 19, 2016 6:16 pm
by Kallie404
Baie geluk !! Hoe oud is jou laaitie??
Re: Ruben skiet sy eerste bok
Posted: Wed Jul 20, 2016 5:59 am
by Geno
Geluk Ruben!
Mooi bok en baie mooi skoot!
Re: Ruben skiet sy eerste bok
Posted: Wed Jul 20, 2016 6:21 am
by Reggie Gerber
Geluk aan julle albei.
Groot oomblik vir n seun.
Re: Ruben skiet sy eerste bok
Posted: Wed Jul 20, 2016 7:17 am
by win270
Dis 'n wonderlike ervaring. Baie geluk aan die jong jagter. Sy pa sal nou sy jagbegroting moet aanpas elke jaar!!
Re: Ruben skiet sy eerste bok
Posted: Wed Jul 20, 2016 7:25 am
by FrancoisW
Kallie404 wrote:Baie geluk !! Hoe oud is jou laaitie??
Kallie, hy het Mei maand 5 geword
Re: Ruben skiet sy eerste bok
Posted: Wed Jul 20, 2016 8:03 am
by Kallie404
FrancoisW wrote:Kallie404 wrote:Baie geluk !! Hoe oud is jou laaitie??
Kallie, hy het Mei maand 5 geword
Lekker,dan het myne nog so jaar om te gaan

Re: Ruben skiet sy eerste bok
Posted: Wed Jul 20, 2016 8:28 am
by FrancoisW
Kallie404 wrote:FrancoisW wrote:Kallie404 wrote:Baie geluk !! Hoe oud is jou laaitie??
Kallie, hy het Mei maand 5 geword
Lekker,dan het myne nog so jaar om te gaan


Re: Ruben skiet sy eerste bok
Posted: Wed Jul 20, 2016 8:47 am
by Carl
Geluk Francois dis baie goeie herinneringe. En geluk aan Ruben.
Re: Ruben skiet sy eerste bok
Posted: Sun Jul 24, 2016 8:28 am
by Vlakvark Soldaat
Baie geluk! Kan ook nie wag dat my laaities hul eerste bokke skiet nie, hulle sal ook maar self besluit sodra hulle reg. My oudste een (ook 5 gewees vroeër die jaar) het darem sy eerste voëltjie met die .22 gekap die jaar!
Capt, ons maak sommer n pa en seun jag!
Re: Ruben skiet sy eerste bok
Posted: Mon Jul 25, 2016 8:01 pm
by koos 2
Baie geluk .