Page 1 of 1
7mm Rem Mag
Posted: Mon Jul 18, 2016 8:48 pm
by VX70
Hi julle
Kan iemand my asb help met QL data vir 7mm Rem Mag met S385 vir hornady 162gr interlock asook vir S365.
Re: 7mm Rem Mag
Posted: Mon Jul 18, 2016 10:25 pm
by tripodmvr
Moet ek seg dag skim. Jy was vir 3 jaar so stil soos 'n landmyn.
Die S385 ladings is alreeds nie by optimum dopvul nie, so die S365 ladings gaan nog maerder wees. Skiet 'n 3 skoot groepering met 58gr S385 met 'n chrony op 5m vanaf die tromp van die geweer en dan kan ons vir jou ladings bereken wat hopelik MOA gaan skiet.
Re: 7mm Rem Mag
Posted: Tue Jul 19, 2016 5:32 am
by VX70
Tripodmvr.. ek was eintlik so stil soos n bedlampie. Sien alles maar se niks lol. Ek was eintlik opsoek na die min en max vir die 2 x kruite. Volgens somchem os daar net 160gr punt op S385. Kan ek dit net so gebruik vir die 162gr punt?
Sent from my GT-I9190 using Tapatalk
Re: 7mm Rem Mag
Posted: Tue Jul 19, 2016 5:41 am
by Bierseun
Hallo julle, Tri, ek het gehoor dat mens ook B12.7 kan gebruik op die 7 mm het julle al dit probeer ?
Sent from my iPad using Tapatalk
Re: 7mm Rem Mag
Posted: Tue Jul 19, 2016 5:49 am
by tripodmvr
Met S365 gaan jy baie leƫ doppe he wat nie akkuraatheid aanhelp nie. Dit is ook die' dryfmiddel waar die grootste wisseling in brandtempo plaasvind. Ek sal dit liefs vermy in hierdie groot dop. As jou S385 ladings nie werk nie kan mens daarop terugval.
Begin met die 58gr - jy sal sien dat dit in die middel is van die 160gr lading wat Somchem voorstel. Ek beveel net die beginlading aan omdat gewere verskil en die brandtempo van die dryfmiddel ook nie meer is soos dit wat Somchem publiseer nie. Kyk nou na die spoed wat jy verkry en maak aanpasings as jou geweer 'n langer of korter loop as die toetsloop van 24 duim wat Somchem gebruik het. Hulle maks spoed is 'n goeie riglyn om te gebruik. Met lading en spoed kan jy nou bereken om spoed te kry wat optimum in jou geweer gaan werk.
Re: 7mm Rem Mag
Posted: Tue Jul 19, 2016 5:58 am
by tripodmvr
Quick Load het nie enige inligting oor B12.7 nie en ek kan dus nie maklik ladings daarvoor bereken nie. Ek het Hodgon 50BMG as ekwivalent gebruik en dan dui dit op 'n spoed van 2500vps met 'n vol dop - brandspoed is dus te stadig.
S361 kan ook suksesvol gebruik word - dit is 'n baldryfmiddel en nie almal wil dit aanwend nie.
Re: 7mm Rem Mag
Posted: Tue Jul 19, 2016 6:10 am
by Bierseun
Baie dankie vir die inligting.
Sent from my iPad using Tapatalk
Re: 7mm Rem Mag
Posted: Tue Jul 19, 2016 8:41 am
by VX70
Baie dankie info. Ek gaan jou riglyne gebruik.
Sent from my GT-I9190 using Tapatalk