Page 1 of 1

Nam was goed

Posted: Mon Jul 18, 2016 1:25 pm
by JohanvanZyl
Daar is nou maar eenmaal nie n beter plek as Namibie se suide nie. Dalk is ek bietjie partydig omdat my hart daar tussen die rooi duine begrawe is, maar dit is met verlange na die Suide en Oupa se plaas dat ek die volgende fototjies deel. Die veld lyk mooi nadat hulle laat ma goeie reens gehad het. Die bokke is vet en Koedoes volop. Die Koedoes kom maar onlangs eers op die plaas voor. In die week het ons bykans 20 koeie gekry en so 5 bulle. Of dit nou elke keer dieselfdes is sal ons nou nie met sekerheid kan seg nie. Ek het ook my eerste Springbok ram te voet gejag (het koek ver in daai duine geloop).

Re: Nam was goed

Posted: Mon Jul 18, 2016 1:28 pm
by Marc
Baie geluk, lekker duk nek koedoe daai

Re: Nam was goed

Posted: Mon Jul 18, 2016 1:28 pm
by JohanvanZyl
Swaerie se bul

Re: Nam was goed

Posted: Mon Jul 18, 2016 1:32 pm
by Supacow
Geluk Mnr van Zyl en ook aan Swaerie.
Lyk my n 0-kwes kry tog die goed dood.
Dapper sukses op die Springer

Re: Nam was goed

Posted: Mon Jul 18, 2016 1:36 pm
by PWV
Baie geluk, manne. Sulke horings loop 'n mens nie om elke hoek en draai raak nie!

Re: Nam was goed

Posted: Mon Jul 18, 2016 1:38 pm
by Mellies
Mooi gegooi julle manne!

Met n vleisie...

Re: Nam was goed

Posted: Mon Jul 18, 2016 1:44 pm
by ruaanb
netjies manne!

Re: Nam was goed

Posted: Mon Jul 18, 2016 1:52 pm
by Dolf014
Baie geluk manne. Suksesvolle jag.
Toe ek Saterdag (9Julie) op die grondpad tussen Karasburg en Aroab ry, kry ek 3 verskillende groepe jagters langs die pad.
Het nogal gewonder wie van hulle Jaracal lede is??

Re: Nam was goed

Posted: Mon Jul 18, 2016 2:04 pm
by JohanvanZyl
Dolf ek het presies dieselfde gedink toe ek ook Saterdag 9 Julie daar op Aroab my padlisensie betaal. Daar staan toe manne wat gaan jag in Koës en Mariental en ek wil net hoor of hulle Jaracal manne is. Spyt ek het nie.

Re: Nam was goed

Posted: Mon Jul 18, 2016 2:09 pm
by Springkudu
Baie netjies!!!! Geluk

Re: Nam was goed

Posted: Mon Jul 18, 2016 2:24 pm
by Chevvy SS
lekker gejag!

Ek is op die 29ste Junie deur Aroab, het nogal geskrik toe die padpermit man my aftrek. ;D

Re: Nam was goed

Posted: Mon Jul 18, 2016 4:41 pm
by Ben Remington
Baie mooi....geluk.

Re: Nam was goed

Posted: Mon Jul 18, 2016 6:39 pm
by theedge
Baie geluk, manne

Re: Nam was goed

Posted: Mon Jul 18, 2016 9:17 pm
by Sean3006
Wow!!! Nice Kudu. I hope to venture out Nam way soon one of these days... Baie smart Johan... Geluk!

Re: Nam was goed

Posted: Mon Jul 18, 2016 10:12 pm
by ALM
Vir daai horings is die seer kuite darem die moeite werd die volgende dag! Baie geluk!

Re: Nam was goed

Posted: Sun Jul 24, 2016 8:14 am
by Vlakvark Soldaat
Flippen netjies daai! Eendag as ek groot is, sal ek in Nam gaam skiet...